De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

‘N PROFETIESE BOODSKAP

Verwante presentaties


Presentatie over: "‘N PROFETIESE BOODSKAP"— Transcript van de presentatie:

1 ‘N PROFETIESE BOODSKAP
OPENBARING VIR ‘N NUWE TYD ‘N PROFETIESE BOODSKAP VIR VANDAG EN MORE

2 BRON VAN DIE BOODSKAP VAN DIE BOEK
1:1 Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien. 2Johannes is die getuie van wat God gesê en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het. 3Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.

3 DIE GROOTSTE KRISIS 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker! 8 “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. Dis die belangrike punt waaroor Opb in wese, gaan!

4 Enkele belangrike dinge as jy Openbaring lees
Die boek bestaan uit TWEE DELE: Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur (Open 1:19) 2:1 (ens.) Skrywe (nou) aan die leraar van die gemeente in Efese...Smirna... Pergamon... 4:1 Hierna het ek, Johannes, in die hemel ’n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem, soos die geluid van ’n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal vir jou wys wat hierna moet gebeur.”

5 ‘N LEESSTRATEGIE VIR OPENBARING
Die verloop is nie vloeiend nie, maar wisselend: visioene word deur seels, trompette ens. Onderbreek. Die indeling is dus problematies. Wat is kriteria? Voorbeelde: Sewes is kriterium

6 Die Heiland midde in die Kerk Stryd en swaarkry van die Kerk in die
    Die Heiland midde in die Kerk Stryd en swaarkry van die Kerk in die (2:1-3:22) wêreld (4:1-8:1)   God straf die verdrukkers Rol van Satan in die stryd van die Kerk (8:2-11:19) teen die Kerk (12:1-14:20) KERK   Onbekeerdes teen die Rol van die wêreld teen die Kerk (15:1-16:21) Kerk (17:1-19:21)   Oorwinning van die Kerk (20:1-22:21) KERK Hierdie indeling werk nie; iemand se poging

7 Openbaring verloop in sewe siklusse (Goppelt).
1:1-20 INLEIDING A. OPENBARING VIR DIE HEDE (2:1-3:22) 2:1-3: Siklus Sewe gemeentes B. OPENBARING VIR DIE TOEKOMS (4:1-22:5) 4:1-8: Siklus Inleiding vir die beelde wat kom en die sewe seëls 8:2-11: Siklus Sewe trompette 12:1-14: Siklus Draak en die Lam 15:1-16: Siklus Sewe bakke 17:1-19: Siklus Val van Babilon 19:11-22:5 7. Siklus Christus se wederkoms en vervulling 22:6-21 SLOT  Ook Goppelt s'n werk nie regtig uit nie.

8 Respekteer die sewes maar nie as dominante struktuur
1:19 deel Openbaring in twee – sien 4:1 se ‘wat hierna moet gebeur’. - hf 2-3 verwys na ‘nou’ - Hf 4-22 verwys na ‘hierna’. Daar is drie groepe van ‘sewes’ - Sewe seels (6:1-17; 8:1-5) - Sewe trompette (8:6-9:21; 11:15-19) - Sewe bakke (16:1-21)

9 Sewe trompette en bakke
1. Swere 2. Water in bloed 3. Water in bloed 4. Son brand NIE BEKEER 16:9 5. Duisternis 6. Paddas 7. Oordeel 1. Hael 2. Water in bloed 3. Besmette water 4. Duisternis 5 Springkane (steek) 6. Oorlogsperde NIE BEKEER 9:20-1 7. Oordeel

10 Leesstrategie Sewes stem struktureel ooreen – moet dus saam/as eenheid gelees word. Neem ‘eenheid’ uit die struktuur en lees dan die ‘res’ wat oorgebly het. Voeg dan weer saam (dws hff. 2-3; die sewes en die ‘res’).

11 DIE SEWES WORD UITGEHAAL Die storie van Openbaring
Leesstrategie Dit is ‘n ‘storie’ met ‘advertensies’ DIE SEWES WORD UITGEHAAL Die storie van Openbaring Sewes funksioneer as "advertensies" binne die groot storie. Elke keer 'n "advertensie - bekeer julle..."

