Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
GepubliceerdRosa Geerts Laatst gewijzigd meer dan 6 jaar geleden
1
Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond
Die prominente rol wat die wolk speel in Jesus se hemelvaart spreek vanself. Titel 1: Strange cloud, eiendom van ladytimeless, foto geneem op 9 Mei 2012 met ‘n Fujifilm FinePix S2950. Dit is beskikbaar by Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe, geredigeer met Picasa 3.
2
Handelinge 1:1-11 PowerPoint agtergrond
Titel 2: HDR cloud, eiendom van josh hunter en geneem op 5 Maart 2007. Dit is beskikbaar by Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat slegs plasing toe.
3
God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede Flam 426 God Kom Word Mens (Emmanuel) Lied 425 Kyk die Heer het opgestaan Aanvangswoord Soos ‘n blom na die son draai; Soos riviere na die see loop; Soos ‘n boom na die hemel opreik; Soos skape agter hulle herder aanloop – So rig ons ons hart op die Here. Rig julle hart op die opgestane Here! - Anoniem Seëngroet Liturg: Genade en vrede van een Skepper-God Gemeente: van alle sienlike en onsienlike dinge. L: Genade en vrede van een Here, Jesus Christus, Lig uit Lig, G: wat sit aan die regterhand van die Vader. L: Genade en vrede van die Heilige Gees, G: Wat ons Here en Lewendmaker is. Amen. (Aanvangswoord en seëngroet uit Wepener, C Soos ‘n blom na die son draai. Wellington: Bybelmedia.) Lofsang Lied 427 Alle volke, loof die Koning! Flam 9 Ons Redding Kom Van Ons God VONKK 96 Wees Bly En Loof Die Heer In die “Handleiding vir die Erediens” volg hier ’n Koninkrykslitanie: Liturg: In alle plekke van konflik... Gemeente: Laat u koninkryk kom. L: In die hart van elke geweldenaar... G: Laat u koninkryk kom. L: In die hart van elke soldaat... L: In die hart van elke politikus... L: In die hart van elke slagoffer van oorlog... L: In die hart van elkeen wat honger ly... L: In die hart van elke daklose... L: In die hart van elkeen wat wanhoop... L: In die hart van elkeen wat siek is... L: In die hart van elkeen wat gemolesteer is... L: In die hart van elkeen wat verslaaf is... L: In die hart van elkeen met skuld wat nie betaal kan word nie... L: In die hart van elkeen wat eensaam is... L: In die hart van elkeen wat vrees ervaar... L: In die hart van elkeen wat terneergedruk is... L: In die hart van die wêreld... G: Laat u koninkryk kom. Amen. Gemeentesang Lied 178 Dona nobis pacem Flam 96 Op U Wil, Here Jesus VONKK 36 Bly Met U Genade By Ons
4
God praat met ons en ons luister
Epiklese Ons juig in U, onse Here. Dis U wat hemelvreugde bied. Ons sing u Naam ter ere. U het waarlik opgevaar. Daarom weet ons: u Woord bly ewig waar. U is ons Hoof en Here. U maak nou vir ons plek gereed by God, ons Heer en Vader, en deur U offer kan ons weet, dat ons ook nou tot God mag nader! Help ons, Here, lei ons na die Vader. Amen (N.a.v. Lied 426) Skriflesing Handelinge 1:1-11 Lied 313 Amen Psalm 47 of 93 Efesiërs 1:15-23 Lukas 24:44-53
5
Familie-oomblik Familie-oomblik
'n Pittige vertelling van die Hemelvaart verhaal na aanleiding van die teks uit Handelinge 1 is uiters geskik om kinders se nuuskierigheid bevredig na wat het regtig gebeur na Jesus se opstanding uit die dood. Hier is die teks uit Joubert, S Die Nuwe Testament vir kinders in 'n taal wat hulle verstaan. Carpe Diem: Vanderbijlpark Jesus Gesels met sy Vriende oor die Heilige Gees –3 Liewe Teofilus, jy het seker al daardie boek gelees wat ek geskryf het oor Jesus. Die boek se naam is mos Lukas. Dit is in die Bybel. In daardie boek vertel ek van wat Jesus alles gedoen en gesê het. Jy sal onthou dat Jesus vir Hom ’n paar goeie vriende gekies het wat orals saam met Hom rondgestap het. Maar die mense het mos vir Jesus met spykers aan ’n kruis vasgemaak. Jesus is toe dood. Drie dae later het Hy lewendig uit die dood opgestaan. Hy het toe weer by sy vriende gaan kuier. Hy wou vir hulle wys dat Hy regtig weer lewendig is. Jesus het lekker met hulle gesels en hulle vertel van God se nuwe wêreld. 