De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Microsoft® Office Word 2007-opleiding

Verwante presentaties


Presentatie over: "Microsoft® Office Word 2007-opleiding"— Transcript van de presentatie:

1 Microsoft® Office Word 2007-opleiding
[Notas aan die opleier: Kyk na die heel laaste skyfie rakende gedetailleerde hulp om hierdie sjabloon te pasmaak. Soek ook na bykomende lesteks in die notasruit van sommige skyfies. Kom op dreef

2 Kursusinhoud Oorsig: Het jy die boodskap gekry?
Les 1: Raak bekend met die Strook Les 2: Vind daaglikse opdragte Les 3: Eenvoudige lyste Die eerste twee lesse sluit ’n lys van voorgestelde take in en almal sluit ’n stel toetsvrae in.

3 Oorsig: Het jy die boodskap gekry?
Word 2007 is op die mark. Hierdie kursus sal jou help om op dreef te kom. Jy sal leer hoe om goeie dokumente wat professioneel voorkom en wat jou vriende en kollegas beïndruk, te skep.

4 Kursusdoelwitte Werk met die Strook — die nuwe eienskap wat Word die maklikste ooit maak om te gebruik. Vind die daaglikse, algemene opdragte wat nodig is om jou werk te doen.

5 Raak bekend met die Strook
Les 1 Raak bekend met die Strook

6 Raak bekend met die Strook
Wanneer jy Word oopmaak, is die eerste wat jy sien die Strook, dit wil sê dié area wat die bokant van Word dek. Tuis Font Paragraaf Die Strook bring die gewildste opdragte na die voorgrond, sodat jy nie op verskeie plekke hoef te soek na dit wat jy die hele tyd doen nie. Dit sal jou werk makliker en vinniger maak. Die Strook is deeglik nagevors en ontwerp vanuit die gebruiker se ondervinding, sodat opdragte in die optimale posisie is. Hierdie les sal jou meer vertel omtrent die Strook en hoe om daarmee te werk.

7 Gebruik die Strook vir algemene aksies
Die Strook bied maklike gebruik en gerief, met alle gewone aksies wat op een plek getoon word. Tuis Plak Font Paragraaf Byvoorbeeld, jy kan teks sny en plak deur die opdragte op die Tuis-oortjie te gebruik; teksformatering verander deur ’n Styl te gebruik en die bladsy-agtergrondkleur op die Bladsy-uitleg-oortjie te verander.

8 Waaruit bestaan die Strook?
Wanneer jy bekend is met die drie dele van die Strook, sal jy beter verstaan hoe om dit te gebruik. Dit bestaan uit oortjies, groepe en opdragte. Tuis Font Paragraaf Oortjies: Die Strook het sewe basiese oortjies dwarsoor die bokant. Elk verteenwoordig ’n aktiewe area. Groepe: Elke oortjie het verskeie groepe wat verwante items saam toon. Opdragte: ’n Opdrag is ’n knoppie, ’n kieslys of ’n blok waar jy inligting kan invoer. Alles op ’n oortjie is versigtig gekies volgens gebruikers se aktiwiteite. Byvoorbeeld, die Tuis-oortjie bevat al die dinge wat jy dikwels moet gebruik, soos die opdragte in die Font-groep om die teksfont te verander: Font, Fontgrootte, Vetdruk, Kursief, ensovoorts.

9 Dialoogblok-beginners in groepe
Tuis Font Paragraaf Font Font Karakterspasiëring Sommige groepe het ’n klein diagonale pyltjie in die onderste regterhoek wat die Dialoogblok-beginner genoem word. Gepraat van vorige weergawes: Indien jy wonder of jy dieselfde voorkoms en gevoel van ’n vorige weergawe van Word sal kry, is die eenvoudige antwoord: Nee, jy kan nie. Maar wanneer jy ’n bietjie oefen met Strook sal jy gewoond raak aan waar wat is en daarvan hou hoe maklik die nuwe ontwerp dit maak om jou werk te doen. Klik daarop om meer opsies verwant aan die groep, te sien. Hulle verskyn in ’n dialoogblok wat bekend lyk, of ’n taakruit wat jy van ’n vorige weergawe van Word herken.