12 Hoe lyk die storie? Kom ons blaai deur die boek…
Hoofstuk 4… God en wat Hy doen 4:2 Onmiddellik is ek deur die Gees (in die hemel in) meegevoer. Ek het gesien daar staan ’n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. 3Sy voorkoms was soos opaal en karneool. Om die troon was daar ’n reënboog met die glans van smarag. 4 Reg rondom die troon was daar vier en twintig ander trone, en op die trone het daar vier en twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, en op hulle koppe was daar goue krone. 5Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe fakkels helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God.

13 Hf 4: God Eienskappe van God:
- Hy heers as oorwinnaar ook oor lewe en dood. - Hy is getrou en hou sy beloftes. - Hy weet alles van die kerk, die duiwel en die skepping. - Hy is skepper aan wie alles behoort.

14 Hoofstuk 5… Jesus en wat Hy doen
3Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie... 5Toe sê een van die ouderlinge vir my: “...Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.” 6Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ’n Lam sien staan, die Een wat geslag was.

15 Hf. 5 – Jesus, die Lam Jesus die Leeu van Juda en die Lam van God.
Jesus die Lam wat geslag is en triomfeer. Jesus die een met die mag. Jesus kom al die lof toe.

16 Hoofstuk 7, 10, 11… God se mense en wie hulle is
Open 7:9 Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. 10Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” 11:1 Toe is daar vir my ’n meetstok gegee wat soos ’n septer lyk, en daar is vir my gesê: “Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die mense wat God daar aanbid Skip nou die adverensiebreuk... (hfst 6).

17 Hff. 7, 10:1-11:14 – Die mense van God.
Die beskermde/gemerkte weermag van God Die lofsingende gemeenskap van God Die vertroosde en versorgde gereddes. Die boodskapdraers Die mense met ‘n toekoms.

18 Hf. 12 – Die weermag van God God Jesus God se mense

19 Hoofstuk 12… Die DUIWEL (draak) en wat hy doen
12:3 Daar het ook ’n ander teken in die hemel verskyn: daar was ’n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone. 4 Sy stert het ’n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. 12:7 Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, 8maar hulle is verslaan. Taak van duiwel om Jesus te vernietig. Fokus skuif nou weg van God, na die vyand van God. God is sy meerdere, mar hy probeer alles denkbaar om 'n impak te maak. Lyk soos 'n bokser wat voos geslaan is.

20 Hf. 12 – Die duiwel Wil die Kind vernietig en daarna die vrou/kerk.
Word oorwin Sy pogings misluk Dit maak hom woedend

21 Hoofstuk 13… Die diere uit die aarde en see (die duiwel se helpers)
13:1 En toe het ek ’n dier uit die see uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name. 13:11 Toe het ek ’n ander dier gesien wat uit die aarde uit kom. Hy het twee horings gehad soos ’n lam s’n, maar hy het soos ’n draak gepraat. Na-aap van die verhouding tussen God, Seun en HG.

22 Hf. 13 Die helpers van Satan – die twee diere
Die dier uit die see - Magtige heerser wat God laster. - Heers met wonderwerke - (Aap Jesus na) Die dier uit die aarde - Sagte maar misleidende heerser - Forseer ander om die eerste dier te aanbid ens. - (Aap Heilige Gees na)

23 Die tussenspel – Hoofstuk 14-15
14:1 Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd vier en veertig duisend mense met sy Naam en sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe. 14:6 Toe het ek ’n engel hoog in die lug sien vlieg. Hy het ’n goeie boodskap gehad wat vir ewig van krag bly. Hy moes dit aan die bewoners van die aarde, aan elke nasie, stam, taal en volk verkondig, 7en hy het met ’n harde stem uitgeroep: “Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het.” Na die "duiwel" toneel, staan Hfstk 14 as oorwinning. Nie een het verlore gegaan nie!

24 Hf Tussenspel Hf 14 Die gereddes en die oordeel kom, beide vir die gelowiges en die ongelowiges. Die plae kom. Dit herinner ons daaraan dat die twee weermagte nie maar net gelyk is nie. Die een dra reeds die merke van die oordeel.

