De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Is die God van die Ou Testament ook die God van die Nuwe Testament

Verwante presentaties


Presentatie over: "Is die God van die Ou Testament ook die God van die Nuwe Testament"— Transcript van de presentatie:

1 Vir meer inligting: www.matthew28.co.za
Is die God van die Ou Testament ook die God van die Nuwe Testament? Saamgestel deur: Harry van Huyssteen Vir meer inligting:

2 Waarom hierdie tema? ‘n Apologetiese benadering
Sumeriaanse geskrifte Die vraag: “Hoe kan ‘n God van liefde so wreed wees soos beskryf in die Ou Testament?” Die bewering: “Ag, daar is ‘n ‘goue lyn’ in alle gelowe” Die vraag: “Hoe kan die Christen so ingevoelig wees deur nie ander se geloof te respekteer nie?” Die bewering: “Die Ou Testament is slegs sprokies verhale. Dit is nie werklike gebeure nie.” Die bewering: “Die Koran bevat ook karakters van die Ou Testament. Wat maak die Bybel so uniek?” Vir meer inligting:

3 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Soewereine God Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

4 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Soewereine God Een Soewereine God Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

5 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Soewereine God Die Naam van God Die Here koppel Hom aan die volk Israel sodat ons Hom kan ken. “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Eksodus 3:6 1) Elohim, “God” Genesis 1:1; Psalm 19:1 2) El-Elyon, “The Almagtige God” Genesis 14:17-20; Jesaja 14:13,14 3) El-Olam, “Die ewige God” Jesaja 40:28-31 4) El-Roi, “Die sterk een wat altyd sien” Genesis 16:13 5) El-Shaddai, “God Almagtig” Genesis 17:1; Psalm 91:1 6) Adonai, “Here” Maleagi 1:6 7) Jehovah (Yahweh), “Die Here (Lord)” Genesis 2:4 8) Jehovah-Jireh, “Die Here sal voorsien” Genesis 22:13,14 9)Jehovah-Maccaddeshem, ”Die Here jou Saligmaker” Eksodus 31:13 10) Jehovah-Nissi, “Die Here ons vaandel” Eksodus 17:15 11) Jehovah-Rapha, “Die Here ons geneser” Eksodus 15:26 12) Jehovah-Rohi, “Die Here my herder” Psalm 23:1 13) Jehovah-Sabbaoth, “Die Here van heerskares” Jesaja 6:1-3 14) Jehovah-Shalom, “Die Here is vrede” Rigters 6:24 15) Jehovah-Shammah, “Die Here wat teenwoordig is” Esegiël 48:35 16) Jehovah-Tsidkenu, “Die Here ons regverdige” Jeremia 23:6 Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

6 Soewereine God Die eerste trompet blaas by Sinai
Sy Naam is Yehovah - Here Die eerste trompet blaas by Sinai Eksodus 19:18-20: “18Die hele Siniaberg het begin rook toe die Here in vuur daarheen afkom; die rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond. Die hele berg het ook geweldig geskud, 19en die geluid van die ramshoring het al hoe harder en harder geword. Moses het gepraat, en God het hom in die donderslae geantwoord.” Eksodus 20:22-24: “22Toe sê die Here vir Moses: ‘So moet jy vir die Israeliete sê: Julle het nou self ervaar dat Ek uit die hemel met julle kon praat het. 23Julle mag nie gode uit silwer maak om my plek in te neem nie. Julle mag ook nie vir julle gode uit goud maak nie. 24Julle moet vir My ‘n altaar van grond bou en julle brandoffers en maaltydoffers uit julle kleinvee en beeste daarop bring. Op elke plek waar Ek my Naam wil laat uitroep, sal Ek na julle toe kom en julle seën.” Jesus se woorde in Matteus 5:17: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Kolossense 2:8-9: “8Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. 9In Hom is die volle wese van God beliggaam,” Openbaring 5:7: “Op die dag wanneer die sewende engel op sy trompet gaan blaas, sal God se verborge bedoeling met alles bereik word, soos Hy die blye tyding aan sy dienaars, die profete, bekend gemaak het.” Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

