De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

“EK MAAK ALLES NUUT” Les 13 vir 30 Maart 2019.

Verwante presentaties


Presentatie over: "“EK MAAK ALLES NUUT” Les 13 vir 30 Maart 2019."— Transcript van de presentatie:

1 “EK MAAK ALLES NUUT” Les 13 vir 30 Maart 2019

2 ‘n Vreugdevolle aankondiging weerklink, dit is tyd om na die Aarde te gaan om die gaste vir die bruilof van die Lam te gaan haal. Alles gebeur vinnig: Jesus kom terug; Satan is gebind, hy loots ‘n aaval vir die laaste keer; boosheid word vir ewig vernietig; die aarde word herskep; die nuwe Jerusalem kom af uit die hemel. Die uitnodiging na die maaltyd. Openbaring 19:1-10 Die wederkoms Openbaring 19:11-21 Die Millennium Openbaring 20 Die nuwe skepping. Openbaring 21:1-8 Die Nuwe Jerusalem. Openbaring 21:9-22:5

3 DIE UITNODIGING NA DIE MAALTYD
“Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam!” (Openbaring 19:9) Daar is 'n onbeantwoorde vraag in Openbaring 6:10: "Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?" Openbaring 19:2 gee die antwoord, God het “geoordeel [...] en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.” Sodra die oordeel eindig, vind die huwelik tussen die Lam en die bruid plaas, geklee in "rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges" (v. 8). In die Bybel word 'n stad dikwels gebruik as 'n voorstelling van sy inwoners (Lukas 13:34). Die heiliges is beklee met Jesus se geregtigheid. Hulle is die gaste by die bruilofsmaal. Hulle versier die Nuwe Jerusalem—die bruid van die Lam—met hul teenwoordigheid (Op. 21:9-10).

4 DIE WEDERKOMS “En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.” (Openbaring 19:19) Jesus kom terug om diegene te kom haal wat die uitnodiging vir die bruilof in die Hemel aanvaar het. Johannes het 'n tipiese voorstelling van die wederkoms gesien: 'n wit perd; Jesus met bloedbevlekte klere, gevolg deur engele wat op perde ry. Hy word geïdentifiseer deur twee name: “DIE WOORD VAN GOD” en “KONING VAN KONINGS EN HERE VAN DIE HERE” (v. 13 en 16). Jesus het Satan in die Hemel, in die woestyn en by die kruis verslaan. Dan sal Hy hom en sy volgelinge weer verslaan. Die simboliese ete vir die voëls verteenwoordig die oomblik wanneer Jesus “[die wettelose] sal vernietig met die glans van sy koms." (2 Thessalonicense 2:8)

5 Wat sal gedurende die millennium gebeur?
Die aarde sal verwoes word (Jeremia 4:23-27; Jesaja 6:11; Jesaja 24:3) “En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank.” (Openbaring 20:2) Satan en sy engele sal gebind wees (hulle sal niemand kan mislei nie; v. 3) Die regverdiges sal met Christus in die Hemel regeer (v. 4b) Wat sal gedurende die millennium gebeur? Die verlostes sal beide engele en mense oordeel (v. 4a; v. 7:22; 1 Kor 6:3) Die tweede opstanding (al die goddelose; v. 5-6, 12) Satan sal vrygelaat word, hy sal weer kan mislei (v. 7) Die Nuwe Jerusalem sal van die hemel af kom (Op. 21:2) Satan sal die opgewekes versamel om Jerusalem aan te val (v. 8-9) Die goddelose sal geoordeel word (v ) Elke knie sal voor Christus buig (Filippense 2:10-11) Satan en die goddelose sal deur vuur vernietig word (v. 9-10, 14-15)

6 DIE NUWE SKEPPING DAAR SAL NIE WEES NIE WAT DAAR SAL WEES
“En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.” (Openbaring 21:1) Aan Johannes is die Nuwe Aarde gewys. Hy het gesien wat daar sal en nie sal wees nie: See ('n simbool van die dood en skeiding) Dood, hartseer, trane, pyn Lafaards, ongelowiges, gruwelikes, moordenaars, hoereerders, towenaars, afgodedienaars, leuenaars Die Nuwe Jerusalem Afdroog van ons trane Water van die lewe Die teenwoordigheid van God DAAR SAL NIE WEES NIE WAT DAAR SAL WEES “En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit — as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking.” (Jesaja 60:21) Al die vrae oor God se geregtigheid sal beantwoord word, en die pyn van geskei wees van ons geliefdes sal eindig. Geluk sal vir ewig heers.

7 E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 9, cp. 37, p. 286)
“Pyn kan nie in die atmosfeer van die hemel bestaan nie. In die huis van die verlostes sal daar geen trane wees nie, geen begrafnis stoete, geen teken van rou. ‘En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.’” Jesaja 33:24. Een gety van geluk sal vloei en verdiep soos die ewigheid aangaan.” E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 9, cp. 37, p. 286)

8 DIE NUWE JERUSALEM “En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.” (Openbaring 21:23) Alhoewel die beskrywing van die Nuwe Jerusalem in Openbaring simbolies is, sal dit 'n werklike stad wees. Dit is die tuiste wat Jesus vir ons voorberei het (Joh. 14:1-3), en die plek waar ons gedurende die millennium sal lewe. Dit sal ook die hoofstad van die Nuwe Aarde wees. Dit is kubusvormig, soos die Allerheiligste in die Tempel. Dit verteenwoordig die woonplek van God self (Op. 22:3-4). Ons sal elke maand bymekaarkom om van die boom van die lewe te eet. Ons sal ook elke Sabbat die Vader, die Seun en die Heilige Gees aanbid (Jesaja 66:23).

9 “Die plan van verlossing lei tot die volle terugbring van die wêreld in God se guns. Alles wat deur sonde verlore geraak het, is herstel. Nie net die mens nie, maar die aarde is verlos, om die ewige woning van die gehoorsame te wees. Vir sesduisend jaar het Satan gesukkel om die aarde in besit te hou. Nou is God se oorspronklike doel in sy skepping volbring. Die heiliges van die Allerhoogste sal die koninkryk inneem en die koninkryk in besit neem, tot in alle ewigheid. Daniël 7:18.” E.G.W. (Patriarchs and Prophets, cp. 29, p. 342)


Download ppt "“EK MAAK ALLES NUUT” Les 13 vir 30 Maart 2019."

Verwante presentaties


Ads door Google