De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

LEEF DIE ADVENT HOOP Les 11 vir 14 September 2019.

Verwante presentaties


Presentatie over: "LEEF DIE ADVENT HOOP Les 11 vir 14 September 2019."— Transcript van de presentatie:

1 LEEF DIE ADVENT HOOP Les 11 vir 14 September 2019

2 ‘n Vaste hoop ‘n Lewende hoop Opstandingshoop Regverdigingshoop
“As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.” (1 Korinthiërs 15:19). As Christene moet ons oë bo die beperkinge van hierdie lewe gefokus wees. Ons verlang na die Wederkoms van Jesus en die opstanding van die dode. Ons smag ook na God se geregtigheid en 'n beter wêreld. Hierdie hoop motiveer ons om dit waarlik uit te leef en daarvolgens te handel. ‘n Vaste hoop ‘n Lewende hoop Opstandingshoop Regverdigingshoop 'n Beter wêreld wat wag

3 ‘N VASTE HOOP “Hoe lank sal die goddelose, o HERE, hoe lank sal die goddelose jubel?” (Psalm 94:3) Wanneer die volk van God deur onderdrukking en ongeregtigheid omring word, roep hulle tot God: "Hoe lank nog?” Hoe lank voordat hulle van die Egiptenare bevry sou word? Hoe lank voordat hulle van Babilon bevry sou word? Hoe lank voordat hulle van Rome bevry sou word? "Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?" (Openbaring 6:10). God het altyd ingegryp. Daar is egter steeds onderdrukking en onreg. Hoe lank nog? Ons verlang nog steeds na God se geregtigheid en roep vir die oomblik wanneer Hy die bose sal beëindig (Lukas 18:1-8).

4 ‘N LEWENDE HOOP “en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus.” (Titus 2:12-13) Jesus sal armoede en onderdrukking beëindig. Daarom dink sommige mense dat dit nie nou nodig is om daarteen te veg nie. God het ons gevra om regverdig in hierdie wêreld te leef. Ons plig is om vir diegene in nood te sorg en om aan hul behoeftes te voorsien volgens ons vermoëns. As ons vir ewig by Jesus gaan woon, laat ons dan vandag begin leef soos Hy geleef het (Hand. 10:38).

5 ‘N LEWENDE HOOP Hoe moet ons leef, volgens Mattheus 24-25, terwyl ons wag dat Jesus weer kom? Word nie verskrik nie (Mattheus 24:6) Nie struikel, geestelik verval of haat nie (v. 10) Koester warm liefde (v. 12) Volhard tot die einde (v. 13) Verkondig die Evangelie (v. 14) Bid (v. 20) Nie in vals christusse en profete glo nie (v ) Wees waaksaam (v ) Wees altyd gereed (v ; 25:13) Wees getrou en versigtig (v ) Nie ander mishandel, of met die kwaaddoeners meng nie (v ) Ons harte met die Heilige Gees vul (Mattheus 25:1-12) Werk aktief (v ) Voed diegene in nood, wees gasvry teenoor die vreemdeling (v. 35) Klee die naak, besoek die siekes en gevangenes (v. 36)

6 OPSTANDINGSHOOP “Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.” (1 Tessalonisense 4:14) Die opstanding van Jesus is die fondament van ons hoop (1 Korinthiërs 15:12-19). As Jesus nie opgestaan het nie… Ons prediking sou tevergeefs wees Ons geloof sou tevergeefs wees Ons sou vals getuienisse wees Ons sou steeds in sonde geleef het Die dooies in Christus sou nie weer opstaan nie Die opstanding van Jesus is die waarborg van ons opstanding. Die dood sal vir altyd vernietig word. Die kwaad wat onreg, armoede en onderdrukking veroorsaak, sal verslaan word. Laat ons ander help deur die hoop op die opstanding te deel.

7 REGVERDIGINGSHOOP “Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.” (Prediker 8:14) Met geen hoop op geregtigheid, geen hoop op oordeel, geen hoop dat dinge reggemaak word nie, sal dit inderdaad 'n absurde wêreld wees. Daar is 'n hoop: "God sal elke werk in die gerig bring." (Prediker 12:14) Die onreg in hierdie wêreld sal nie in die vergetelheid verval nie. Op 'n dag sal Jesus dinge regstel. "Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade." (Mattheus 16:27) Dit is wonderlike nuus vir diegene wat vandag onreg ervaar.

8 “En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” (Openbaring 21:4) 'N BETER WÊRELD WAT WAG Die wêreld wat God belowe het, is nie soos die een waarin ons leef nie. Daar sal nie meer dood, trane, weemoed, armoede, onreg, lyding of vrees wees nie. God sal ons trane afvee en ons vertroos. Hy sal die wonde wat lyding veroorsaak het, genees (Openbaring 22:2). Ons verwag hierdie beter wêreld deur vriendelike woorde, 'n warm maaltyd, mediese hulp, klere of 'n bietjie wyse raad te deel. Laat ons die onselfsugtige liefde weerspieël wat Jesus getoon het toe Hy op die aarde geleef het. Dieselfde liefde sal Hy wys as Hy elkeen van ons trane afvee.

9 “Hou vas aan die troos, die geloof, die hoop wat God jou gegee het in Sy Woord. Moet nooit moedeloos word nie... Ons moet 'vashou' en die lig wat ons uit die hemel ontvang, uitleef. Waarom?— Omdat God wil hê dat ons die ewige waarheid moet begryp en as Sy helpende hand optree deur die lig aan mense oor te dra wat nie vertroud met Sy liefde vir hulle is nie… Ons moet waaksaam waak oor die koms van die Here... Elke oomblik moet getrou gebruik word.” E.G.W. (Sons and Daughters of God, December 10)


Download ppt "LEEF DIE ADVENT HOOP Les 11 vir 14 September 2019."

Verwante presentaties


Ads door Google