De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

‘n Kolosale Ruimtestad word nou gebou. Bespreek dadelik jou plek !

Verwante presentaties


Presentatie over: "‘n Kolosale Ruimtestad word nou gebou. Bespreek dadelik jou plek !"— Transcript van de presentatie:

1 ‘n Kolosale Ruimtestad word nou gebou. Bespreek dadelik jou plek !
Wie is die argitek en die bouer van hierdie ruimtestad ? Praat van ‘n GOUDSTAD ! Johannesburg is sommer ‘n ou stofdorpie in ver- gelyking met die stad in die ruimtes. Jy sal verstom wees om te hoor wat daar buite aan die gang is. Dit raak jou lewe ! Antw: Die Bybel sê God is besig om ‘n massiewe stad vir ons te bou. En daardie stad is net so werklik en letterlik as enige stad wat jy ken. Dit is ‘n feit ! Heb.11:16 Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.

2 2. Waar is die verstommende stad wat God besig is om te bou ?
Antw: Hierdie groot stad wat gebou word, is nou daar bo tussen die sterre in die “wyd uitgestrekte land” wat Jesaja gesien het in Jes.33:17 en wat die hemel, die woonplek van God en die engele is. Ope. 21;2 “En ek, Johannes, het die heilige stad……sien neerdaal van God uit die hemel.” 1 Kon. 8;28,30 “Here my God……..Luister dan na die smeking van u kneg….. Mag U hoor elke gebed na u woonplek, na die hemel toe.” 3. Vertel my bietjie hoe lyk hierdie verstommende stad ? Op.21:16. Die stad lê volkome vierkantig. Sy omterk is 2 500 kilometers: sy breedte en sy lengte is gelyk, nl.635 kilometers. Dus sal die stad omtrent die hele Trans- vaal vol lê. Watter stad ! Antw: GROOTE…..die stad is vierkantig……Hy het die stad toe met die meetstaf gemeet. Die lengte, die breedte en die hoogte daar- van is dieselfde, kilometer…..” Daar sal plek wees vir elkeen wat daar wil kom. Kyk na die stad se mure.

3 B) NAAM. Die stad word in openb 21:2 “Nuwe Jerusalem” genoem.
C. MURE: “En hy het sy muur gemeet op honderd-vier-endrtig el…….En die boustof van sy muur was jaspis………” Op.21:17,18. Jaspismure, bo-op die veelkleurige fondamente, reik ‘n verdere ongeveer sewentig meter die bloutes in. So ‘n muur om ‘n stad so groot soos die Transvaal ! Jaspis, en die stad van “suiwer goud soos deurskynende glas.” Watter mure, watter prag, met God se heerlikheid wat dit deurstraal ! D.POORTE “En dit het…….. twaalf poorte gehad……… Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die Noorde- kant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte… En die twaalf poorte was twaalf pêrels………” Ope.22:12; 13; 21 DIE STAD HET TWAALF POORTE – DRIE AAN ELKE KANT – ELKEEN VAN “N ENKELE PêREL GEMAAK.In verhouding sal elke pêrelpoort dalk by die twee kilometer wyd wees. Die mure is ongeveer twintig verdiepings hoog.

4 E.Fondamente “En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad………..versierd met allerhande edelgesteentes.Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag:die vyfde sardoniks, die sede sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas,die tiende chrisopraas, die elfde hiasint, die twaalfde amatis.” Op.21:14; 19;20 Die stad het twaalf fondamente – elkeen ‘n ontsaglike edelgesteente. Die twaalf edelgesteentes het al die kleure van die reënboog. Van ver sal dit lyk of die stad op ‘n reënboog rus. F. Die Strate: Op.21:21 …..die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.

