De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Welkom by die Kategese 13 Mei 2018.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Welkom by die Kategese 13 Mei 2018."— Transcript van de presentatie:

1 Welkom by die Kategese 13 Mei 2018

2 Welkom by die Kategese 13 Mei 2018 Kom ons bid saam

3 Baie geluk! Wens kinders geluk wat verjaar het en die volgende week gaan verjaar. Kinders kan ook gelukgewens word met prestasies, positiewe gedrag, teenwoordigheid ens.

4 Pinkster 11 Mei – 20 Mei Die Kerkjaarwiel:
Reg bo is Kersfees. Voor Kersfees is die wagtyd voor Kersfees (Adventstyd). In die “groen tyd” na Kersfees dink ons daaraan hoe Jesus op die aarde verskyn het. Ons noem dit Epifanie. Hierna was dit Lydenstyd en daarna Opstandingstyd Nou is ons wyser in die rooi Pinkstertyd.

5 Pinkstertyd Opstandingstyd Hemelvaart 10 Mei Pinkstersondag 20 Mei
Herhaling: Opstandingstyd is ook 40 dae. In Lydenstyd is die Sondae nie bygetel nie. Nou word dit egter bygetel. Na Opstandingstyd volg die 10 Pinksterdae. Opstandingstyd eindig met Hemelvaartsdag wanneer ons terugdink aan die dag toe Jesus na die Hemel opgevaar het. Donderdag (10 Mei was) was hemelvaartsdag. Vandag (20 Mei) is Pinkstersondag Pinkstersondag 20 Mei Pinkstertyd

6 Vrydag, 18 Mei, 18:30 NG Kerksaal Deneysville
Almal welkom! Sop en toebrooodjies na die tyd Spesiale jeugbyeenkoms 18 mei.

7 Simbool van my dank

8 Sing saam of luister saam

9 Sing saam of luister saam

10 Verdaag na kleingroepe (klasse)
Ons gaan nou verder oor gebed gesels in ons klasse. Geniet die dag verder.

11 Wanneer is ʼn gesprek met ʼn ander persoon vir jou lekker, gemaklik, opwindend en veilig?
INLEIDING 1. Wanneer is ʼn gesprek met ʼn ander persoon vir jou lekker, gemaklik, opwindend en veilig? Riglyn: Hierdie vraag help om die gesprek aan die gang te sit oor watter elemente nodig is vir ʼn goeie, sinvolle gesprek. Jongmense mag hierop reageer met antwoorde soos: “As ons iets met iemand in gemeen het”; “Wanneer die persoon jou nie in die rede val nie”; “Dat jy gehoor word of kan luister”; “Wanneer die persoon werklik in jou belangstel”; “Wanneer jy saam met so ʼn persoon kan lag”. Gebruik hierdie antwoorde om later ’n brug te bou na ons gesprekke/gebede na God.

12 Wat dink jy van die boodskappe (SMS’e, WhatsApp, e-posse, ensovoorts) wat ʼn mens ontvang wat vir jou vra dat jy vir iemand moet bid en die boodskap moet aanstuur, anders sal die gebed nie verhoor word nie? 2. Wat dink jy van die boodskappe (SMS’e, WhatsApp, e-posse, ensovoorts) wat ʼn mens ontvang wat vir jou vra dat jy vir iemand moet bid en die boodskap moet aanstuur, anders sal die gebed nie verhoor word nie? Riglyn: Probeer om die motief agter die aanstuur van die boodskap en die bid vir die persoon te verduidelik. Dit is aangenaam om iemand deur gebed te ondersteun as jy die persoon ken. Stuur mense nie partykeer hierdie boodskappe aan omdat hulle glo “hoe meer mense vir die persoon bid, hoe beter is die kans dat met die persoon sal gebeur waarvoor gebid word” nie? Is dit hoe ons oor hierdie gesprek met God moet dink? Die ontmoeting sal verder lig hierop werp.