7 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Soewereine God Sy Naam is Yehovah – Here Die Wese van God en die laaste trompet wat gaan blaas Die Prototipes Melgisedek Hebreërs 7:1-3: “1Melgisedek was koning van Salem en priester van God die Allerhoogste. Dit is Melgisedek wat vir Abraham tegemoet gegaan en hom geseën het toe Abraham op pad terug was nadat hy die konings verslaan het, 2en dit is ook aan hom dat Abraham ‘n tiende van die oorlogsbuit gegee het. In die eerste plek, sy naam Melgisedek beteken: koning van vrede. 3Niks bekend omtrent sy vader en moeder of sy afstamming of die begin en die einde van sy lewe nie. Hy is soos die Seun van God en hy bly priester vir altyd.” Josef Verwerp deur sy eie mense. Tree as verlosser op vir sy volk. Moses Deuteronomium 18: “18Ek sal ‘n profeet vir hulle na vore laat kom, een van hulle volksgenote. Hy sal soos jy (Moses) wees. Ek sal My woorde in sy mond gee, en hy sal vir sy volksgenote alles sê wat Ek hom beveel. 19Ek sal self rekenskap eis van elkeen wat nie gehoorsaam is aan my woorde wat die profeet in my Naam sê nie.” Josua Die naam Josua is ook ‘n Hebreeuse verwerking van dieselfde naam Jesus. Dit verwys na die Verlosser wat Sy volk in die verloste land inlei. Dawid Die koning van Israel. Jesus gebore uit die koningshuis van David as Koning van die heelal. Dienaars van die Here. Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

8 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Soewereine God Sy Naam is Yehovah – Here Die Wese van God en die laaste trompet wat gaan blaas Prototipes – Melgisedek - Dienaars van die Here – Die Messias Die Hoëpriester Gedurende die tyd wat David Jerusalem verower het. Psalm 110:4: “Die Here het ‘n eed afgelê en Hy sal dit nie herroep nie: “Jy sal altyd priester wees in die priesterorde van Melgisedek.” Psalm 110:1: “Die Here het vir my heer die koning gesê: ‘Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.’” Hebreërs 10:12-13: “12Maar Jesus Christus het een offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. 13Nou wag Hy daar totdat Sy vyande aan Hom onderwerp is.” Hebreërs 7 :17: Daar word van Jesus gesê: ”Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek ”.   Hebreërs 4 :14-16: “14Terwyl ons dan nou ‘n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. 16Kom ons gaan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en op die regte tyd gered kan word.” Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

9 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Soewereine God Sy Naam is Yehovah – Here Die Wese van God en die laaste trompet wat gaan blaas Prototipes – Melgisedek - Dienaars van die Here – Die Messias Die Hoëpriester – Die Genadetroon van God Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Een Soewereine God Vir meer inligting:

10 Soewereine Verlosser Een Soewereine Verlosser Een Soewereine God
Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

11 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Die Naam van God Jesus koppel Hom aan die Vader: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Shem – Naam – eienskappe van persoon, seun van Noag en bloedlyn van die Israeliete – Messias Wonderlik – kan nie verstaan nie “Toe het God gesê: ‘Kom Ons (Vader, Seun en Heilige Gees) maak die mens as Ons verteenwoordiger, Ons beeld……” Johannes 14:9 Jesaja 9:6; 28:29 Genesis 1:26 1) Jesus (Grieks) vanaf Hebreeus Jehoshua – Saligmaker - Yahweh Afkorting - Y’shua – Dit is al wat ons Hom kan noem Matteus 1:21 2) Christus Grieks Christos – Massiach (Hebreeus) HaMassiach – die Messias Jehoshua HaMassiach 3) Y’shua ben Abraham- Seun van Abraham Die beloofde seun Matteus 1 4) Y’shua ben David – Seun van David Koning Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

