De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

JESUS SE BOODSKAPPE AAN DIE SEWE KERKE

Verwante presentaties


Presentatie over: "JESUS SE BOODSKAPPE AAN DIE SEWE KERKE"— Transcript van de presentatie:

1 JESUS SE BOODSKAPPE AAN DIE SEWE KERKE
Les 3 vir 19 Januarie 2019

2 Elk van die boodskappe is as volg gestruktureer: ÉFESE LAODICENSE
Dit is wonderlik hoe God die eienskappe van sewe spesifieke kerke in Asië gebruik het (daar was baie kerke) om die toekomstige geskiedenis van die Kerk aan te dui. Die boodskappe word volgens die Joodse styl gepaar: die eerste met die sewende, die tweede met die sesde, die derde met die vyfde en die vierde is dubbel in uitbreiding (wat die donkerste tydperk in die kerk se geskiedenis uitbeeld) Elk van die boodskappe is as volg gestruktureer: ÉFESE LAODICENSE SMIRNA FILADELFÍA PÉRGAMUS SARDIS THIATÍRE Jesus word bekendgestel Die kerk is beoordeel Sterkpunte Swakhede Raad Oproep en belofte (*) (*) Die eerste drie kerke het (1) 'n oproep om te luister en (2) 'n belofte. Die laaste vier kerke het (1) 'n belofte, en (2) 'n oproep om te luister.

3 DIE GESKIEDENIS VAN DIE KERK WORD VOORGESTEL
ÉFESE 31 100 SMIRNA 323 PÉRGAMUS 538 THIATÍRE 1517 SARDIS 1798 FILADELFÍA 1844 LAODICENSE Tot Johannes se dood Tot Konstantyn se bekering Tot Justinianus die Pousdom sy politieke mag gee Tot Luther se Hervorming Tot die Pous gevange geneem is Tot die einde van die 2300 dae Tot die einde

4 SMIRNA “Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het:” (Openbaring 2:8) Die kerk in Smirna was die kerk van martelare. Elkeen wat geweier het om die keiser te aanbid, is gevange geneem en vermoor. Christene is vir 10 jaar lank ernstig vervolg ( nC), tussen Johannes se dood en die edik van Konstantyn, Diocletianus en Galerius. Jesus het nie enige swakheid in hierdie kerk spesifiseer nie. Hy het hulle 'n brokkie raad gegee wat Christene deur die eeue bemoedig het: “Vrees vir niks…Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.” (Openbaring 2:10)

5 “Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:” (Openbaring 2:12)
PÉRGAMUS “Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:” (Openbaring 2:12) Die lewende keiser is in 29 vC vir die eerste keer in Pérgamus aanbid. Die god Asklepios was ook daar aanbid. Christene moes aan die keiser wierook offer en betrokke wees by immorele rites as hulle wou deelneem aan kommersiële aktiwiteite. Sommige mense in die kerk het geleer dat dit aanvaarbaar was om deel te neem (Bileam en die Nikolaïete) Jesus gee hulle die geleentheid om hulle te bekeer. As hulle dit nie sou doen nie, sal hulle gestraf word deur die skerp swaard uit Sy mond. Die kerk se krag het doktrinaal en geestelik gedaal tussen die 4de en 6de eeu. Hulle benodig die Brood van die lewe ("die verborge manna") soos ons vandag.

6 “Dít sê die Seun van God wat oë het soos ‘n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper:” (Openbaring 2:18) THIATÍRE In Thiatíre moes ambagsmanne aan die rituele van heidense tempels deelneem om toegelaat te word tot handelsgilde. Die kerkleiers het Christene aangemoedig om te kompromitteer (hulle word "Jesebel" in Openbaring genoem). Gedurende die Middeleeue het die onopgeleide massas 'n groot godsdienstige vreugde gehad (2:19), maar die kerkleiers het die Christelike geloof verontreinig. In 538 nC het die Keiserryk hulle gesag gegee. Hulle het die voorbidding van Christus vervang met menslike voorbidding, en geleer dat verlossing deur werke gekoop of verkry kan word. Sommige mense het egter steeds na die waarheid gesoek en dit nagevolg (bv. Die Waldensiërs [2:24-25]). Die belofte vir diegene wat oorwin sal ware mag van Jesus Christus ontvang.