10 Bykomende oortjies verskyn
Sekere oortjies verskyn slegs wanneer jy hulle nodig het. Prentnutsmiddels Formaat Prentvorm Prentrand Prent-effek Prentstyle Veronderstel jy voeg ’n prent in en wil meer daarmee doen, soos om dit klein te knip of die vou van teks daaromheen te verander. Waar is daardie opdragte te vinde?

11 Bykomende oortjies verskyn
Sekere oortjies verskyn slegs wanneer jy hulle nodig het. Prentnutsmiddels Tuis Formaat Prentvorm Prentrand Prent-effek Prentstyle Jy het nie nodig om daarna te soek nie. In plaas daarvan: Wanneer jy weg van die prent af klik, verdwyn die Prentnutsmiddels en kom die ander groepe terug. Nota: Op-aanvraag-nutsmiddels verskyn ook wat ander aktiwiteits-areas betref, soos tabelle, tekeninge, diagramme en grafieke. Kies die prent: Die Prentnutsmiddels verskyn. Klik die Formaat-oortjie. Bykomende groepe en opdragte om met prente te werk, soos die Prentstyle-groep, verskyn.

12 Die Mini-nutsbalk Sommige formateringsopdragte is so nuttig dat jy hulle beskikbaar wil hê, ongeag wat jy doen. Bladsy-uitleg A23B Veronderstel jy wil sommige teks vinnig formateer, maar jy werk op die Bladsy-uitleg-oortjie. Jy kan die Tuis-oortjie klik om meer formatering-opsies te sien, maar daar is ’n korter pad.

13 Die Mini-nutsbalk Sommige formatering- opdragte is so nuttig dat jy hulle beskikbaar wil hê, ongeag wat jy doen. Bladsy-uitleg A23B Kies jou teks deur die muis te sleep en dan na die keuse te wys. Die Mini-nutsbalk is wonderlik vir formateer-opsies, maar wat gebeur as jy ander tipes opdragte altyd beskikbaar wil hê? Gebruik die Kitstoegang-nutsbalk. Die volgende skyfie sal verduidelik wat dit is. Die Mini-nutsbalk sal op ’n vervaagde manier verskyn. Indien jy na die Mini-nutsbalk wys, sal dit solied word en jy kan ’n formateer-opsie daarop klik.

14 Die Kitstoegang-nutsbalk
Die Kitstoegang-nutsbalk is die klein area aan die boonste linkerkant van die Strook. Tuis Voeg by Kitstoegang-nutsbalk Pasmaak Kitstoegang-nutsbalk... Dit bevat die dinge wat jy elke dag oor en oor gebruik: Stoor, Ongedaan maak en Herhaal. Toon Kitstoegang-nutsbalk onderkant die Strook Minimeer die Strook Die prent toon hoe jy jou ander gunsteling-opdragte by die Kitstoegang-nutsbalk kan voeg, sodat hulle beskikbaar is, ongeag van die oortjie waarop jy is. Jy kan ook knoppies uit die Kitstoegang-nutsbalk verwyder.

15 Oefenvoorstelle Gebruik die Strook.
Laat bykomende oortjies verskyn en voeg dan ’n prent in en werk met die Prentnutsmiddels. Werk met die Mini-nutsbalk. Gebruik die Kitstoegang-nutsbalk. Verberg groepe en opdragte.

16 Toets 1, vraag 1 Wat gebeur as jy hierdie knoppie in Word 2007 klik? (Kies een antwoord.) Jy verberg tydelik die Strook, sodat jy meer plek vir jou dokument het. Jy pas ’n groter fontgrootte op jou teks toe. Jy sien bykomende opsies. Jy voeg ’n opdrag by die Kitstoegang-nutsbalk.