12 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes Die nageslag van Abraham (Die volk tot redding van alle nasies) en die land Kanaän (Israel) Genesis 17:7-8:”7Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is ‘n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. 8Ek gee aan jou en jou nageslag die land waar jy as vreemdeling woon, die hele Kanaän, as ‘n blywende besitting, en Ek sal hulle God wees.” Moses By Sinai (Horeb): Eksodus 19:5-6:”5-6As julle My gehoorsaam en aan julle aan My verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, ‘n koninkryk wat My as priesters dien, en ‘n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My. Dit is wat jy aan die Israeliete moet vertel.” ook by Moab in Deuteronomium 29:1net voor hulle die beloofde land sou inneem, die volk moes die bepalings en voorskrifte van die verbond gehoorsaam (sien Deuteronomium 30:17-18), Jesus se woorde in Johannes 5:46: “As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe.” Nageslag van Dawid Jesaja 9:5-6: “5Want ‘n Kind is vir ons gebore……6tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen (53 vertaling).” Jesaja 11:10: “In die tyd sal iemand uit die geslag van Isai ‘n vaandel wees vir die volke. Die nasies sal na hom vra, en sy woonplek sal hoë aansien geniet.” Die nageslag van Dawid: 2 Samuel 22:51. Sien ook Jesaja 11:1-2 2 Samuel 7 en ook die verbond Levitikus 26:12 Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

13 Soewereine Verlosser Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes (vervolg) Die verbond met Dawid - profeties die Messias. 2 Samuel 23:3-5 (Die Rots van Israel praat met Dawid) Keiser Augustus se sensus het veroorsaak dat ons vandag kan weet dat Jesus wel uit die stam van Dawid gebore is. Lukas 2:1-4. Dit is ook geprofeteer dat die Messias uit die stam van Dawid gebore sou word, sien Jesaja 11:1; Jeremia 33:15; Esegiël 37:24 en Hosea 3:5 Die Dawidshuis sal die troon behou net solank hulle soos Dawid aan die Here getrou bly. Die konings het nie hierdie voorbeeld nagevolg nie en die koningskap het tot 'n einde gekom. 'n Verhouding kan net bestaan indien daar getrouheid is. Sien ook Jeremia 23:5-6 en 33:15-16 waar die Messias op die troon sal sit uit die koningskap van Dawid. Toe Dawid koning word, het hy Jerusalem (wat toe ’n Jebusitiese stad was) verower, dit sy hoofstad gemaak en ook die heiligdom daarheen verskuif. Daardeur het hy, soos Melgisedek, sowel staatkundig as godsdienstig die leiding geneem. Daarby bestaan daar heelwat parallelle tussen Dawid en Abram. Op hierdie manier kon hy die lojaliteit van sowel Israeliete as die Jebusiete behou. Geen wonder nie dat Genesis 14 mettertyd ’n belangrike funksie begin vervul het. Die feit dat dit via Psalm 110 ook in die Nuwe Testament op Jesus as die Priester Koning toegepas is, beklemtoon die belangrikheid van die gebeurtenis vir die nageslagte. Psalm 110:1: "Die Here het vir my heer die koning gesê: ‘Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.’" Vergelyk met Matteus 22:44; 26:64; Markus 12:36; 14:62; Lukas 20:42-43; Handelinge 2:34-35; Hebreërs 1:13: "Van watter engel het Hy ooit gesê: ‘Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het"? Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

14 Soewereine Verlosser Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes (vervolg) Jesaja 9:5-6: “5Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee, Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. 6Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal die koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.” Openbaring 5:5: “Toe sê een van die ouderlinge vir my: ‘Moenie huil nie. Kyk die Leeu uit die stam van Juda, die afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.’” Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

15 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers Brandoffer Levitikus 1:3-17, 6:8-13 – Versoening Graan offer Levitikus 2:1-16, 6: Toewyding/afsonder, Christus was ten volle toegewy aan die Vader se wil Maaltydoffer (Peace) Levitikus 3:1-17, 7:11-36 – Versoening. Christus was in vrede met God Sondeoffer Levitikus 4:1-5:13, 6:24-30 – Plaasvervangende Christus se versoeningsdood Skuldoffer Levitikus 5:14-6:7, 7:1-10 – Skuldbelydenis, Christus het al ons sondeskuld betaal vir ons verlossings Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

