De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Rekeningkundige begrippe

Verwante presentaties


Presentatie over: "Rekeningkundige begrippe"— Transcript van de presentatie:

1 Rekeningkundige begrippe
Onderwerp 6 Rekeningkundige begrippe Wat gaan ons leer? • kapitaal • verliese • bates • begrotings • laste • spaargeld • inkomste • banksake • uitgawes • finansiële rekords • wins • transaksies

2 1. Kapitaal - Die bedrag geld wat die eienaar gebruik om die besigheid te begin. - Die eienaar leen basies die geld aan die besigheid. - Hierdie kapitaal bly egter die eienaar se eiendom. - Enige winste wat gedurende die jaar verdien word, word by die oorspronklike bedrag gevoeg. - die verliese en ontrekkings wat gemaak, word van die oorspronklike bedrag afgetrek.

3 - Die finale bedrag word die eienaarsbelang (ekwiteit) genoem
- Die finale bedrag word die eienaarsbelang (ekwiteit) genoem. - Indien die eienaar geld nodig het vir persoonlike gebruik, kan hy geld uit die besigheid onttrek = onttrekkings.

4 2. Bates - Besittings wat ’n sekere waarde het. • vaste (tasbare) bates • bedryfsbates. a) Vaste bates - Word gekoop met die doel om die besigheid te bedryf en in stand te hou. - Bestaan uit drie hoofartikels: • grond en geboue • voertuie • toerusting

5 b) Bedryfsbates - Bates wat taamlik maklik in kontant omgesit kan word, gewoonlik binne ’n kort tydperk. - Dikwels in die vorm van kontant beskikbaar. - Bestaan ook uit verskeie ander artikels: • handelsvoorraad • debiteure • kontant - Handelsvoorraad verwys na goedere wat gekoop word met die doel om dit te herverkoop om wins te maak.

6 - Debiteure is kliënte wat goedere by die besigheid gekoop het maar wat nog nie daarvoor betaal het nie. - Die kontant voorhande is die kontant wat aan die begin van elke dag in die kasregister geplaas word sodat daar aanvanklik genoeg kleingeld is vir kliënte.

7 3. Laste - Enige geld wat deur die besigheid geleen word. • langtermynlaste • korttermynlaste. a) Langtermynlaste - kan oor ’n tydperk van meer as ’n jaar terugbetaal word. • verbandlenings • lenings by die bank • huurkoopooreenkomste

8 b) Bedryfslaste - Moet binne ’n jaar of minder terugbetaal word
b) Bedryfslaste - Moet binne ’n jaar of minder terugbetaal word. • krediteure • bankoortrekking • inkomstebelasting

9 4. Inkomste - Geld (ontvangste) wat die eienaar se ekwiteit in die besigheid verhoog. - Vorms van inkomste: • bedryfsinkomste of verkope • huurinkomste • korting wat van verskaffers ontvang word • wins uit die verkoop van bates

10 5. Uitgawes - Betaling vir dienste en verbruiksgoedere wat ’n besigheid koop om dit aan die gang te hou. - Verminder die eienaarsbelang (ekwiteit). - Voorbeelde van besigheidsuitgawes: • telefoonrekeninge • water en elektrisiteit • lone en salarisse • skryfbehoeftes • verbruiksgoedere

11 6. Wins - Die geld wat ’n besigheid maak nadat al die inkomste ontvang is en al die uitgawes afgetrek is. Wins = inkomste – uitgawes Winsmarge = die begeerte om ‘n wins te maak, motiveer ‘n mens om by besigheidsaktiwiteite betrokke te raak

12 7. Verliese - Die verlies van geld of ’n daling in finansiële waarde. - ’n Netto verlies in ’n besigheid is wanneer die uitgawes vir ’n sekere tydperk meer is as die inkomste wat verdien is. - Die eienaar se belang in die besigheid sal verlaag.

13 8. Begroting - ’n Lys wat wys hoeveel geld jy verwag om te ontvang (ontvangste) en die uitgawes wat jy verwag om binne ’n spesifieke tydperk te dek (betalings). - Die begroting vir ’n land word die Nasionale Begroting genoem.

14 9. Spaargeld - Die geld wat jy wegsit wanneer jy jou uitgawes gedek het. ’n Mens kan geld spaar deur die volgende te doen: • Moet nooit meer uitgee as die bedrag wat jy verdien nie. • Dink daaraan om eers die goed wat jy nodig het te koop. • Betaal al jou skuld af en bly uit die skuld. • Sorg dat jy altyd kontant het om die basiese goed wat jy nodig het te koop. • Hou noodfondse vir dokters, veeartse, voertuie, huishoudelike kostes en ander rekeninge. • Leer uit die verlede en beplan vir die toekoms. • Dink aan jou toekoms as langer as net vyf jaar

15 10. Bankwese - Die handeling om die dienste wat ’n bank lewer, te gebruik. - ’n Bank is ’n finansiële instelling wat namens jou met jou geld werk. - Kan geld by hulle te spaar of geld by hulle leen. - Verdien rente op geld wat hulle spaar en betaal rente op geld wat hulle leen. - ’n Bank leen om hulle kapitaalwaarde te verhoog.

16 11. Finansiële rekords en transaksies
- Rekords van die besigheid se finansiële transaksies. - Finansiële transaksies is gebeurtenisse waarby kopers en verkopers bates vir geld ruil. - Besighede hou finansiële rekords om bedrog te voorkom en om aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) bewys te lewer dat die verdienste wat hulle verklaar het, korrek is.

17 Finansiële transaksie
Finansiële rekord Koop lugtyd by die winkel Kasregisterstrokie vir die geld wat jy vir die winkel gee Winkel se rekord van die verkoop Bankdepositostrokie wat wys dat die besigheid die geld wat jy vir hulle gegee het in die bankrekening inbetaal het Betaal ’n werknemer se salaris Betaalstrokie vir die werknemer Betaalstaat vir die besigheid wat wys hoeveel hulle werknemers betaal is Gee ’n selfoon wat nie werk nie terug aan die winkel vir ’n terugbetaling Kasregisterstrokie wat wys dat die geld wat jy betaal het, aan jou terugbetaal is Kredietnota vir die winkel wat wys dat hulle die transaksie omgekeer het Koop ’n boek aanlyn met behulp van elektroniese oorbetalings Elektroniese kennisgewing van jou bank en van die aanlynwinkel dat jou elektroniese betaling ontvang is Rekeningkunde is die proses om ’n besigheid se finansiële rekords te hou sodat ander mense in die besigheid, sowel as aandeelhouers, weet hoe die besigheid sy geld gebruik.


Download ppt "Rekeningkundige begrippe"

Verwante presentaties


Ads door Google