17 Toets 1, vraag 1: Antwoord Jy sien bykomende opsies.
Dikwels sal ’n dialoogblok verskyn en dalk bekend lyk ten opsigte van vorige weergawes van Word.

18 Toets 1, vraag 2 Waar is die Kitstoegang-nutsbalk en wanneer moet jy dit gebruik? (Kies een antwoord.) Dit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik vir jou gunsteling-opdragte. Dit sweef bokant jou teks en jy behoort dit te gebruik wanneer jy formaatveranderings wil aanbring. Dit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik om vinnig toegang tot ’n dokument te verkry. Dit is op die Tuis-oortjie en jy behoort dit te gebruik om ’n nuwe dokument vinnig te laat loop of te begin.

19 Toets 1, vraag 2: Antwoord Dit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik vir jou gunsteling-opdragte. Dit is die klein nutsbalk met die Stoor-, Ongedaan maak- en Herhaal- knoppie. Jy kan jou gunsteling-opdragte byvoeg deur regs op ’n opdrag te klik en Voeg by Kitstoegang-nutsbalk te kies.

20 Toets 1, vraag 3 Die Mini-nutsbalk sal verskyn indien jy watter van die volgende doen? (Kies een antwoord.) Dubbelklik die aktiewe oortjie op die Strook. Kies teks. Kies teks en wys dan daarna. Enige van die bogenoemde.

21 Toets 1, vraag 3: Antwoord Kies teks en wys dan daarna.
Dit sal verskyn as jy jou gekose teks regsklik.

22 Vind daaglikse opdragte
Les 2 Vind daaglikse opdragte

23 Vind daaglikse opdragte
Word 2007 is nuut en dít is opwindend. Maar jy het dinge om te doen. Dit is dus nou die tyd om uit te vind waar die presiese plekke van die mees algemeen gebruikte opdragte is. Byvoorbeeld, waar skep jy ’n dokument? Waar is die kolpunte, die style en die speltoetser? Wat van drukwerk? Hierdie les sal toon dat die nuwe programontwerp daardie opdragte presies plaas waar jy hulle nodig het.

24 Begin met die Microsoft Office-knoppie
Tuis Onlangse Dokumente Nuwe Maak oop Publiseer Maak toe Word-opsies Gaan uit Word Die Microsoft Office-knoppie is die plek waar jy nou in Word begin. Aan die linkerkant van die kieslys sien jy al die opdragte wat nodig is om met ’n lêer te werk. Dit is hier waar ’n nuwe dokument geskep of ’n bestaande dokument oopgemaak word. Jy het jou Stoor- en Stoor as-opdrag ook hier. Die regterkant van die kieslys lys jou onlangs oopgemaakte dokumente. Hierdie is altyd gerieflikheidshalwe sigbaar, sodat jy nie deur jou rekenaar hoef te soek na ’n dokument waaraan jy dikwels werk nie. Wanneer jy dit druk, verskyn ’n kieslys wat jy kan gebruik om ’n dokument te skep, oop te maak of te stoor.

25 Wat van style? Stel jy belang in ’n kragtiger en doeltreffender benadering tot formatering as slegs die vetdruk- en kursief- opdrag? Jy sal graag meer wil weet aangaande style in die nuwe Word. ¶ Normaal ¶ Geen Sp… Opskrif 1 Opskrif 2 Style Jy kan óf ’n pasklaar Kitsstyl, óf ’n styl wat jy voorheen geskep het, kies. Die mees dikwels gebruikte Kitsstyle sal direk op die Strook verskyn.