4–5 Eenkeer het Jesus weer by sy vriende gaan eet. Jesus sê toe vir hulle: “Moenie uit die stad Jerusalem weggaan nie. Wag net hier. God gaan een van die dae vir julle die Heilige Gees stuur. Hy het mos beloof dat Hy dit gaan doen. Ek het julle daarvan vertel. Wanneer Ek nie meer by julle is nie, gaan die Heilige Gees julle help.” 6–8 Op ’n ander keer het Jesus weer by sy vriende gekuier. Hulle sê toe vir Hom: “Jesus, die Jode het altyd hulle eie koning gehad. Maar dis nou nie meer so nie. Die Romeine is nou hulle baas. U gaan darem seker die Jode help dat hulle weer hul eie koning kan hê!” Jesus antwoord hulle: “God sal self besluit wat Hy gaan doen. Julle hoef nie te weet wat Hy gaan doen nie. Maar daar is een ding wat julle moet weet: dit is dat God vir julle die Heilige Gees gaan stuur. Die Heilige Gees sal julle baie sterk maak. Julle sal dan oral in die wêreld die mense gaan vertel van wat Ek gedoen het.” Jesus gaan Terug Hemel toe 9–11 Terwyl Jesus nog so met sy vriende gesels, kom daar skielik ’n wolk. Jesus ry toe op die wolk hemel toe. Sy vriende wat daar was, kon Hom nie meer sien nie. Hulle bly toe net opkyk na die hemel. Skielik staan daar twee mans by hulle. Die mans het wit klere aangehad. Die mans sê toe vir Jesus se vriende: “Waarom staan julle so en kyk na die hemel? Ons weet Jesus het nou net hemel toe gegaan. Maar julle moet nie bekommerd wees nie. Hy gaan weer aarde toe kom om julle te kom haal. Julle sal dan vir altyd by God in die hemel wees.” By is ‘n legkaart van die hemelvaart. Jesus se hemelvaart help ons om te onthou dat Jesus Koning is, dat hy regeer. Verduidelik wat ’n koning is en laat die kinders krone maak. Voorbeelde van krone by
6
Handelinge 1:1-11 Fokusteks: Handelinge 1:1-11
Die belofte van die Heilige Gees 1 My eerste boek, Teofilus, het ek geskrywe oor alles wat Jesus gedoen en geleer het, van die begin af 2tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het. 3Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat. 4Terwyl Hy ’n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: "Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. 5Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word." 6Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: "Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?" 7Hy het hulle geantwoord: "Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld." Jesus se hemelvaart 9Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ’n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. 10Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11Dié sê toe vir hulle: "Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het."
7
Jesus se hemelvaart Preekriglyn
Saam met die dissipels van ouds kyk ons vandag stip na die hemel. Ons sien met geloofsoë die wolk, die teken van God se teenwoordigheid by sy volk op aarde, wat Jesus wegneem na die regterhand van God. Ons hoor die belofte van die twee mans met wit klere, wat sê: "Hierdie Jesus sal net so terugkom." In ons ore klink die boodskap van die Nuwe Testament: hierdie Jesus is steeds teenwoordig. Hy is teenwoordig vanaf die regterhand van die Vader vanwaar Hy oor alles regeer. Totdat Hy weer kom om God se koninkryk ten volle op God se nuwe aarde onder God se nuwe hemel te vestig. Op hierdie dag is ons harte bly. Ons begryp dat die verlede tyd van ons geloofsbelydenis vandag oorgaan na die teenwoordige tyd. Baie van die dinge wat ons oor Jesus glo en bely het met die verlede tyd te doen. Dit is feite, geskiedenis: Hy is gebore, het gely, is gekruisig, is begrawe, het opgestaan, het opgevaar. Maar nou, vandag, sit Hy aan die regterhand van God die Vader. En regeer Hy oor alles. Teenwoordige tyd! Die grootste werklikheid, die finale feit, die diepste grond waarmee alle realiste rekening moet hou, is dit: Jesus het opgevaar na die hemel, en sit aan die regterhand van God. Vir Gereformeerde gelowiges beliggaam hemelvaart die hart van ons Christusverstaan: Ons leef vanuit hemelvaart, Ons kry die durf en moed om deur die krag van die Gees te getuig vanuit Christus se allesomvattende koningskap, Ons beoordeel ons eie lewe, en ons gemeente se lewe, vanuit Christus se leierskap as Hoof van die kerk en die kosmos, Ons soek na Christus se wil, en protesteer as Christus se kerk sy identiteit gaan soek in enigiets anders as in Christus se leierskap.