16 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers (vervolg) Brandoffer Levitikus 1:3-17, 6:8-13 – Versoening Graan offer Levitikus 2:1-16, 6: Toewyding/afsonder, Christus was ten volle toegewy aan die Vader se wil Maaltydoffer (Peace) Levitikus 3:1-17, 7:11-36 – Versoening. Christus was in vrede met God Sondeoffer Levitikus 4:1-5:13, 6:24-30 – Plaasvervangende Christus se versoeningsdood Skuldoffer Levitikus 5:14-6:7, 7:1-10 – Skuldbelydenis, Christus het al ons sondeskuld betaal vir ons verlossings Levitikus 2:1-16: “1Wanneer iemand vir die Here ‘n graanoffer wil aanbied, kan hy meel aanbied. Hy gooi daar olie oor en sit wierook bo-op (BROOD)….” Eksodus 12:8: “Nog dieselfde dag (Nisan 14, Paasfees) moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.” Jesus se instelling van die Nagmaal: Lukas 22:19: “Toe neem Hy die brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is My liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot My gedagtenis.” Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

17 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers (Vervolg) Brandoffer Levitikus 1:3-17, 6:8-13 – Versoening Graan offer Levitikus 2:1-16, 6: Toewyding/afsonder, Christus was ten volle toegewy aan die Vader se wil Maaltydoffer (Peace) Levitikus 3:1-17, 7:11-36 – Versoening. Christus was in vrede met God Sondeoffer Levitikus 4:1-5:13, 6:24-30 – Plaasvervangende Christus se versoeningsdood Skuldoffer Levitikus 5:14-6:7, 7:1-10 – Skuldbelydenis, Christus het al ons sondeskuld betaal vir ons verlossings Levitikus 5:14-15: “14Die Here het vir Moses gesê: 15’Wanneer iemand sonder opset troueloos handel en teen die heilige dinge van die Here sondig, bring hy vir die Here as skuldoffer ‘n ram sonder liggaamsgebrek uit die kleinveetrop.’” Eksodus 12: “Julle moet van die bloed smeer aan die sykante en die bokant van die deurkosyn van elke huis waar julle die lam gaan eet. (Paasfees)” Jesus se instelling van die Nagmaal: Lukas 22:20: “Met die beker na die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: ‘Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur My bloed, wat vir julle vergiet word.’” Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

18 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers (Vervolg) Openbaring 19:6-7 “6Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ‘n groot menigte, soos die gedruis van ‘n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep: ‘Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning. 7Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en Sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.’” Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

19 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers – die Tempeldiens – die Lam – die Bruilof Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Die Feeste Fees Verwysing na Christus Paasfees Nisan 14 (Maart/April) Dood van Christus 1 Korintiërs 5:7 * Ongesuurde Brood Nisan (Maart/April) Sondeloosheid van Christus 1 Korintiërs 5:8 Eerste Vrugte Nisan 16 of Sivan 6 (17) (Maart/April) Opstanding van Christus uit die dood 1 Korintiërs 15:23 * Pinkster (Fees van Weke) Sivan 6 (Mei/Junie) Uitstorting van die Gees van Christus Handelinge 1:5; 2:4 Trompette (Rosh Hashanah) Tishri 1,2 (September/Oktober) Israel se terugkeer deur Christus Matteus 24:31 Verootmoediging (Versoendag) Tishri 10 (September/Oktober) Versoeningsdood van Christus Romeine 11:26 * Tabernakels Tishri (September/Oktober) Rus en hereniging met Christus Sagaria 14:16-19 * Die drie hoof feeste waarvan die mans van Israel na die tempel in Jerusalem moes gaan (Eksodus 23:14-19) Vir meer inligting:

20 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers – die Tempeldiens – die Lam – die Bruilof Die Feeste – Die Lam – Die Bruilof Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Die Messias Die Lam van God: Johannes 1:29: “Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: ‘Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!’” Die Gesalfde: Johannes 12:1-8 “1Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. 2Daar het hulle vir Jesus ‘n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een van dié wat saam met Hom aan tafel was. 3Toe het Maria ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en Sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie……..7Toe sê Jesus: ‘Laat staan haar. Sy moes dit hou vir hierdie dag om My te salf vir My begrafnis. 8Die armes het julle nog altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.’” Die Messias – Seun van God: Johannes 14:9-11 “9En Jesus sê vir hom: ‘Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? 10Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. 11Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.” Vir meer inligting:

