Download de presentatie
De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub
GepubliceerdVictor Martini de Andrade Laatst gewijzigd meer dan 6 jaar geleden
1
STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin.
Sv1TOMPv2I Datum behandel:__________ STOMPI is ‘n Akroniem vir die basiese struktuur van ‘n Afrikaanse sin. Waarvoor staan die AKRONIEM?
2
S v1 T O M P v2 I Subject Onderwerp Verb 1 Gesegde 1 Time
Bepaling van Tyd Object O Voorwerp Manner M Bepaling van Wyse of Graad Place P Bepaling van Plek Verb 2 v2 Gesegde 2 Infinitive I Bepaling van Rede
3
Hoe identifiseer ek die dele van Sv1TOMPv2I in ‘n sin?
Net soos met Wiskunde is daar sekere formules wat gebruik kan word om sinne te ontleed. Dis nie meer net ‘n geval van óf jy verstaan dit óf jy verstaan dit nie. Die STOMPI-metode kan jou help om by die regte antwoord uit te kom of dit kan jou help om te toets of jou antwoord reg is.
4
DIE GOUE REËL VAN SINSONTLEDING OF S v1TOMPv2I:
Die EERSTE werkwoord kom altyd direk na die gedeelte waarmee ek my sin begin het. Bv.: Gister het ek die koerant gelees
5
Kyk of jy antwoorde kan gee vir die volgende vrae:
Hoe weet ek wat die onderwerp van ‘n sin is? Hoe identifiseer ek die gesegdes? Hoe onderskei ek tussen die verskillende bepalings? Wat is die verskil tussen ‘n onderwerp en ‘n voorwerp?
6
As jy STOMPI ken, is die vrae eenvoudig om te beantwoord!
Kom ons kyk na die verskillende dele van STOMPI op hul eie!
7
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
ubject: Onderwerp Staan gewoonlik eerste in die sin. Die onderwerp is dit waaroor die sin gaan. Die onderwerp is gewoonlik die WIE of die WAT. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
8
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
erb 1: Gesegde 1 Die eerste werkwoord in die sin. Teenwoordige tyd: Gewoonlik is die gesegde 1 die hoofwerkwoord van die sin. Daar kan ‘n tweede werkwoord wees as jy hulpwerkwoorde het en dan sal die tweede gesegde die hoofwerkwoord bevat. Verlede en toekomende tyd: die eerste werkwoord is altyd die hulpwerkwoorde in die twee tye. Verlede: HET, WOU, SOU, KON, MOES. Toekoms: SAL Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
9
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
ime: Bepaling van Tyd Gewoonlik enige aanduiding van tyd. Die TYD antwoord die WANNEER vraag. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
10
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
bject : Voorwerp Die voorwerp is dit op WIE en WAT die handeling uitgevoer word. Wat WERKWOORD die ONDERWERP? Die antwoord op bogenoemde vraag, is die voorwerp. Die onderwerp en die voorwerp lyk baie dieselfde, want hulle ruil plekke tydens lydende en bedrywende vorm. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
11
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
anner:Bepaling van Wyse Die wyse beantwoord die HOE-vraag. HOE word dit gedoen. Die wyse is ALTYD ‘n beskrywende woord. Die beskrywende woord kan in TRAPPE VAN VERGELYKING geplaas word. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
12
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
lace: Bepaling van Plek Die plek beantwoord die WAAR-vraag. Die plek bevat dikwels ‘n VOORSETSEL, die voorsetsel gee juis ‘n aanduiding van plek. Voorsetsels: IN, AAN, AGTER, BY, BO, LANGS, MET, NA, ONDER, OM, OOR, OP, TEEN, UIT, VOOR, ens. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
13
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
erb 2: Gesegde 2 Die tweede werkwoord in die sin. Die teenwoordige tyd het nie altyd ‘n tweede werkwoord nie. Die tweede werkwoord is die hoofwerkwoord in die verlede en die toekomende tyd. Die verlede tyd hoofwerkwoord het baie keer ‘n “ge” vooraan. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
14
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
nfinitief: Bepaling van Rede Die infinitief beantwoord die HOEKOM-vraag. Die infinitief is eintlik die maklikste om uit te ken. Alles van OM tot die einde van die sin is die infinitief. Die infinitief gee die rede vir dit wat in die sin gesê is. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
15
Hoe word ‘n sin ontleed op die Sv1TOMPv2I-manier?
16
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
Stap 1: Onderstreep die werkwoorde in die sin. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
17
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
Stap 2: Dit wat voor die eerste werkwoord staan is die meeste van die tyd die SUBJECT (onderwerp). Dit wat na die tweede werkwoord staan is die INFINITIEF (infinitief). ONTHOU: die Infinitief moet OM en/of TE bevat. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen. ONTHOU: die Subject/Onderwerp bevat óf ‘n lidwoord óf ‘n selfstandige naamwoord óf ‘n voornaamwoord.
18
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
Wanneer het die seun? Gister Wat het die seun geskop? Sy rugbybal Hoe het die seun geskop? Hard Waar het die seun geskop? Oor die pale
19
Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
Stap 3: Begin nou aan die begin van die sin en kyk watter gedeeltes van STOMPI is daar nog in die sin. ONTHOU: ‘n sin hoef nie noodwendig al die gedeeltes van STOMPI teenwoordig te hê nie. Die seun het gister sy rugbybal hard oor die pale geskop om te oefen.
20
Nou is dit JOU beurt om te oefen om ‘n sin in STOMPI op te deel!!
21
Onthou en gebruik die 3 stappe!
Die seun het sy kamera gisteraand in die klas vergeet. Rudi het koffie in die restaurant gedrink. Die vis sal vinnig in die vuil dam swem. Vince het die foto geneem om dit vir almal te wys.
22
Erkenning: aan M SWANEPOEL
Verwerking: E Cronje
Verwante presentaties
© 2024 SlidePlayer.nl Inc.
All rights reserved.