26 Wat van style? Jy werk met style op die Tuis-oortjie in die Style-groep. ¶ Normaal ¶ Geen Sp… Opskrif 1 Opskrif 2 Style Die prent toon hoe om die verlangde style te kry. Kitsstyle is pasklaar style met ’n professionele voorkoms, wat vinnig en maklik toegepas kan word. En in hierdie Word-weergawe het hulle ’n heel nuwe voorkoms. Klik hierdie knoppie om etlike meer gereed-om-te-gebruik-Kitsstyle te sien. Klik die Dialoogblok-beginner om die Style-ruit oop te maak. Kitsstyle is meer as gerieflike aantreklike uitrustings vir jou dokument. Gebruik van hierdie style regdeur jou dokument sal jou ’n groot voorsprong gee: een-aanraak oormake. Die mees dikwels gebruikte Kitsstyle sal direk op die Strook verskyn. Die Style-ruit hou pasmaak-style wat jy dalk self in ’n vorige weergawe van Word gemaak het en dit is waarheen jy gaan om nuwe style te skep of bestaande style te wysig.

27 Die Formaat-verwer ’n Ander hoëspoed- formatering-opdrag is Formaat-verwer. Dit is heel links van die Tuis -oortjie in die Knipbord-groep geleë. Tuis Knipbord Font Paragraaf In geval jy nie bekend is met die Formaat-verwer nie, dit is ’n vinnige manier om formatering vanaf een teksgedeelte na ’n ander te dupliseer. Om die Formaat-verwer te gebruik, plaas die merker in die teks waarvan jy die formatering wil kopieer en klik dan die Formaat-verwer-knoppie. Indien jy jou formatering op meer as een plek wil verf, maak seker jy dubbelklik die Formaat-verwer sodat dit daar bly. Kies dan die teks wat jy met die nuwe formaat wil verf. Om die Formaat-verwer af te skakel, klik die knoppie weer of druk ESC.

28 Zoem Nadat jy iets ingevoeg het, moet jy dalk die besonderhede van nader beskou. Dus sal jy definitief wil weet waar om die zoem-kontrole te vind. Kyk in die onderkantse regterhoek. Sleep die glyer na regs om in te zoem en sleep dit na links om uit te zoem. Wenke    Klik van die persentasie-getal links van die glyer sal die Zoem-dialoogblok oopmaak waar jy ’n zoem-persentasie kan spesifiseer. Indien jou muis ’n wieletjie het, kan jy die CTRL-sleutel af hou en die wieletjie vorentoe draai om in te zoem en agtertoe draai om uit te zoem. Jy kan ook Zoem-opdragte op die Aansig-oortjie kry.

29 Gereed om te druk? Jy is gereed om te druk—regtig?
Eerstens is dit slim om na te gaan hoe jou bladsye vir die drukker uitgelê is. Bladsy-uitleg Inkeping Alles wat jy nodig het, is op die Bladsy-uitleg-oortjie. Die Bladsy-opstelling-groep bevat Grootte (8.5 x 11, A4, ensovoorts), Oriëntasie (landskap en portret) en Kantlyne. Dit is reg: Kantlyn-instellings is maklik toeganklik op dieselfde vlak as ander opdragte in hierdie groep. Onthou hoe jy in vorige weergawes diep moes delf deur na die Lêer-kieslys, Bladsy-opstelling, ensovoorts te gaan? Nie meer nie.

30 Ja, reg om te druk Wanneer jy werklik reg is om te druk, gaan terug na die Microsoft Office-knoppie. Tuis Voorbeskou en druk die dokument Nuwe Druk Kies ’n drukker, aantal kopieë en ander drukkeropsies voor drukproses. Maak oop Kitsdruk Stoor Stuur die dokument direk na die verstekdrukker sonder om veranderings aan te bring. Stoor As... Drukvoorskou Voorafbeskou en bring veranderings aan op bladsye voordat daar gedruk word. Druk... Hou in gedagte dat jy nou opsies het: Hierdie bykomende opdragte word op die volgende skyfie beskryf. Indien jy die Druk-opdrag klik, kry jy die Druk-dialoogblok. Maar as jy in plaas daarvan na die pyltjie aan die regterkant van die Druk-opdrag wys, sal jy drie bykomende opdragte sien.