21 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers – die Tempeldiens – die Lam – die Bruilof Die Feeste – Die Lam – Die Bruilof Outentiek die Messias – Seun van God Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Strome Lewende Waters By die rots op Horeb: Eksodus 17:5-6: “5Toe sê die Here vir Moses: ‘Loop voor die volk verby en neem van die leiers van Israel saam. Vat ook die kierie waarmee jy op die Nyl se water geslaan het, en stap vooruit. 6Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink.’ Moses het toe gedoen voor die oë van die leiers van Israel.” Die stroom uit die heiligdom: Esegiël 47:1-12: “1Die man met die meetstok het my teruggebring na die ingang van die tempel toe. Toe sien ek daar kom water onder die tempel se drumpel uit aan die oostekant. Die tempel het oos gekyk…..9Waar die stroom ook kom, sal dit wemel van al die soorte diere en sal daar baie vir wees. Die water loop af na die Dooie See toe en sal die see vars maak. Waar die stroom kom, sal alles lewe.” Jesus voorsien die Water van lewe. Dink ook wat Hy aan die Samaritaanse vrou gesê Johannes 4:14: “Maar wie van die water gedrink het wat El hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Huttefees: Johannes 7:37-38: “37Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: ‘As iemand dors het, laat hy na my toe kom en drink! 38Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.’” Sien Openbaring 22:1-3: “1Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies. 3Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die Troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en Sy dienaars sal Hom dien.” Vir meer inligting:

22 Een Soewereine Verlosser
Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers – die Tempeldiens – die Lam – die Bruilof Die Feeste – Die Lam – Die Bruilof Outentiek die Messias – Seun van God Lewende Waters – Die Ewige Lewe Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Een Soewereine Verlosser Vir meer inligting:

23 Soewereine en Teïstiese God
Een Soewereine Teïstiese God Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

24 Soewereine en Teïstiese God
Die Engel van die Here – Die Aangesig van God Wie is die Engel van die Here? Maleagi 3:1-2 (53 vertaling): “1Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare. 2Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.” Wie het aan Abram verskyn?: Genesis 17:1: “Toe Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.” Die Lam sélf keer dat Isak geoffer word: Genesis 22:10-12: “10Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag, 11roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: ‘Abraham, Abraham!’ Hy het geantwoord: ‘Hier is ek!’ 12Toe sê God: ‘Los jou Seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.’” Wie het Jakob gesien? Genesis 32:29-30 (53 vertaling): “29Toe sê Jakob: ‘Sê tog jou naam,’ en die man vra: ‘Waarom vra jy my naam?’ Hy het vir Jakob net daar geseën, 30en Jakob het die plek Pniël genoem, ‘want,’ het hy gesê, ‘ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.” Wie het aan Moses verskyn in die brandende doringbos? Eksodus 3:2-4: “Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in ‘n vlam binne-in ‘n doringbos………4Toe die Here sien dat hy nader kom om te kyk, roep God na hom uit die doringbos: ‘Moses! Moses!’” Let op in vers 1 dat hierdie gebeurtenis by Horeb (Sinai) plaasgevind het. Wie het saam met die Israeliete in ‘n wolkkolom getrek? Eksodus 14:19: “Die Engel van God wat altyd voor die Israeliete uit beweeg het terwyl hulle getrek het, het nou agter hulle plek ingeneem. Ook die wolkkolom wat voor hulle was, het agter hulle ingeskuif.” Wie het telkens met Moses gepraat? Numeri 12:4-8: “4Die Here het onmiddellik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: ‘Gaan julle aldrie na die tent van ontmoeting toe!’ En hulle drie het gegaan. 5Die Here het toe in ‘n wolk afgekom, by die ingang van die tent gaan staan en Aäron en Mirjam nader geroep……….7Maar met my dienaar Moses is dit anders. Hy is die betroubaarste in my diens. 8Met hóm praat Ek direk en persoonlik, nie in raaisels nie. Hy sien selfs die gestalte van die Here…” Die Bevelvoerder van die leër van die Here: Josua 5:13-15 Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

