De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Inleiding: (Gesinsagtergrond. Boodskap F.Schutte 2011-10-02: „Wat ek van my moeder leer”.) ’n Ateïs maak eenkeer die stelling: as God alwetend is, dan.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Inleiding: (Gesinsagtergrond. Boodskap F.Schutte 2011-10-02: „Wat ek van my moeder leer”.) ’n Ateïs maak eenkeer die stelling: as God alwetend is, dan."— Transcript van de presentatie:

1 Inleiding: (Gesinsagtergrond. Boodskap F.Schutte : „Wat ek van my moeder leer”.) ’n Ateïs maak eenkeer die stelling: as God alwetend is, dan is die enigste werklike gebed: Amen.

2 Waarom bid? Mattheüs 6:8Moet dan nie soos hulle [heidene, wat met ydele herhaling baie woorde bid] word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. 9Só moet julle dan bid [...] Johannes 16:24Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. Filippense 4:24Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. Jahsua se woorde stem ooreen daarmee. Hy leer sy dissipels/ons om NOGTANS te bid. Baie teoloë (Christene sowel as ander gelowe) het met verskeie verklarings vorendag gekom. Sommige is geformaliseer in die geloof/denominasie se leerstellinge. Ons kan eintlik net hier stop, Jahsua se leer volg.

3 Betekenisse Verskeie woorde in Hebreeus, Aramees, en Grieks word vertaal met „bid”, „gebed”: Woordstamme: (Be)oordeel; Wierook brand; Neerbuig; Psalmsing; Wens, wil. Werklike gebruik: Versoek rig, smeek; Lofprysing; Dank; Aanbidding; Intersessie. Aangeraak in boodskap deur Riaan Barkhuizen van : „Gebed – ’n Oorsig” 268 treffers vir „bid”, „gebed”, „gebede” in Afr. Bybel 1953. Daar is dus verskillende dinge wat bedoel kan word wanneer ons sê „bid”. Ons fokus vir hierdie boodskap op die betekenis om iets van Vader „te vra”, MAAR NIE UITSLUITLIK NIE.

4 Daniël 9 2in die eerste jaar van sy [Darius se] regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van Jahweh tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was. 3En ek het my aangesig tot die Heer God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy. 4En ek het tot Jahweh my God gebid en belydenis gedoen [...] [gebed van Daniël] 21terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël [...] na my gekom [...] 23By die begin van jou smekinge het ’n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel [...] Daniël se gebed: belydenis van sondes, smeking om genade.

5 Daniël 10 1In die derde jaar van Kores [...] 12van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; 13maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Migael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.

6 Lukas 18 1En Hy het ook aan hulle ’n gelykenis vertel met die oog daarop dat ’n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie. [Die weduwee en die onregverdige regter] 7Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval? 8Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind? Ons sien dus dat gebed ook nie ’n ligtelike saak is nie, dat dit soms volharding en uithou kos.

7 WAnpersepsies God skep/red mens, om aanbid te word.
Hy is nie egoïsties nie, het nie ons aanbidding en offers nodig nie. Hy red ons omdat Hy ons liefgehad en uitgekies het reeds van voor die grondlegging van die wêreld Efesiërs 1:4-5 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil Hy soek nie dienaars nie, maar ’n geslag (familie) - soos Hy Maleagi 2:15 [...] Hy het ’n geslag van God gesoek. [...]

8 WAnpersepsies God skep/red mens, om aanbid te word.
Gebed stel bonatuurlike krag of „positiewe energie” vry. Dit is God se krag, nie die mens s’n nie. Dit is nie towery nie. God is soewerein. Jakobus 5:16 [...] Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. – nie omdat dit vurig is nie, maar in die eerste plek omdat die persoon regverdig (in regte verhouding met God) is

9 WAnpersepsies God skep/red mens, om aanbid te word.
Gebed stel bonatuurlike krag of „positiewe energie” vry. Hoe meer bidders, hoe meer sukses. God soek kwaliteit, nie kwantiteit. Weer Jakobus 5:16 [...] Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. – vurige gebed van EEN regverdige - Elia

10 WAnpersepsies God skep/red mens, om aanbid te word.
Gebed stel bonatuurlike krag of „positiewe energie” vry. Hoe meer bidders, hoe meer sukses. Gebed verander mens, daarom gebeur dinge. Dit is nodig om die regte gesindheid/verhouding tot medemens en God te hê VOORDAT jy begin bid. Gebed gee jou wel die geleentheid om daaroor te besin. Markus 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Mattheüs 5: As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

11 WAnpersepsies God skep/red mens, om aanbid te word.
Gebed stel bonatuurlike krag of „positiewe energie” vry. Hoe meer bidders, hoe meer sukses. Gebed verander mens, daarom gebeur dinge. Gebed moet volgens regte formule geskied. Opregtheid is belangriker. Mattheüs 6:7 En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. – Selfs Onse Vader moet nie uit geheue afgerammel word nie.