31 Ja, reg om te druk Wanneer jy werklik reg is om te druk, gaan terug na die Microsoft Office-knoppie. Tuis Voorbeskou en druk die dokument Nuwe Druk Kies ’n drukker, aantal kopieë en ander drukkeropsies voor drukproses. Maak oop Kitsdruk Stoor Stuur die dokument direk na die verstekdrukker sonder om veranderings aan te bring. Stoor As... Drukvoorskou Voorafbeskou en bring veranderings aan op bladsye voordat daar gedruk word Druk... Hou in gedagte dat jy nou opsies het: Druk maak die ou bekende Druk-dialoogblok oop. Kitsdruk stuur jou dokument onmiddellik na die drukker toe. Drukvoorskou toon hoe die gedrukte dokument sal lyk. Indien jy hierdie opdrag dikwels gebruik, wil jy dit dalk by die Kitstoegang-nutsbalk voeg. Druk Kitsdruk Drukvoorskou

32 Agter die skerms Al die eienskappe wat jy elke dag in Word gebruik, is op die Strook en maklik om te vind. Tuis Onlangse Dokumente Nuwe Maak oop Publiseer Maak toe Word-opsies Gaan uit Word Waar dan is die agter-die-skerms-instellings wat nie handel oor die produseer van dokumente nie, maar wat die wyse waarop Word werk, beheer? Hierdie sluit instellings soos sekuriteit en gebruiker-inligting, spel-woordeboeke en Outoregstelling in.

33 Agter die skerms Hoe beheer jy hoe Word Werk?
Tuis Onlangse Dokumente Nuwe Maak oop Publiseer Maak toe Word-opsies Gaan uit Word Al hierdie instellings vorm deel van Word-opsies, wat jy sien wanneer jy die Word-opsies-knoppie druk. Dit is op die kieslys wat oopmaak wanneer jy die Microsoft Office-knoppie druk.

34 Oefenvoorstelle Voeg ’n kolpuntlys by.
Pas Kitsstyle toe en zoem uit om al die veranderinge te sien. Verander die Kitsstyl-stel. Gebruik die Formaat-verwer. Bring algehele veranderinge met die Bladsy-uitleg-oortjie aan. Probeer dan meer oortjies. Druk op allerhande wyses.

35 Toets 2, vraag 1 Jy kan kolpuntlyste met gebruik van opdragte toepas – in watter groep en op watter oortjie? (Kies een antwoord.) In die Paragraaf-groep op die Bladsy-uitleg-oortjie. In die Paragraaf-groep op die Tuis-oortjie. In die Paragraaf-groep op die Voeg in-oortjie. In die Teks-groep op die Voeg in-oortjie.

36 Toets 2, vraag 1: Antwoord In die Paragraaf-groep op die Tuis-oortjie.
Dit is waar jy kolpuntlyste kan toepas. Wenk: Jy kan ook kolpuntlyste toepas deur die Mini-nutsbalk te gebruik. Kom op spoed

37 Toets 2, vraag 2 Hoe kies jy drukopsies in die nuwe weergawe van Word? (Kies een antwoord.) Klik die Druk-knoppie op die Strook. Klik die Druk-knoppie op die Kitstoegang-nutsbalk. Gebruik die Microsoft Office-knoppie. Óf die eerste, óf die tweede opsie hierbo.

38 Toets 2, vraag 2: Antwoord Gebruik die Microsoft Office-knoppie.
Dit is hier waar jy ook Drukvoorskou oopmaak.

39 Toets 2, vraag 3 In watter hoek is die zoemkontrole? (Kies een antwoord.) Bo regs. Bo links. Onder links. Onder regs. Kom op spoed

40 Toets 2, vraag 3: Antwoord Onder regs.
In die onder-regterkantse hoek is die kontrole wat jy gebruik om in en uit te zoem. Jy kan ook die Beskou-kieslys gebruik om die zoem-kontroles te sien.