25 Soewereine en Teïstiese God
Die Engel van die Here – Die Aangesig van God (Vervolg) Wie verskyn aan Simson se ma in Rigters 13:2-5: “2Daar was ‘n man uit Sora uit die stam van Dan. Sy naam was Manoag. Sy vrou was kinderloos. 3Die Engel van die Here het aan haar verskyn en vir haar gesê: ‘Jy is nou kinderloos, maar jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring. 4Jy moet jouself goed oppas en nie wyn of bier drink nie en ook nie iets onreins eet nie. 5Trouens, jy is reeds swanger en jy sal ‘n seun in die wêreld bring. Sy hare mag nie geskeer word nie, want die kind sal van sy geboorte af aan God gewy wees. Hy sal die Israeliete begin red uit die mag van die Filistyne.’” (Engel van Here gee dieselfde boodskap aan Abraham en Sarai Genesis 17:19). Matteus 1:19-20: “19Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.” Waar is die Engel van die Here, hoekom het die Messias nie Self die boodskap gebring soos in die ander gevalle nie? Matteus 1:18: “…..Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom.” Die aangesig van die Here op aarde: Jesaja 63:9 (53 vertaling): “In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.” Paulus verduidelik in Kolossense 1:15-16: “15Die Seun is die Beeld van God, van God wat nie self gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. 16God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.” Hoe gaan die Messias terugkeer na die aarde: Matteus 24:30-31: “30Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. 31Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy engele uitstuur om Sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af.” Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

26 Soewereine en Teïstiese God
Die Engel van die Here – Die Aangesig van God Die Ewige met die natuurlike versoen deur die Messias Johannes 17 :5 en 17 :24 wys dat Jesus voor die skepping alreeds daar was, Jesus se eie woorde lei as volg : (17 :5) "Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het. " en (17 :24) "’Vader Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld al liefgehad het." Die verheerliking op die berg: Matteus 17:2-8: “2Daar het Sy voorkoms voor hulle oë verander: Sy gesig het begins straal soos die son, en Sy klere het wit geword soos die lig. 3Skielik het Moses en Elia aan hulle verskyn en met Jesus gepraat. 4Toe sê Petrus vir Jesus: ‘Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, sal ek hier drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.’ 5Terwyl hy nog praat, het ‘n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en ‘n stem uit die wolk het gesê: ‘Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.’ 6Toe Sy dissipels dit hoor, het hulle baie bang geword en op die grond neergeval. 7Maar Jesus het na hulle toe gekom, hulle aangeraak en gesê: ‘Staan op en moenie bang wees nie.’ 8Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, net Jesus alleen.” Sien ook Markus 9:2-8 en Lukas 9:28-36. Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

27 Soewereine en Teïstiese God
Die Engel van die Here – Die Aangesig van God Die Ewige met die natuurlike versoen deur die Messias Alle eer kom die Here toe Jesaja 42:8: “Ek is die Here, dit is my Naam, die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie, die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie.” 1 Konings 8:28-30: “28Hoor tog, Here my God, die gebed van U dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat U dienaar vandag tot U rig. 29Hou hierdie tempel dag en nag onder U sorg, die plek waarvan U gesê het dat U u Naam wil vestig, sodat U die gebed kan hoor wat ‘n dienaar van U na hierdie plek toe bid. 30Hoor tog die smeekbedes van u dienaar en u volk Israel wat hulle na hierdie plek toe bid, hoor dit tog uit U hemelse woonplek, en wanneer U dit hoor, vergewe tog!” Die Naam (Johannes 17) reinig die Tempel waar die Here se Naam (2 Konings 23:27) is. Wat is ware liefde – kragtelose sout (Lukas 14:34-35) Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

28 Soewereine en Teïstiese God
Die Engel van die Here – Die Aangesig van God Die Ewige met die natuurlike versoen deur die Messias Alle eer kom die Here toe Een Soewereine Teïstiese God Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

29 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Die Woord van een God Die Woord van een God Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