13 Kan ʼn mens God se arm draai deur meer mense te vra om vir ʼn saak te bid?
Riglyn: Nee, God kan nie gemanipuleer word nie.

14 ’n Moeilike gesprek tussen twee mense
Neem twee vrywilligers in die groep om ’n gesprek met mekaar te voer. Elkeen gaan ’n bepaalde rol vertolk. In die eerste gesprek wil die een vrywilliger die ander graag iets baie belangriks vertel. Die ander vrywilliger moet dit vir hom of haar so moeilik as moontlik maak om dit te vertel. Hy of sy kan byvoorbeeld slaap, nie luister nie, die ander persoon heeltyd in die rede val, ensovoorts. Laat die vrywilligers kreatief wees.

15 Wat is fout met die gesprek?
Na die gesprek vir ‘n rukkie verloop het, stop die gesprek eers en laat die hele groep saam gesels: 1. Wat is fout met die gesprek?

16 Matteus 6:6-15 Ons het vroeër Matteus 6:6-15 gelees. Kan julle nog onthou waaroor dit gaan? Julle kan julle Bybels daar oopmaak, want ons gaan weer bietjie oor die gedeelte gesels.

17 Gebed Wat hoor ons in vers 5 tot 8 oor gebed? Gesels saam:
Riglyn: Ons kan nie God manipuleer met groot of baie woorde nie. Gebed is ook nie ʼn geleentheid om ander mense te beïndruk met ons welsprekendheid nie. Gebed is ʼn intieme gesprek met God, selfs al bid ons in die openbaar saam met ander gelowiges. Jesus het reeds in die Evangelies gesê dat wanneer jy bid, jy jouself moet afsonder en dat God weet wat ons nodig het nog voordat ons bid.

18 Gebed Daar is 3 “U-bede” in die gebed. (1) Laat u Naam geheilig word. (2) Laat u koninkryk kom. (3) Laat u wil op die aarde geskied, net soos in die hemel. Wat beteken hierdie bedes? 2. Daar is 3 “U-bede” in die gebed. (1) Laat u Naam geheilig word. (2) Laat u koninkryk kom. (3) Laat u wil op die aarde geskied, net soos in die hemel. Wat beteken hierdie bedes? Riglyn:” Laat u Naam geheilig word.” Dit beteken om God te leer ken vir wie Hy werklik is. “Laat u koninkryk kom.” Dit beteken om deur God se oë te sien hoe die wêreld kan lyk. “Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.” Dit beteken om God se wil te leer ken en ons wil in lyn met God se wil te bring.

19 Gebed Daar is ook 3 “ons-bede” in die gebed. (1) Gee ons vandag ons daaglikse brood. (2) Vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree. (3) Laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Wat beteken die frases? 3. Daar is ook 3 “ons-bede” in die gebed. (1) Gee ons vandag ons daaglikse brood. (2) Vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree. (3) Laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. Wat beteken die frases? Riglyn: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Dit beteken om God te mag vra vir voorsiening in ons basiese fisieke, geestelike en emosionele behoeftes. “Vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” Dit beteken om God te mag vra om nuut te begin en dan self verhoudings te gaan heelmaak. “Laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.” Dit beteken om God wat ons swakhede ken te mag vra om ons bewus te maak van ons eie swakhede en te bewaar van versoekings.

20 Gebed Wat wil Jesus vir jou oor gebed leer deur die Ons Vader-gebed?
Riglyn: Begelei die jongmense om oor die gebed na te dink. Die gebed begin met die woord “ons”. Dus maak die gebed die individu bewus van die groter geloofgemeenskap wat saam aanbid. Dit kan moontlik jongmense opval dat God hier as “Vader” aangespreek word. Die woord “Vader” is in die oorspronklike taal ʼn baie intieme aanspreekvorm waarin ʼn kind sy of haar pa sal aanspreek, soos “pappa” of “dad”. Die gebed in sy geheel wil ons help om dit as ’n gebedsriglyn te gebruik, deur byvoorbeeld ’n enkele sin van die Ons Vader-gebed te bid, en dan ’n tydjie stil na te dink en te mediteer wat die frases vandag beteken binne my wêreld. Geen twee dae lyk ons lewe presies dieselfde nie, maar die gebed help elke bidder om daagliks in verhouding met God te lewe.