41 Les 3 Eenvoudige lyste

42 Eenvoudige lyste Lyste is nuttige komponente van enige dokument, hetsy jy inligting opsom of dit makliker maak om te verwerk. Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Maan Mars Phobos Deimos Genommerde lyste is noodsaaklik om ’n volgorde van inligting te toon. Indien jy nie bekommerd oor volgorde is nie, is ’n kolpuntlys dalk beter. Lyste kan enkelvlak wees waar al die items dieselfde hiërargie en inkeping het, of multivlak wat beteken daar is ’n lys binne ’n lys. Daar word ook na enkelvlak-lyste verwys as “enkellaag” of “eenvoudige” lyste. Jy kan die verskil tussen enkelvlak- en veelvlak-lyste sien in die prent wat ’n enkelvlak-kolpuntlys, ’n enkelvlak genommerde lys en ’n veelvlak-kolpuntlys aantoon. Hierdie les handel oor eenvoudige lyste.

43 Skep lyste terwyl jy tik
Daar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik. Spasie Periode A Periode Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Indien jy ’n kolpuntlys nodig het, tik slegs ’n asterisk (*), gevolg deur ’n spasie. Die asterisk verander in ’n kolpunt en jou lys het begin. Wanneer jy die eerste item in jou lys klaar getik het, druk ENTER en ’n nuwe kolpunt verskyn op die volgende reël. Nota: In Word word lyste outomaties vanaf die kantlyn ingekeep.

44 Skep lyste terwyl jy tik
Daar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik. Spasie Periode A Periode Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Om outomaties genommerde lyste te skep, tik die syfer 1 en ’n punt (1.), gevolg deur ’n spasie. Hierdie is nuut in Word 2007; in vorige weergawes moes jy ENTER gedruk het voordat die lys begin het.

45 Skep lyste terwyl jy tik
Daar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik. Spasie Periode A Periode Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Mercurius Venus Aarde Mars Omdat geletterde lyste slegs ’n ander vorm van genommerde lyste is, tik die letter a en ’n punt (a.), gevolg deur ’n spasie om die geletterde lys te begin. Jy kan ook verskillende simbole, insluitend pyltjies, aandagstrepe en vierkante, gebruik om ’n lys te begin namate jy tik. Jy sal ’n volledige lys van simbole in die Kitsverwysingskaart-koppeling aan die einde van die kursus vind.

46 Stop van lyste Jy het die laaste item in jou lys ingevoer. Hoe voltooi jy die lys en stop die kolpunte of nommers om te verskyn? Die prent toon die beste metodes. Mercurius Venus Aarde Mars Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Mercurius Venus Aarde Mars Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Voer in Terugspasie Die maklikste manier om te stop om ’n lys te skep, is om ENTER twee maal te druk soos aan die linkerkant getoon. Indien jy iets effens anders nodig het, byvoorbeeld teks wat op dieselfde vlak as die teks of kolpunt daarbokant ingekeep is, gebruik die BACKSPACE-sleutel. Meer aangaande die twee keer druk van ENTER: Elke keer as jy ENTER aan die einde van die lys druk, kry jy ’n nuwe kolpunt of nommer maar as jy ENTER weer druk, verdwyn die laaste kolpunt of nommer en is jy gereed om met ’n nuwe paragraaf of reël te begin. Meer aangaande die gebruik van die BACKSPACE-sleutel: Veronderstel jy is in die middel van ’n lys. Jy wil teks tik onder jou kolpunt wat op dieselfde vlak as die teks daarbokant ingekeep is. Gebruik in hierdie senario die BACKSPACE-sleutel. Deur dit te doen, word die kolpunt verwyder maar die teksinkeping bly dieselfde. Indien jy die nuwe teks onder die kolpunt self in plaas van die teks aan die bokant wil belyn, druk weer BACKSPACE. Om finaal volledig uit die lysinkeping te gaan, druk BACKSPACE weer. Nota: Dit is moontlik om die versteklys-inkeep van die kolpunt of nommer te verander, sodat dit by die bladsykantlyn is (jy sal later uitvind hoe). In daardie geval sal die twee keer (eerder as drie keer) druk van BACKSPACE jou uit die lys kry.