8
1. Jesus is nie meer sigbaar teenwoordig nie
Die betekenis van Hemelvaart Aangesien ons Gereformeerde identiteit so nou met Hemelvaart gekoppel is, is dit goed om diep oor die betekenis daarvan na te dink. Dr. Coenie Burger het onlangs 'n belangrike boek hieroor geskryf, wat spesifiek verstaanbaar vir alle lidmate van die kerk saamgestel is (Waar is Jesus nou? Hoe Jesus ná sy Hemelvaart onder ons teenwoordig is en werk). In hierdie boek gee hy sewe belangrike perspektiewe oor hierdie teks se blik op Hemelvaart. Ons kyk vervolgens daarna. Een: Jesus nie meer sigbaar teenwoordig nie Hemelvaart beteken die einde van Jesus van Nasaret se sigbare teenwoordigheid op aarde. Hoewel ons Jesus se hemelvaart nie as ongekwalifiseerde weggaan moet sien nie, moet ons ook nie probeer ontken dat Jesus se hemelvaart Hom op ’n bepaalde manier afwesig gemaak het by sy dissipels nie. Sy afwesigheid moet veral verstaan word as dat Hy nie meer onmiddellik fisiek-sigbaar by die dissipels teenwoordig was nie.
9
2. Jesus is nie weg nie Twee: Jesus is nie weg nie
Jesus se hemelvaart behels nie ’n ongekwalifiseerde weg-wees van die aarde nie. Hoewel ons Jesus nie met ons fisieke oë kan sien nie, beteken dit nie dat Hy nie by ons is nie. Dit het alles te doen met hoe ons kyk. Dit is nie verniet dat die woorde "sien" en "kyk" in hierdie paar verse by herhaling gebruik word nie. As ons nie in die verkeerde rigting kyk nie, maar leer om reg te kyk, sal ons Jesus te sien kry. Die wolk waarin Jesus opgeneem word, getuig juis van God se teenwoordigheid.
10
3. Oor die hemel... Drie: Oor die hemel
Wat die Bybel bedoel as daar oor die hemel gepraat word. Die woord "hemel" word in die Bybel op ten minste twee maniere gebruik, ook so in Handelinge 1. Dit verwys na die uitspansel of lug bo ons (10) en dit is ’n aanduiding van die woonplek van God (11). Die hemel as woonplek van God is ’n "plek" wat vir mense ontoeganklik en onsigbaar is en nie gelokaliseer kan word nie. Christus se hemelvaart beteken nie dat Hy na ’n fisiek aanwysbare plek iewers in die uitspansel gegaan het nie, maar dat Hy teruggekeer het na sy lewe saam met God. Hier is Hy baie nader aan ons as wat ons dalk dink! Die hemel het immers geskeur, sodat daar verskeie verwysings in die Nuwe Testament is van gelowiges wat die verhoogde Christus gesien het, byvoorbeeld Stefanus (Hand 7).
11
4. Dissipels/ kerk in die kollig
Vier: Die dissipels / kerk in die kollig Na die hemelvaart val die soeklig op die dissipels en die uitvoering van die opdrag wat hulle van Jesus ontvang het. Jesus se hemelvaart dui die begin van ’n nuwe era aan. Waar die kollig in die vorige era (evangelies) volledig op Jesus en sy doen en late was, verskuif die kollig nou (Handelinge) na die dissipels wat hulleself in die middel van die verhoog bevind. Ons hoor dit in die woorde van die twee mans in vers 10. Die strekking van hulle woorde is duidelik. Dit gaan die dissipels niks baat om nou nog te wag vir Jesus (deur te staar na die hemel) om sekere dinge te doen nie. Die tyd het aangebreek vir hulle om te begin werk! Ons hoor dit ook in die gesprek tussen Jesus en sy dissipels in vers 6-8. Die dissipels wil by Jesus weet: "Wanneer gaan U . . .?" Hierop antwoord Jesus: "Julle gaan my getuies wees . . ." Müller beklemtoon dat die oorgang van een na die volgende era nie so verstaan moet word dat die dissipels en die kerk se verbinding met die Oorsprong verbreek word nie. "Die kerk is nie plaasvervanger van die Here nie – net maar ’n plekhouer: dit is juis die verhoogde Heer wat nou deur sy Gees (deur die kerk) [hy kursiveer] sy ryk gaan bou" (Müller).
