De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Die produksieproses Onderwerp 15

Verwante presentaties


Presentatie over: "Die produksieproses Onderwerp 15"— Transcript van de presentatie:

1 Die produksieproses Onderwerp 15
Wat gaan ons leer? • definisie van produksie • insette en uitsette • volhoubare gebruik van hulpbronne • betekenis van ekonomiese groei • betekenis van produktiwiteit • die effek van produktiwiteit op die ekonomiese groei • tegnologie in die produksieproses • die bydrae van tegnologie om produktiwiteit en ekonomiese groei te verbeter

2 1. Die definisie van produksie
- wanneer besighede grondstowwe in ’n produksieproses gebruik om produkte wat die mark nodig het, te produseer.

3 2. Insette en uitsette - Die materiale wat besighede in die produksieproses gebruik, word insette genoem. - Uitsette is goed wat ’n mens uit die produksieproses kry. - Nie alle uitsette is egter voltooide produkte wat verbruikers kan koop nie. Insette Produksie- proses Uitsette

4 Besighede het ook die volgende insette in die produksie-proses nodig:

5 3. Nywerheidsektore - ’n Sektor is ’n manier waarop besigheidsaktiwiteite gegroepeer word. - Daar is drie hoofsektore van die ekonomie: • die primêre sektor • die sekondêre sektor • die tersiêre sektor - Hulle het mekaar nodig om te kan oorleef.

6 a) Die primêre sektor - meestal in die landelike gebiede - eerste laag van die ekonomie - die ekonomiese sektor waarin besighede grond en natuurlike hulpbronne as grondstowwe gebruik • boerdery • visserye • bosbou • mynbou • jag en versamel

7 b) Die sekondêre sektor - net buite die dorpe - dit is nywerhede - die ekonomiese sektor waarin mense grondstowwe uit die primêre sektor gebruik om goed wat mense kan gebruik te verwerk of te vervaardig. • voedsel- en drankfabrieke • motorfabrieke, skeepsbouwerwe en fabrieke wat vliegtuie vervaardig • enigiets wat te doen het met bouwerk, ingenieurswerk en met werk met metale.

8 c) Die tersiêre sektor - binne-in die dorpe - derde laag van die ekonomie - die ekonomiese sektor waarin besighede voltooide goedere en dienste vir die publiek aanbied • skole vir opvoedkundige dienste • hospitale vir gesondheidsorgdienste • banke vir geldbestuursdienste • regsfirmas en howe vir regsdienste • restaurante vir kos en drank • toerisme vir vermaak.

9 4. Volhoubare gebruik van hulpbronne
- nie-hernieubaar: kan nie hernieu word nie; as dit alles opgebruik is, kan daar nooit weer daarvan gemaak word nie water steenkool olie. Volhoubare gebruik van hulpbronne is ‘n etiese besigheidspraktyk.

10 - hernieubare hulpbronne is hout, plante en sonenergie - Die produksieproses gebruik baie verskillende hulpbronne - Hoe kan besighede hulpbronne volhoubaar gebruik?

11 5. Die betekenis van ekonomiese groei
bruto binnelandse produk (BBP): die totale waarde van al die produkte en dienste wat die land oor ’n spesifieke tydperk produseer - ’n styging in ’n ekonomie se vermoë om goedere en dienste oor ’n spesifieke tydperk te produseer - gemeet as ’n persentasie verandering in ’n ekonomie se bruto binnelandse produk (BBP) Vir ’n ekonomie om te groei • moet werkloosheidsyfers laag wees • die land moet armoede uitroei sodat al die landsburgers kan bydra tot die ekonomie • die bevolking moet gesond, opgevoed en geskoold wees om produktief te kan werk.

12 6. Die betekenis van produktiwiteit
- ’n maatstaf van hoeveel ’n mens uitkry uit die moeite wat jy met iets doen

13 7. Die effek van produktiwiteit op ekonomiese groei
- hoe meer produktief ’n land se arbeidsmag is, hoe beter sal die land se ekonomiese groei wees - Werklose mense produseer geen goedere of dienste nie. - Ongeskoolde werkers kan net beperkte goedere en dienste produseer. - Mense wat siek is, is lang tye nie by die werk nie.

14 8. Tegnologie in die produksieproses
- Besighede gebruik tegnologie in die produksieproses om die proses vinniger en meer doeltreffend te maak - outomatiseer die produksieproses outomatiseer: wanneer ’n masjien gebruik word om ’n handproses te verander na ’n outomatiese proses wat vinniger en meer doeltreffend is.

15 Tegnologie het die volgende voordele: • hulle werk vinniger as mense • hulle maak minder foute as mense • hulle word nie moeg nie en hulle aandag word nie afgelei nie • hulle word nie siek nie en hulle neem nie verlof nie • hulle kan vir baie lang ure in die dag of die nag werk • hulle hoef nie bestuur te word nie en hulle hoef nie maandeliks betaal te word nie • hulle hoef nie opgelei te word nie

16 9. Die bydrae van tegnologie tot die verbetering van produktiwiteit en ekonomiese groei
- maak die produksieproses vinniger, meer akkuraat en gestandaardiseer. - Dit beteken dat hulle die besigheid help om by te dra tot ekonomiese groei. - goedere en dienste kan in minder tyd produseer word. - meer produktief


Download ppt "Die produksieproses Onderwerp 15"

Verwante presentaties


Ads door Google