47 Werk met paragrawe in lyste; plak van lyste
Veronderstel jy is besig om ’n genommerde of kolpuntlys te skep en dit is nodig dat sommige van die lys- items subparagrawe bevat, soos aangetoon in die prent. Ongelyste paragrawe Daar is verskeie metodes om hierdie scenario te hanteer; die een wat jy kies, is afkanklik van die toestand van jou dokument en jou persoonlike voorkeur. “Subparagrawe” is paragrawe wat nie genommer is of kolpunte het nie.

48 Werk met paragrawe in lyste; plak van lyste
Veronderstel jy is besig om ’n genommerde of kolpuntlys te skep en dit is nodig dat sommige van die lys- items subparagrawe bevat, soos aangetoon in die prent. Ongelyste paragrawe Jy kan subparagrawe in ’n lys skep deur SHIFT+ENTER, eerder as slegs ENTER, te druk om elke blok met teks te beëindig. “Subparagrawe” is paragrawe wat nie genommer is of kolpunte het nie. Om na die subparagrawe voort te gaan met die lys, tik die volgende nommer gevolg deur ’n punt; die lys sal outomaties voortgaan.

49 Kolpunte of nommers? Het jy die verkeerde tipe lys? Jy het begin met kolpunte, maar dink nou dat nommers beter sou wees of omgekeerd? Moenie bekommerd wees nie, dit is maklik om van die een na die ander om te skakel. Tuis Font Paragraaf Mercurius Venus | Klik slegs iewers in jou lys en klik dan die Kolpunte of Nommering knoppie op die Strook.

50 Kolpunte of nommers? Jy kan ook hierdie knoppies gebruik om nuwe lyste te begin. Tuis Font Paragraaf Mercurius Venus Klik die knoppie en begin tik om jou eerste lys-item te skep, of kies die teks wat jy reeds getik het en klik die Kolpunte of Nommering-knoppie om elke paragraaf in ’n lys-item te verander. Beide van hierdie knoppies sal “onthou” watter tipe lys jy laaste gebruik het en sal dieselfde tipe die volgende keer gebruik. As die laaste genommerde lys wat jy gebruik het dus in werklikheid ’n geletterde een was, sal jy die volgende keer as jy die Nommering -knoppie druk nog ’n geletterde lys kry. En indien die laaste kolpunt-ontwerp wat jy gebruik het ’n swart blok was, sal jy dit die volgende keer kry. (Meer ontwerpe binne ’n oomblik) Wenk: Indien jy ’n lys wil sorteer nadat jy dit geskep het, byvoorbeeld in alfabetiese volgorde, kan jy die Sorteer-knoppie in die Paragraaf-groep op die Tuis-oortjie van die Strook gebruik. Hou in gedagte dat wanneer jy ’n genommerde lys sorteer slegs die lys-items gesorteer word en nie die nommers nie (nommer 1 sal dus steeds eerste verskyn, ensovoorts).

51 Toets 3, vraag 1 Wat is ’n enkelvlak-lys?
’n Lys sonder sublyste in enige individuele item. ’n Lys met elke kolpunt of nommer op dieselfde inkeping. ’n Lys met slegs een item. ’n Lys wat slegs nommers en geen kolpunte gebruik nie.

52 Toets 3, vraag 1: Antwoord ’n Lys sonder sublyste in enige individuele item. Geen lyste binne lyste vir ’n enkelvlak-lys nie!

53 Toets 3, vraag 2 Wat moet jy tik om outomaties ’n kolpuntlys wat ’n swart kol as kolpunt-ontwerp gebruik, te skep? (Kies een antwoord.) 1. en ’n spasie @ en ’n spasie a. en ’n spasie * en ’n spasie

54 Toets 3, vraag 2: Antwoord * en ’n spasie.
Tik ’n asterisk gevolg deur ’n spasie, en dan is jy aan die gang.

55 Toets 3, vraag 3 Hoe moet jy ’n nuwe paragraaf belyn sodat die teks dieselfde hoeveelheid ingekeep is as die teks in die kolpuntlys-item daarbokant? (Kies een antwoord.) Voltooi die lys en gebruik dan die inkepe op die liniaal om die begin van die nuwe paragraaf te belyn. Voeg ’n nuwe lys-item by en druk dan BACKSPACE om van die kolpunt ontslae te raak. Voeg ’n nuwe lys-item by en druk BACKSPACE dan twee keer. Voeg ’n nuwe lys-item by en druk ENTER dan weer.