30 Die Woord van een God Een Soewereine God
Eenheid in die Woord van God – Een Outeur Rots 1 Samuel 2:2; 2 Samuel 23:3; Deuteronomium 32:4,15,18,30,31; Psalm 19:15 Die Klip in Jerusalem. Jesaja 28:16 Jesaja 44:8 Jesaja 8:14-15:"14Hy sal vir julle ‘n veilige beskutting wees, maar vir die twee koninkryke Juda en Israel sal Hy ‘n klip wees waarteen ‘n mens jou stamp, ‘n rots waaroor jy struikel. Vir die inwoners van Jerusalem sal Hy ‘n vangnet en ‘n strik wees. 15Baie van hulle sal struikel en val, verstrik en gevang word ; hulle sal verpletter word." Sien Romeine 9:32-33: "32Waarom kon hulle nie die vryspraak kry nie? Omdat hulle nie op die geloof wou bou nie, maar op hulle eie prestasies. Hulle het oor die struikelblok gestruikel 33waarvan daar geskrywe staan : "Kyk, Ek sit in Sion ‘n klip neer waaroor ‘n mens struikel, ‘n rots waarteen jy jou stamp, maar wie in Hom glo, sal nie teleurgestel word nie." (24, p965) Markus 12:10 Loot Jesus die Loot wat die Tempel gaan herbou, kan dit koppel aan Eerste vrugte Jesua (Israel) Sagaria 3 en ook die Loot wat later Jesus is. Sien ook Jeremia 23:5; Eksodus 28:36; 39:30 Die Wingerdstok Jesaja 18:5 en Jesus wat sê Hy is die ware Wingerdstok Johannes 15:1-2 Jeremia 8:13, Johannes 15:1, Markus 12:7, Hebreers 1:2; Jeremia 12:10 Die Wingerdstok: Jesaja 4:2 en Johannes 15:1 Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

31 Die Woord van een God Een Soewereine God
Eenheid in die Woord van God – Een Outeur (Vervolg) Die Bruidegom Die Ou Testament identifiseer God duidelik as die bruidegom soos byvoorbeeld in Jesaja 62:5: “Soos ‘n jong man met ‘n meisie trou, so sal jou volk jou syne maak en vir jou sorg. Soos ‘n bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God oor jou bly wees.” (Sien ook Hosea 2:15-16) (22, Psalm 19:6 (ongeveer 1000 v.C.) “As hy stralend begin om sy baan te volg, is hy soos ‘n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.” Hosea 2:15 (ongeveer 722 v.C.) “Dié dag, sê die Here, sal jy vir My sê ‘My man (bruidegom),’ en My nie meer as ‘n Baäl beskou nie.” Jeremia 2:2, Jesaja 54:5 en Esegiël 16:8, 14 Jesus verwys na Homself as die “bruidegom” op verskeie plekke soos in Markus 2:19: “Jesus antwoord hulle: ‘Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? Nee, solank hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.’” (Sien ook Matteus 9:15; 25:1; Lukas 5:34-35) Jesus se Eie woorde waarin Hy na Homself verwys soos in Lukas 5:34 “Toe sê Jesus vir hulle: ‘Kan julle dan die bruilofsgaste laat vas terwyl die bruidegom by hulle is?’” Johannes 16:20-22 Die finale bruilof wat in Openbaring 19:7-9 geprofeteer is “7’Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. 8God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.’ Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges. 9Toe sê die engel vir my: ‘Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.’” Die Bruid Esegiël 16:5-7 Jeremia 2:2; 3:1; 3:6-7; 3:20-21 Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

32 Die Woord van een God Een Soewereine God
Eenheid in die Woord van God – Een Outeur (Vervolg) Die Goeie Herder Herder wat skape oppas: Jeremia 31:10 Jesaja 40:11 Die goeie Herder: Johannes 10 Laat My skape wei. Johannes 21:15-18 Een Liggaam een Doop Een liggaam en een doop, sien Efesiërs 4:4-11. Die Seun van God Psalm 2:7; Psalm 2:12; Spreuke 30:4 (veral 53 vertaling); Jesaja 9:5 Hoekom is dit so belangrik om te glo dat Jesus die Seun van God is? Lees Johannes 3:36 Die Seun van die Mens Daniël 7:13-14: “13My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ‘n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. 14Aan die menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie.” Markus 8:31 Lukas 19:10 Dienaar van die Here Moses: Josua 1:1 Dawid: 2 Konings 20:6 Die Here gee/is lig Johannes 8:12 Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

33 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Die Woord van een God Eenheid in die Woord van God – Een Outeur Die Dienskneg van God – die Seun van God – Die Seun van die mens Meer as 330 Messiaanse profesieë in vervulling gekom Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

