De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Eienskappe van vierhoeke

Verwante presentaties


Presentatie over: "Eienskappe van vierhoeke"— Transcript van de presentatie:

1 Eienskappe van vierhoeke
Graad 10

2 Trapesium Een paar teenoorstaande sye parallel

3 Parallelogram Beide pare teenoorstaande sye is parallel.
Beide pare teenoorstaande sye is ewe lank. Beide pare teenoorstaande hoeke is ewe groot. Beide hoeklyne/diagonale halveer mekaar (d.w.s. hulle sny mekaar in die helfte)

4 Reghoek Beide pare teenoorstaande sye is parallel.
Beide pare teenoorstaande sye is ewe lank. Die hoeklyne halveer mekaar. Die hoeklyne is ewe lank. Alle hoekpunte is regte hoeke.

5 Ruit/Rombus Beide pare teenoorstaande sye is parallel.
Al vier sye is ewe lank. Beide pare teenoorstaande hoeke is ewe groot. Die diagonale halveer mekaar met hoeke van 90∘. Diagonale halveer die teenoorstaande hoeke.

6 Vierkant Beide pare teenoorstaande sye is parallel.
Al vier sye is ewe lank. Al vier die hoeke is 90∘. Beide pare teenoorstaande hoeke is ewe groot. Die hoeklyne halveer mekaar met hoeke van 90∘. Diagonale is ewe lank. Diagonale halveer beide pare teenoorstaande hoeke (d.w.s. hulle is almal 45∘).

7 Vlieër Twee pare aangrensende sye is ewe lank.
Een paar teenoorstaande hoeke (die hoeke tussen die ongelyke sye) is ewe groot. Een diagonaal halveer die ander een en hierdie diagonaal halveer ook een paar teenoorstaande hoeke. Diagonale sny mekaar reghoekig.


Download ppt "Eienskappe van vierhoeke"

Verwante presentaties


Ads door Google