56 Toets 3, vraag 3: Antwoord Voeg ’n nuwe lys-item by en druk dan BACKSPACE om van die kolpunt ontslae te raak. Dit is verreweg die maklikste manier om die ingekeepte paragraaf te verkry.

57 Byvoeg van ’n rand, tinting of vul-effek
Les 4 Byvoeg van ’n rand, tinting of vul-effek

58 Byvoeg van ’n rand, tinting of vul-effek
Rande, tinting en dekoratiewe vul- effekte is nie slegs geskik vir vakansienuusbriewe nie. Word bied ’n reeks opsies vir die raam en beklemtoning van teks, tabelle en tabelselle, grafieke en volledige bladsye. Hierdie les stel dié gereed-om-te- gebruik- en pasmaakbare opsies bekend en toon aan jou die basiese dinge hoe om dit by jou dokument te voeg. Dekoratiewe bladsyrande en ’n grafiek met ’n gradiëntvul

59 Bladsyrande Jy kan volle of gedeeltelike rande by enige gedeelte of enige bladsy van ’n dokument voeg. Word verskaf ’n verskeidenheid ingeboude bladsyrande, vanaf besigheidsgewys tot vertonerig. Dokument met ’n grafiese bladsyrand

60 Bladsyrande Jy kan kies:
Bladsy-uitleg Rande en Tinting Jy kan kies: Rande Bladsyrande Tinting Instelling Styl Voorskou Kleur Wydte Pas toe op Kuns Opsies Goed Kanselleer Die tipe algehele rand, vanaf ’n eenvoudige blok tot ’n blok met skaduwee, tot 3D, tot ’n pasmaakstyl van jou ontwerp. Die reëlstyl, kleur en dikte. Die artistieke styl wat prettig kan wees indien jou dokument informeel is, of gekoppel is aan ’n spesiale geleentheid, gebeurtenis of vakansie.

61 Rande en tinting vir teks
Bladsy-uitleg Rande en Tinting Jy kan rande en tinting rondom diskrete stukke teks of grafika plaas om hulle van mekaar te skei. Rande Bladsyrande Tinting Instelling Styl Voorskou Kleur Wydte Pas toe op Kuns Opsies Goed Kanselleer Die Rande en Tinting -dialoogblok kan ook bereik word vanaf die knoppie in die Paragraaf-groep in die Tuis-oortjie

62 Toets 4, vraag 1 Wat is die maklikste wyse om ’n rand by ’n bladsy te voeg? (Kies een antwoord.) Teken ’n blok rondom die bladsy. Klik die Bladsyrande-knoppie in die Bladsy-agtergrond- groep in die Bladsy-uitleg-oortjie Teken ’n tabel rondom die bladsy

63 Toets 4, vraag 1: Antwoord Klik die Bladsyrande-knoppie in die Bladsy-agtergrond-groep in die Bladsy-uitleg-oortjie Jy kan ook die Rande -knoppie in die Paragraaf-groep in die Tuis- oortjie kies

64 Toets 4, vraag 2 Wat kan jy as ’n bladsyrand gebruik? (Kies een antwoord.) Verskillende randtipes soos 3D en skaduwee-tinting. Pasgemaakte reëlstyle, kleur en dikte. Grafiese rande. Al bogenoemde.

65 Toets 4, vraag 2: Antwoord Al bogenoemde.
Jy kan verskillende randtipes,reëlstyle, kleur en diktes stel. Jy kan ook ’n grafiese rand vir spesiale geleenthede of gebeurtenisse stel.


Download ppt "Microsoft® Office Word 2007-opleiding"

Verwante presentaties


Ads door Google