5 4. Watter verbasende kenmerk van die stad verseker elke
G. Voorkoms. Op.21:2;11;16 “….die heilige stad……toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is…. dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen……….. sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.” Die stad met al sy edelgesteentes, goud en skitterende prag, sal verlig wees met die heerlikheid van God. In sy asembenemende majesteit en luister word die stad met ‘n bruid vergelyk, versier vir haar man. 4. Watter verbasende kenmerk van die stad verseker elke inwoner van ewige jeug en lewenskrag ? Antw: Die boom van die lewe, in die middel van die stad, dra elke maand Vugte. Almal wat dit eet, kry uitbundige krag en ewige jeug. Selfs die blare sal wonderbaarlike genesende krag besit.Ons kan eenvoudig daarvan eet as ons NET WIL !

6 Op.22:2 “In die middel van sy straat en
weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.” Gen. 3:22 “Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie.” 5. Is dit waar dat hierdie GOUDSTAD na die aarde toe sal neerdaal ? Antw: Ja,ja,ja ! Daardie stad kom na die aarde toe as hoofstad van die nuwe aarde wat God gaan skep, en elke verloste sal ‘n tuiste in daardie stad hê. Dank die Here !

7 6. Wat gebeur dan met die sondaars ?
Op.21:2 “En ek Johannes het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.” Matt.5:5 “Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.” 6. Wat gebeur dan met die sondaars ? Antw: God gaan alle sondaars met vuur vernietig.(Nee, daar is nie ‘n ewige hel waar hulle vir altyd en altyd gepynig sal word nie ! ) Die vuur sal die aarde skoon band en alles in as verander. Daarna sal God ‘n volmaakte nuwe aarde skep, en die Nuwe Jerusalem sal sy hoofstad wees. Hier sal die verlostes vir ewig vreugde en geluk by God smaak. Die sonde sal nooit weer opkom nie. (Nahum 1:9)

8 Mal.4:1 “……al die vermeteles en almal wat goddeloosheid
bedrywe sal ‘n stoppel wees, en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek.” 2 Pet. 3:10 “……die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.” Op.20:9” …..vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.” 2 Pet. 3;13 “Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.” Mal.4:3 “…..julle sal die goddelose vertrap, Want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole.” “stof” – Hebreeus: “as” 7. Watter verkwikkende, aangrypende beloftes maak God vir diegene wat op die nuwe aarde sal woon ? (A) Op.21:3 Die Here sal persoonlik hier kom woon.

9 (C) Geen dood, pyn,trane, droefheid,
operasies, ongelukke, teleurstellings, moeilikheid,honger of dors ens. (B) Ps.16:11 Die bewoners sal nooit verveeld wees nie. Vreugde duur vir ewig. Op.21:4, “En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie, ook droefheid en geween moeite sal daar nie meer wees nie, want die eeste dinge het verbygegaan.” Jes. 33:24 “En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.” Jes.65:23 “Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie, want hulle is ‘n geslag van die wat deur die Here geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.” Op.7:16 “Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie.”

10 (D) Niemand sal moeg wees nie.
Jes. 40:31 “maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” (E) Elkeen sal liggaamlik volmaak wees in alle opsigte.Die dowes hoor,, die blindes sien, die stommes sing, die verlamde spring soos ‘n takbok Jes. 35:5, Fil.3:21 Jaloesie, Vrees, Haat, Valsheid, Onreinheid, Besoedeling, Bekommernis – hierdie lelike dinge sal daar nie wees niie. Op.21:8. Op.22;15 Elkeen sal rustig lewe ,eet,drink,lag,bly wees. Die senuwees pla nie. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, dit het alles nuut geword.

11 8. Hoe sal die nuwe aarde verskil van vandag se aarde ?
Antw: (A) Daar sal nie ‘n see wees nie. Op 21 :1 Die oseane bedek nou driekwart van die aarde se oppervlakte. Watter watermassas. Watter goeie aarde staan nou onder water ! Lieflike skoon aarde ! Gejubel ! As die hele aarde bewoon gaan word, hoeveel plek is daar nie vir elkeen van ons nie ! Groen vlaktes, blou-blou berge, groot mere, pragtige riviere, lieflike bosse met majestueuse bome, velde vol blomme Lees hele Jes. 35. Blydskap ! Liefde ! Ewige Vreugde ! Gesondheid !