25 Hoofstuk 17-18… Die duiwel se mense en wat hulle doen
17:3 Daar het ek ’n vrou gesien wat op ’n helderrooi dier sit. Die dier was oortrek met godslasterlike name en het sewe koppe en tien horings gehad. 4 Die vrou was uitgedos in pers en helderrooi klere en opgetooi met goud, edelstene en pêrels. In haar hand het sy ’n goue beker vol losbandigheid gehad, die onreinheid van haar onsedelikheid. 5 Op haar voorkop was haar naam geskrywe en dit het ’n verborge betekenis. Die naam was: “Groot Babilon, die moeder van die sedeloses en van die losbandigheid op die aarde.” 6 En ek het gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die gelowiges, van die bloed van die mense wat vir Jesus getuig het. Verwys na diere in Hfst 13

26 Hf 17-18 Die slegte vrou; Satan se mense
Die slegte vrou – dronk van die bloed van martelare; verstrik in rykdom en mag. Die slegte vrou heul met Satan en sy trawante. Die slegte vrou word deur haar eie kwaad en vriende vernietig.

27 Dus: GOD DUIWEL JESUS DIERE GOD SE MENSE DUIWEL SE MENSE WAT NOU

28 Dit is onafwendbaar: ‘n Oorlog…
Hoofstuk 19… Oorlog is aan die kom 11Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. 12Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was ’n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. 13Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: “Die Woord van God.” 14Die leërs in die hemel het op wit perde agter Hom aan gery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad. Wit perde is oorwinning.

29 Hoofstuk 20… Oordeel oor die vyande
11Toe het ek ’n groot wit troon gesien en die Een wat daarop sit Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook ’n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het... oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het. 14Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel. 15As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi. Oorlog vind eintlik nie eers plaas nie, want voor die duiwel nog kon, is hy klaar oorwin.

30 Hoofstuk 21-22… Die troue vind plaas…
2En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is. 3Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” 5Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En almal bly gelukkig saam vir altyd

31 ‘n Oorlogverhaal ontvou
God se weermag Nuwe Jerusalem Huweliksfees Oorlog lei tot oordeel Fees van aasvoels Vuurpoel Satan se weermag

32 Verloop van die boek Openbaring
$4 Troonsaal van God $5 Jesus, Leeu en Lam $1 Visioen van Jesus $6 6 seëls $2-3 7 Gemeentes $7 144,000 Groot skare $10-11:14 7 donderslae op aarde: Boekie en getuies $8-9 7e seël 6 trompette $11: e trompet

33 $12 Vrou en Draak $17 Sedelose vrou $18 Babilon Konings Seemanne $13 Diere uit aarde en see $16 7 Bakke $ ,000 by Sion (14:1-5) Oordeel (14:6-20) 7 Engele en 7 plae

34 $22:6-21 Wag op die wederkoms
$19:1-10 Vreugde oor oorwinning en bruilof $19:11-21 Ruiter en finale konflik $20:1-6 Satan 1000 jaar gebind $20:7-10 Satan finaal oorwin $20:11-15 Finale oordeel $21:1-22:5 Nuwe hemel en aarde – nuwe Jerusalem Nou wag ons op die koms.... $22:6-21 Wag op die wederkoms

35 Daar is sewe seëls, sewe trompette en sewe bakke…
6:1 Ek het gesien toe die Lam die eerste van die sewe seëls oopmaak (6:1-17; 8:1-5) 8:6 Die sewe engele met die sewe trompette het hulle toe gereed gemaak om daarop te blaas (8:6-9:21; 11:15-19) As daar nie 'n duiwel is nie, is dit soos krieket sonder 'n krieketbal. Dan kan jy ook nie Openbaring lees nie. 16:1 Toe het ek uit die tempel ’n harde stem vir die sewe engele hoor sê: “Gaan gooi die sewe bakke, gevul met die toorn van God, op die aarde uit!” (16:1-21)

36 SEWE TROMPETTE EN BAKKE: VERGELYKING
1. Swere 2. Water in bloed 3. Water in bloed 4. Son brand NIE BEKEER 16:9 5. Duisternis 6. Paddas 7. Oordeel 1. Hael 2. Water in bloed 3. Besmette water 4. Duisternis 5 Springkane (steek) 6. Oorlogsperde NIE BEKEER 9:20-1 7. Oordeel

37 Hoe pas alles bymekaar? Die sewes is ‘God se herinnering’ aan mense dat Hy, as groot Koning, vir hulle kans tot bekering gee. Hierdie genadeboodskap onderbreek die oorlogsverhaal wat op die nuwe Jerusalem uitloop. Hff. 2-3 gaan oor die konkrete situasie; hff gaan oor die hemelse interpretasie daarvan. In hf 4ff lees ‘n mens dus die verklaring vir dit wat konkreet in hff 2-3 verkeerd loop.


Download ppt "‘N PROFETIESE BOODSKAP"

Verwante presentaties


Ads door Google