12 WAnpersepsies God skep/red mens, om aanbid te word.
Gebed stel bonatuurlike krag of „positiewe energie” vry. Hoe meer bidders, hoe meer sukses. Gebed verander mens, daarom gebeur dinge. Gebed moet volgens regte formule geskied. Om deur mense bewonder te word. Dan het jy klaar alles gekry wat jy ooit sal kry Mat 6:5-6 En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

13 Wat ek geleer het Ondersoek gesindheid, verhouding met God en medemens – voor of met aanvang van gebed. Skriftuurlike vereiste. Reeds aangeraak in Markus 11:25 en Mattheüs 5:23-24. Markus 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Mattheüs 5: As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe. Ook in Onse Vader.

14 Wat ek geleer het Ondersoek gesindheid, verhouding met God en medemens – voor of met aanvang van gebed. Ordening van gedagtes, wees spesifiek. Algemene gebed bv: "Wees met alle mense".... Dis maklik om "goeie gedagtes" te dink maar om met die gedagtes te dwaal – woorde soms moeilike stryd, maar goeie dissipline. Wees ten minste eerlik. Opinie: Stille gebed het sy plek, maar dis goeie idee om sover moontlik hardop te bid.

15 Wat ek geleer het Ondersoek gesindheid, verhouding met God en medemens – voor of met aanvang van gebed. Ordening van gedagtes, wees spesifiek. Openhartige gesprek met God. Dis belangrik dat God weet (en jy weet dat Hy weet) wat in jou hart is. Hebreërs 4:13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. – maar weet jy dit en tree jy daarvolgens op? Verhouding = vryheid as kind. Maar verantwoordelikheid in begeertes tot uiteindelik volwassenheid. God verdra redenasie, en blyk oop te wees vir oortuiging (Moses, Paulus, ens. ens.) .... Al is dit ook jou oortuiging wat uiteindelik verander.

16 Wat ek geleer het Ondersoek gesindheid, verhouding met God en medemens – voor of met aanvang van gebed. Ordening van gedagtes, wees spesifiek. Openhartige gesprek met God. Verbind jouself aan wat jy uitspreek. Man (vrou) van jou woord. Opinie: Skryf neer (dagboek) indien jy dit andersins kan vergeet.

17 Wat ek geleer het Ondersoek gesindheid, verhouding met God en medemens – voor of met aanvang van gebed. Ordening van gedagtes, wees spesifiek. Openhartige gesprek met God. Verbind jouself aan wat jy uitspreek. Demonstreer geloof in God, en hoe ernstig die saak vir jou is (volharding). Daniel, weduwee Opinie: bid deur tot jy die antwoord kry (bevestiging deur Gees?) en hou aan wag.

18 Wat ek geleer het Ondersoek gesindheid, verhouding met God en medemens – voor of met aanvang van gebed. Ordening van gedagtes, wees spesifiek. Openhartige gesprek met God. Verbind jouself aan wat jy uitspreek. Demonstreer geloof in God, en hoe ernstig die saak vir jou is (volharding). Jou getuienis dat God antwoord en gee. As jy nie gebid het nie, hoe sal jy weet dis nie net "toevallig" nie? Haelstorm. Job 22:27 Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal. Ps 50: roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

19 Wat ek geleer het Ondersoek gesindheid, verhouding met God en medemens – voor of met aanvang van gebed. Ordening van gedagtes, wees spesifiek. Openhartige gesprek met God. Verbind jouself aan wat jy uitspreek. Demonstreer geloof in God, en hoe ernstig die saak vir jou is (volharding). Jou getuienis dat God antwoord en gee. Ewe volhardend in aanbidding, lofprysing, dank? Uitdaging

20 As alles anders skeefloop
Romeine 8 26En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge [steuninge]. 27En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. AMEN Onuitspreeklik = nie verwoordbaar


Download ppt "Inleiding: (Gesinsagtergrond. Boodskap F.Schutte 2011-10-02: „Wat ek van my moeder leer”.) ’n Ateïs maak eenkeer die stelling: as God alwetend is, dan."

Verwante presentaties


Ads door Google