12 (B) Die woestyne sal lushowe word. Jes.35:1,2
Die diere sal almal mak wees. ‘n klein seuntjie sal hulle lei . (D) Daar sal geen vloek meer wees nie. Op. 22:3 Jes. 11:6-9 Dan wei die wolf by die lam,en die luiperd gaan lê by die bokkie en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja…… Daar sal geen geweld van enige aard wees nie. Jes. 60:18 Dit sluit in misdaad, storms, oorstromings, aardbewings, tornado’s,ongelukke, ens. Jes. 65:25…………………… (F) Daar sal niks wees wat besoedel nie.Op.21:27 Geen sigaretstompies,,dronkaards, kroeë, alkohol,ontughuise, pornografie of enigiets wat vuil of lelik is, sal daar wees nie.

13 9. Sal daar klein kindertjies op die nuwe aarde wees ?
Sal hulle groot word ? Antw: Ja, daar sal baie seuntjies en dogtertjies in die Heilige Stad wees en hulle sal groei en groot word. Om die waarheid te sê ons lees in Gen 6:4 dat daar voor die sondvloed reuse op die aarde was. Selfs groot mense sal daar dalk moet opgroei. Ons het ver gedegenereer van die liggaamsgrootte, die intellek en die krag van Adam, maar al hierdie dinge sal herstel word. Lees Hand. 3:20,21 Sag. 8:5 “En die pleine van die stad sal vol wees van seuntjies en dogtertjies, wat op die pleine daarvan speel.” Ook Jes. 11:6-8

14 10. Sal ons ons geliefdes in die hemel herken ?
Antw; Die Bybel leer ons duidelik dat ons geredde geliedes Wat in hulle grafte RUS, opgewek sal word om aan te sluit by die wat lewe en na Gods koninkryk geneem sal word. Jes. 26:19; 1 Kor.15;51-55 ; Thes. 4:13-18 Die bybel leer ook dat die mense op die nuwe aarde mekaar sal ken soos ons mekaar vadag ken. 1 Kor. 13:12 “…..endag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”

15 11. Sal die mense in die hemel mense van vlees en been wees ?
Antw: NA SY OPSTANDING het Jesus aan Sy dissipels bewys dat Hy van vlees en been was deur hulle aan Hom te laat voel en deur voedsel te eet. Hierdie selfde Jesus van vlees en been het na Sy Vader opgevaar en sal so terugkom na die aarde. Aan die regverdiges sal liggame gegee word net soos die verheerlikte liggaam van Christus. Dus sal hulle nie geeste wees nie maar werklike mense van vlees en been tot in alle ewigheid.Die verskil sal wees dat die hemelse liggaam nie onderwerp sal wees aan die dood, verval of siektes nie. Die leerstelling dat die gereddes in die hemel geeste sal wees wat niks anders sal doen as om op harpe te speel om die troon van God nie, is sonder enige Bybelse grondslag. Jesus het nie aan die kruis gesterf om so ‘n toekoms te beplan vir diegene wat Sy liefde aangeneem het en wat ook vir Hom gely het nie. Die meeste mense het geen belang of behae in so ‘n geestesbestaan nie, en daarom het hulle geen begeerte om hemel toe te gaan nie.

16 Dikwels kies hulle dit tog net uit vrees vir die hel
Dikwels kies hulle dit tog net uit vrees vir die hel. As alle mense oral tog maar net die waarheid kon weet oor Gods Heilige Stad en die nuwe aarde, sou miljoene Gods liefde begin verstaan en Hom soek met hulle hele hart. Die mens wat Gods koninkryk misloop het die Grootste fout in sy lewe begaan. Lukas 24:36-43; 50,51 “En …staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle ! Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien. En Hy sê vir hulle:Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op ? Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie…….En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle:Het julle hier iets om te eet ? Daarop gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek.En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.” “En Hy het hulle uitgelei tot by Betanië…….En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

17 12. Hoe sal die mense op die nuwe aarde hulle tyd deurbring ?
Hand.1:11 “…..Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.” Fil.3:21 “….wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam.” Jes.66:22,23 “Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die Here, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig.” 12. Hoe sal die mense op die nuwe aarde hulle tyd deurbring ? Hulle sal almal hulle eie huise op die nuwe aarde kan bou. (Elkeen sal ook ‘n stadswoning hê, gebou deur Christus – Joh. 14:1-3). Hulle sal ook wingerde en bome plant en die vrugte daarvan self geniet.Die Bybel is duidelik. Werklike mense doen werklike dinge in die hemel – en hoe sal hulle dit nie geniet nie.!