7 “Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: ‘Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.’” (Openbaring 3:1) SARDIS Sardis was as 'n veilige stad beskou, omdat dit op 'n onbereikbare heuwel gebou was. Om dié rede het sy nalatige inwoners nie oor die stad wag gehou nie. In 1517 het die Hervorming die waarheid weer verkondig. Ongelukkig het die hervormde kerk tussen 1565 en 1740 ontaard tot lewelose formalisme. Die Pelgrim Vaders het na Amerika gevlug om die vryheid wat hulle in Europa verloor het, te geniet. Jesus Christus moedig ons aan om te verhoed dat ons geestelike lewe bedreig word en om te waak en te groei. Hy vra ons om geestelike uitnemendheid na te streef en ons geloof rein te hou. Hy sal aan ons wit klere gee.

8 FILADELFÍA “Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:” (Openbaring 3:7) Filadelfía was 'n klein stad wat in 17 nC deur 'n aardbewing vernietig is. En deur Tiberius herbou is. Die Jode het die Christene daar geteister. 'n Globale godsdiens herlewing het teen die einde van die 18de eeu begin en tot die middel van die 19de eeu voortgeduur. Daar is geprofeteer dat die wederkoms van Christus die hoof onderwerp sou wees (3:10). Daar is geen berisping vir hierdie kerk nie, maar 'n "oop deur", 'n nuwe blik op die geestelike waarhede van die Hemelse Heiligdom. Ons word aangemoedig om te hou wat ons het. Jesus sal Sy karakter (Sy naam) in ons plaas, en ons sal vir ewig met Hom lewe.

9 LAODICENSE Geloof (1 Petrus 1:7) Goud
Redding en geregtigheid (Jesaja 61:10) Wit Klere Geestelike begrip (Efesiërs 1:17-18) Oogsalf “Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:” (Openbaring 3:14) Laodisense was ryk danksy die handel in hul kosbare swart wol, en Frigiese oogsalf. Daar was 'n warm bron naby die stad, in Hierapolis. Daardie water is deur 'n akwaduk na die die stad gevoer. Niks goed is oor hierdie kerk geskryf nie. Jesus ken ons persoonlike geestelike lewe en moedig ons aan om alles wat ons benodig by Hom te kry. Hy klop aanhoudend aan die deur van ons harte. As ons Hom inlaat en saam met Hom woon, sal ons saam met Hom op sy troon sit.

10 As jy oorwin, beloof Jesus dat…
Hy jou die vrug van die Boom van die lewe sal gee. Hy jou teen die tweede dood sal beskerm. Hy aan jou die verborge manna en 'n klein wit klippie met 'n nuwe naam op sal gee. Hy jou werke tot aan die einde sal bewaar. Hy jou die oggendster en mag oor die nasies sal gee. Jy geklee sal wees in wit klere, en jou naam nie uit die Boek van die Lewe verwyder sal word nie. Hy jou voor die Vader en die engele sal erken. Hy jou 'n pilaar in God se Heiligdom sal maak, en jy vir ewig by Hom sal wees. Die Naam van God sal op jou geskryf word. Jy saam met Hom op sy troon sal sit omdat Hy oorwin het.

11 “Die konflik duur steeds voort tussen die kinders van die lig en die kinders van die duisternis. Diegene wat die naam van Christus noem, moet die lusteloosheid afskud wat hul pogings verflou en die belangrike verantwoordelikhede nakom wat voor hul geplaas word. Almal wat dit doen, kan verwag dat die krag van God in hulle geopenbaar sal word. Die Seun van God, die wêreld se Verlosser, sal in hulle woorde en werke voorgestel word en so God se Naam verheerlik.” E.G.W. (The Sanctified Life, cp. 4, p. 41)


Download ppt "JESUS SE BOODSKAPPE AAN DIE SEWE KERKE"

Verwante presentaties


Ads door Google