Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
1
SENUWEEWORTELPYN
2
Uitkomste tipiese senuweewortelpyn.
Moet vertroud wees met die patologie van ‘n tipiese senuweewortelpyn. Moet vertroud wees met die oorsake van senuweewortel simptome. Moet vertroud wees met die kliniese beeld van ‘n senuweewortel irritasie, senuweewortel drukking, drukking op die spinaalkoord en drukking op die cauda equina. Moet vertroud wees met die kenmerkende eienskappe van senuweewortelpyn.
3
Uitkomste fisioterapeutiese behandelings protokol vir ‘n
Moet vertroud wees met die algemeenste fisioterapeutiese behandelings protokol vir ‘n pasiënt met tipiese erge senuweewortelpyn. pasiënt met servikale, lumbale, kroniese en intermitterende senuweewortelpyn. Moet vertroud wees met die kliniese beeld van ‘n tipiese pasiënt met senuweewortelpyn.
4
Uitkomste spiere wat senuweewortel simptome kan simuleer.
Moet vertroud wees met die diep spinale spiere wat senuweewortel simptome kan simuleer.
5
Senuweewortelpyn Die pyn kom nie vanaf die senuwee self nie,
Druk van die senuweewortel veroorsaak pyn Die pyn kom nie vanaf die senuwee self nie, maar ontstaan a.g.v veneuse stuwing Eerste teken is naalde en spelde in distale gedeelte van die geaffekteerde dermatoom Die pyn verskerp en arteriële bloedsomloop word ingekort Senuwee se geleiding staak en daar ontstaan tekens van senuwee uitval
7
Graad van aantasting Tydsduur van die abnormale drukking (hoe langer –
Sterkte van die aanvanklike prikkel Tydsduur van die abnormale drukking (hoe langer – hoe erger)
8
Oorsake Diskus uitstulping Osteofiete Traksie-besering
Diskusprolaps Diskus uitstulping Osteofiete Traksie-besering Swelling in die intervertebrale kanaal of foramen Laks ligamentum flavum Hipertrofeerde kapsel
9
Oorsake Adhesies Diep geleë spierspasma / snellerpunte
Stenose Adhesies Diep geleë spierspasma / snellerpunte Onstabiliteit van die bewegingsegment
10
Senuweewortel-irritasie
Verhoogde reflekse Paraestesie / abnormale sensasie
11
Senuweewortel-drukking
Verlaagde reflekse Verminderde of geen sensasie Spierswakheid – langtermyn spieratrofie
12
Drukking op spinaalkoord
Loopversteurings / lompheid Bilaterale naalde en spelde Blaas wanfunksie Verhoogde reflekse onder die vlak van die letsel + klonus + Babinski
13
Drukking op Cauda Equina
Saalanaestesie Uriene-retensie
14
Kenmerke van senuweewortel pyn
Area Aard Beweging Deformiteite
15
Area of Oorheers die distale gedeelte van die dermatoom
Goed gedefinieerd dwarsdeur die dermatoom of Oorheers die distale gedeelte van die dermatoom Kan in streke van die dermatoom wees
16
Aard verduur, soms totale verlies van vermoëns
Erge pyn – pasiënt lyk asof hy baie pyn verduur, soms totale verlies van vermoëns Pyn mag latent wees, dikwels golwend van aard en bou op Soms ‘n skerp, skiet pyn wat totaal verlam In akute fase is pyn konstant en erg In subakute en kroniese fase is pyn intermitterend
17
Latente pyn Erger aan die einde van die dag
Vererger na aktiwiteite Erger aan die einde van die dag Vererger tydens volgehoue posisies
18
Cloward Area’s na die mediale grens van die skapula met
Dreigende senuweewortelpyn van C7 verwys na die mediale grens van die skapula met servikale bewegings S1 verwys diep na die mediale boud
19
Beweging of distale pyn of latente pyn veroorsaak in die
By ondersoek sal gevind word dat bewegings of distale pyn of latente pyn veroorsaak in die distale segment Hoe meer distale pyn veroorsaak word, hoe versigtiger moet die pasiënt hanteer word
20
Deformiteite Pasiënt staan op een been met die
Beskermende deformiteit kom voor Pasiënt staan op een been met die teenoorgestelde been gebuig en tone wat rus op die grond
21
Algemene behandeling behandel Pasiënte reageer stadig
Erge senuweewortelpyn is moeilik om te behandel Pasiënte reageer stadig Pyn neem lank om te verdwyn Duur ongeveer 2 weke voor verbeterings gemerk word
22
Erge senuweewortelpyn
Hospitaal of buitepasiënt traksie Neurologiese ondersoek is ‘n ABSOLUTE VOORVEREISTE vir traksie Met traksie moet onder geen omstandighede onmiddelike TOTALE verligting verkry word nie Totale verligting kan oor ‘n erge verskerping veroorsaak Traksie neem ongeveer 4 dae om ‘n effek te toon en effek kan aanvanklik minimaal wees Palpasie tegnieke is ‘n kontra-indikasie
23
Erge senuweewortelpyn
Sodra simptome verbeter het kan mobilisasie tegnieke nl Gr IV- by die traksie gevoeg word Word daagliks vir 3 weke behandel Daarna intermitterend vir tot 6 weke Behandeling word gewoonlik gestaak na 85% beterskap Indien plato bereik word na 2 weke moet behandeling gestaak word – slegs behandelingspyn moet nog verdwyn
24
Spesifieke behandeling
Servikale wortelpyn Neurologiese evaluering Konstante traksie Kraag as stuk om beweging te beperk – speen so gou mooontlik Advies oor slaapposisie (midposisie) Later rotasie en longitudinaal In geval van OA voeg sentrale en unilaterale PA by
25
Spesifieke behandeling
Lumbale wortelpyn Neurologiese evaluering Volledige bedrus Konstante traksie Advies Later rotasie en direkte mobilisasie met OA Neem langer om te reageer op behandeling
26
Kroniese senuweewortelpyn
Geskiedenis van langdurige pyn in die rug en been Geen spesifieke insident
27
Kroniese senuweewortelpyn
Tekens Lang geskiedenis Stadige progressie Redelike stabiele toestand Simptome varieer baie min Aktiwiteite maak min verskil aan die pyn
28
Kroniese senuweewortelpyn
Objektief Soms geen vergelykbare teken Maak gebruik van differensiasie toetse Beweging aan einde van omvang veroorsaak soms lokale rugpyn Geen latente pyn Volgehoue posisies (veral kwadrant) soms positief
29
Kroniese senuweewortelpyn
Behandeling Behandel deur sterk tegnieke Voeg daagliks een tegniek by Traksie en RBO Reageer min op traksie RBO werk goed Hanteer baie soos OA pasiënte
30
Kroniese senuweewortelpyn
Diep spinale spiere : m quadratus lumborum m serratus post inf m piriformis m quadratus femoris kan senuweewortelsimptome simuleer – gee altyd aandag aan hierdie spiere tydens behandeling
31
Intermitterende senuweewortelpyn
Pyn is dikwels slegs in een dermatoom Langtermyn probleem Lokale verdikking en drukteerheid van die interspineuse ligament Bewegings kom styf voor Vinnige aktiewe toetse en palpasie tegnieke reproduseer nie simptome nie
32
Intermitterende senuweewortelpyn
Behandeling Palpasie tegnieke aanvanklik Snellerpunte Neurale mobilisasie Dwarsfriksies Ultraklank om verdikte ligament te behandel “Dry needling”
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.