21 Gebed Hoe verskil gebed van ’n gesprek met ’n vriend of ouer, en watter ooreenkomste is daar? Gesels saam: Hoe verskil gebed van ’n gesprek met ’n vriend of ouer, en watter ooreenkomste is daar? Riglyn: Verskille: Ons kan nie vir God direk sien nie. (ons sien Hom in mekaar, die skepping, die Bybel, ensovoorts). God is meer as net ’n vriend of ’n ouer. Hy is die Skepper en die Onderhouer van die heelal. Ons moet Hom prys ook. Ooreenkomste: God wil ook deel in alle aspekte van ons lewe. Ons kan Hom enigiets vertel. Hy is ook onvoorwaardelik lief vir ons (dit is ’n verskil, aangesien sy liefde soveel groter as ouers en vriende s’n is).

22 Gebed Watter rol speel gebed in jou verhouding met God? Gesels saam:
Riglyn: Hier is nie regte en verkeerde antwoorde nie. Moedig jongmense aan om meer te vertel oor hulle gebedservarings. Sluit by hulle gedagtes aan deur die volgende met hulle te deel: Gebed is ʼn gesprek met God. Hierdie gesprekke help my ook om in my verhouding met God te groei. Die doel van gebed is eerder om my te verander as om te probeer om God te verander. Gebed is ʼn gesprek wat ons gestruktureerd – in die oggend en aand, en selfs ook voor etes – kan doen, of ongestruktureerd – op pad skool toe of werk toe, op die sportveld of tydens ʼn gesprek saggies in ons kop.

23 Gebed Hoe hoor ek die stem van God?
2. Hoe hoor ek die stem van God? Riglyn: Dit is ʼn moeilike vraag. Hoe weet jy dat jy ʼn ou of ’n meisie het? Julle is in ʼn verhouding, dus praat julle met mekaar, luister na mekaar en kommunikeer met mekaar. Dieselfde geld vir jou verhouding met God. Om God se stem te hoor, het ons ook stilte in ons eie lewe nodig. Dus moet ons onsself kan afsonder van die ander geraas om ons. God skreeu nie altyd bo die geraas uit nie. As jy God se stem wil hoor, sal jy Hom veral in die Bybel hoor. Wanneer ʼn mens egter bid, speel stiltes ʼn belangrike rol om God se stem te hoor. Jy kan dit ook hoor deur gedagtes, woorde en teksverse wat by jou opkom en jou begelei tot nuwe insigte. In tye van afsondering in die teenwoordigheid van God kan jy dit ook hoor. Wanneer ‘n mens die Ons Vader-gebed gebruik as gebedsriglyn soos hierbo beskryf, dan hoor mens God se stem wanneer jy mediteer oor ’n spesifieke frase van die Ons Vader. Die gedagtes, indrukke en praktiese voorbeelde in jou lewe wat by jou opkom, is dan juis dit wat die Gees na vore bring in jou lewe.

24 Ons sluit af Laat die jongmense hierdie week ʼn joernaal hou van hulle belewenis van God. Hulle moet dink hoe God op hulle gebede reageer en hulle Godservarings tydens gebed. Laat die jongmense volgende keer hulle ervarings kom deel. Nooi die jongmense uit dat die joernaal iets kan word waarmee hulle vir die res van hulle lewe kan volhou. Sluit af met gebed en dank God vir die voorreg wat ons het om te kan bid. Bid ernstig dat die Here met elkeen van die jongmense sal gaan in die week wat voorlê.


Download ppt "Welkom by die Kategese 13 Mei 2018."

Verwante presentaties


Ads door Google