34 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Die Woord van een God Eenheid in die Woord van God – Een Outeur Die Dienskneg van God – die Seun van God – Die Seun van die mens - Profesieë Die Naam, Aangesig en Woord van God het mens geword en is steeds Immanuel Johannes 1:1: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.” Johannes 1:14: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het Sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” In Johannes 14:21 sê Jesus self as volg: “Wie My opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” Die Fees van Weke - Pinkster Esegiël 1:4: “Ek het ‘n lig gesien. Daar het ‘n storm uit die noorde gekom, ‘n groot wolk. Vlamme het heen en weer geflits en daar was ‘n helder skynsel om die wolk. Van binne uit, uit die vuur uit, het dit geblink soos gloeiende blink metaal.” Esegiël 3:12: “Die Gees het my opgetel, en toe hoor ek agter my die gedreun van ‘n groot aardbewing en ‘n stem: ‘Die hemel self moet die magtige verskyning van die Here loof!’” Habakuk 3:3-5:”3God kom van Teman af, die Heilige kom van Paranberg af. Sela. Die hemelruim is vol van Sy majesteit, die aarde vol van Sy roem. 4Hy kom met die glans van die lig, weerligte blits uit Sy hand, Sy hand so vol mag. 5Voor Hom uit gaan die pes, in Sy voetstappe volg die dood.” Handelinge 2:2-4: “2Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder Sy leiding te doen.” Jesaja 7:14: "Die Here sal daarom self vir julle ‘n teken gee: ‘n Jong vrou sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem. " Immanuel beteken: "God is by ons." (Ongeveer voor Christus) Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

35 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Die Woord van een God Eenheid in die Woord van God – Een Outeur Die Dienskneg van God – die Seun van God – Die Seun van die mens - Profesieë Die Naam, Aangesig en Woord van God het mens geword en is steeds Immanuel Die Heilige Gees wat God deur Sy geskrewe Woord openbaar, openbaar ook God deur die Woord wat vlees geword het, Jesus van Nasaret. (Derek Prince, 6, p35) Die Woord van een God Immanuel Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Vir meer inligting:

36 Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God
Soewereine God Een Soewereine God Een Soewereine Verlosser Een Soewereine Teïstiese God Die Woord van een God Sy Naam is Yehovah – Here Die Wese van God en die laaste trompet wat gaan blaas Prototipes – Melgisedek - Dienaars van die Here – Die Messias Die Hoëpriester – Die Genadetroon van God Jesus deel van die Drie-Eenheid van God – Seun van God, maar ook Seun van die mens (Abraham en Dawid) Die Geloftes - Die Messias, uit die stam van Juda, Jesus Christus. Die Offers – die Tempeldiens – die Lam – die Bruilof Die Feeste – Die Lam – Die Bruilof Outentiek die Messias – Seun van God Lewende Waters – Die Ewige Lewe Die Engel van die Here – Die Aangesig van God Die Ewige met die natuurlike versoen deur die Messias Alle eer kom die Here toe Eenheid in die Woord van God – Een Outeur Die Dienskneg van God – die Seun van God – Die Seun van die mens - Profesieë Die Naam, Aangesig en Woord van God het mens geword en is steeds Immanuel Vir meer inligting:

37 Ten spyte van die Here se betrokkenheid en openbaring: Sonde van die mens
Jeremia 7:1-8:3 Koningin van die hemel (Madonna) 2 Konings 23:4-27 Ontheilig die Tempel Offer kinders Baälgodsdiens Waar bring sonde ons? Goddelooshied - Liefdeloosheid Vir meer inligting:

38 Waarom hierdie tema? ‘n Apologetiese benadering
Sumeriaanse geskrifte Die vraag: “Hoe kan ‘n God van liefde so wreed wees soos beskryf in die Ou Testament?” Die bewering: “Ag, daar is ‘n ‘goue lyn’ in alle gelowe” Die vraag: “Hoe kan die Christen so ingevoelig wees deur nie ander se geloof te respekteer nie?” Die bewering: “Die Ou Testament is slegs sprokies verhale. Dit is nie werklike gebeure nie.” Die bewering: “Die Koran bevat ook karakters van die Ou Testament. Wat maak die Bybel so uniek?” Vir meer inligting:


Download ppt "Is die God van die Ou Testament ook die God van die Nuwe Testament"

Verwante presentaties


Ads door Google