12
5. Toegerus vir die taak deur die HG
Vyf: Toegerus vir die taak deur die Gees Christus stort sy Gees op die dissipels uit om hulle krag te gee vir hul nuwe taak. Dit is die fokuspunt van Handelinge se verslag oor Jesus se hemelvaart. Hier het ons met 'n vreesagtige, wagtende gemeenskappie van dissipels te doen, wat geen krag en gesag van hul eie het nie. Hulle kan self ook geen krag en energie skep nie. Hulle het niks om hulself op te beroem nie. Dan word daar krag aan hulle gegee wat die gemeenskappie vul met energie, moed, verbeeldingryke aksie, en hulpbronne wat hulle grootte menslikerwys heeltemal oorstyg. Hoe is dit moontlik dat die klein gemeentetjie met geen selfvertroue nie 'n kragtige mag in die groter publieke raamwerk word? Die verhaal in Handelinge 1 wil op hierdie vraag ’n antwoord gee. Die antwoord is dat Christus deur sy hemelvaart vir die dissipels en die kerk ruimte maak en hulle sodoende inskakel by sy werk. Hierdie patroon sien ons in die Bybel reg van die begin af. God skakel mense by sy werk in. Volgens die skeppingsverhaal maak hy mense as sy verteenwoordigers. Israel word deur God gekies om sy bondgenoot en dienskneg te wees. Beide die prosesse eindig nie goed nie. Die medewerkers het nie aan die verwagtings voldoen nie. Christus kom sy dissipels tegemoet. Omdat Hy hulle deel van sy werk wil maak, gee Hy aan sy dissipels die Gees. Die Gees gee aan die dissipels die gawes wat hulle nodig het om betroubare, kragtige en getroue getuies van Christus te wees.
13
6. Jesus kom weer Ses: Jesus kom weer
Die belofte dat Jesus weer sal kom. Christus se hemelvaart en wederkoms omraam die tyd waarin ons nou leef. Dit stempel hierdie tyd as ’n tussentyd. "Tot met die wederkoms leef die kerk in geloof . . . met ’n reeds en ’n nog nie . . . tussen herinnering en hoop . . . in die sfeer van God se afwesige teenwoordigheid . . . soms met sigbare tekens en wonders en soms leeg, voortvlugtend en ontredderd" (Heroldt). Dit is ’n tyd wat gekenmerk word deur Christus se liggaamlike afwesigheid, die kerk se sending en die uitstorting van die Heilige Gees. Omdat die tussentyd sy eie bedreiging, lyding en frustrasie meebring, is dit belangrik vir die dissipels en die kerk om te weet dat hierdie tyd nie vir ewig sal aanhou nie. God self stel perke daaraan. Christus kom weer.
14
7. Diens met blydskap Sewe: Diens met blydskap
Die hemelvaart vul die dissipels met blydskap. Volgens die Lukasevangelie keer die dissipels met blydskap terug na Jerusalem. Die weggaan van Jesus was dus minder traumaties as wat mens sou verwag. Blykbaar het die dissipels meer van die voordeel van hemelvaart verstaan. Hierdie blydskap word egter nie in die Handelingeweergawe gemeld nie. In Handelinge word genoem dat die dissipels na hemelvaart terug is na Jerusalem en die gemeenskap van die gelowiges opgesoek het. Dit is hierdie geloofsgemeenskap wat dan met die krag van die Heilige Gees gevul word, blydskap ervaar en met oorgawe getuig en dien.
15
Toepassing Toepassing
Ons leef in die bedeling wat met Hemelvaart ingelui is. Jesus sit aan die regterhand van die Vader. Hy regeer. Die Heilige Gees, die Lewegewer en Kragbron vir die kerk, is oor ons uitgegiet. Ons het wat nodig is om die Here te dien en van Sy grootheid te getuig. Ons mag dikwels só bewus wees van ons eie gebrokenheid en ons kerklike geraamtes in ons kerkkas, dat ons amper nie die vrymoedigheid het om iets te sê nie. Dit sal jammer wees. Dit sal 'n tragedie, en uit voeling met die werklikheid wees. Want ons is nie geroep om getuies van ons eie volmaaktheid en onbevlektheid te wees nie. Ons is getuies van Jesus. Ons getuig soos stamelende bedelaars wat vir ander wys waar ons die genade gevind het. Ons het ons leë hande uitgesteek en by God brood gekry. Nou vertel ons van Jesus, sodat ander ook van die brood van die lewe kan ontvang. Kom ons eien weer die krag wat die Gees gee sodat ons van die lewende Here kan getuig.
16
God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
Geloofsbelydenis Geloofsbelydenis van Nicéa Slotsang Lied 429 Die Heer regeer, Hy’t opgevaar VONKK 158 Ons Wy Onsself Aan Christus Toe Flam 207 U Het U Heerlikheid, O Heer Seën Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal getuies van die Here wees tot in die uithoeke van die wêreld. Respons Lied 312 Amen
17
Volgende erediens: Openbaring 22:12-14, 16-17, 20-21
Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekverwerking: Danie Mouton Prosesbestuuren ekstra stof: Chris van Wyk
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.