18 13 . Aan watter ander opwindende aktiwiteite sal die verlostes deel hê ?
Jes.65:21,22 “En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet, hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.” (A) Sing en musiek speel. Op. 14;2,3; Ps. 87;7; Jes.35:10 “en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees, vreugde blydskap en sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.” (B) Aanbid om Gods troon elke Sabbat (Jes. 66:22,23) (C) Verlustig hulle vir ewig in die blomme en die bome. Eseg.47:12; Jes. 35:1,2

19 15. Word hierdie lieflike koninkryk vir my persoonlik voorberei ?
(D) Gesels met geliefdes,profete, en patriarge, ens Matt. 8:11; Op. 7:9-17 (E) Geniet die veelsoortige dierelewe Jes. 11:6-9; Jes, 65: 25 F. Onderneem ruimtereise 1Thes. 4:17 (G).DIE GROOTSTE VREUGDE VAN ALLES – DIE VOORREG OM SOOS JESUS TE WEES, SAAM MET TE HOM TE REIS, EN OM HOM VAN AANGESIG TOT AANGESIG TE SIEN.Op1 4:4; Op 22:4; Op.21:3; 1Joh.3:2 (H). Ons soetste drome word bewaarheid. Ps. 37:4; Jes. 65; 24 15. Word hierdie lieflike koninkryk vir my persoonlik voorberei ? Antw: Ja, dit word vir jou en vir my persoonlik voorberei. Die uitnodiging van die Here is vir jou persoonlik. As jy verlore is, sal niemand daarvoor te blameer wees nie, behalwe jy self.

20 1 Pet.1:4 “ sodat ons ‘n onverganklike en
Op.22:17 “…..en laat hom wat wil, die water van die lewe neem verniet.” 1 Pet.1:4 “ sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons.” Joh.14:2 “Ek gaan om vir julle plek te berei.” 16. Hoe kan ek verseker wees van ‘n plek in daardie groot en heerlike koninkryk ? Antw: Die Bybel maak dit duidelik. Dit is eenvoudig. Gee jou lewe aan Christus om van sondes gereinig te word.As jy dit doen, gee Hy jou ook krag om sy wil te doen en Sy gebooie te hou.Dit beteken natuurlik dat jy nou soos Christus sal begin lewe en sonde sal oorwin. “Hy wat oorwin sal alles beërwe.” Op. 21:7 Kortliks jy is gereed vir die hemel wanneer jy die hemel in jou hart het.

21 Op.3;20 “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor
en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maal- tyd hoe, en hy saam met My. “ Op.22:14 “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” Matt. 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here ! Sal ingaan In die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” Joh1:2 “…..almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word.” 1 Joh. 1:7 “ die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”

22 Die Bybel sê: “dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie.”
(1 Kor.15:50). Hoe kan die verlostes dan van vlees en bloed wees ? Antw: Die Bybel gebruik die terme “vlees” om die onbekeerde mens te beskryf. “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.” Die woord “gees” verwys na die bekeerde of wedergebore mens. In Rom.8:8,9 lees ons : “En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die gees, as naamlik die gees van God in julle woon.” Dus sê die bybel eenvoudig in 1 Kor.15 dat niemand Gods koninkryk kan Ingaan tensy die mens eers bekeer is en die vlees “gees” word nie. Geneem uit: verbasende feite(SDA) Alta Strydom


Download ppt "‘n Kolosale Ruimtestad word nou gebou. Bespreek dadelik jou plek !"

Verwante presentaties


Ads door Google