De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

FAKTORMARKTE: Faktormarkte is markte waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word. In die ekonomie is daar vier produksiefaktore: Grond, Arbeid, Kapitaal.

Verwante presentaties


Presentatie over: "FAKTORMARKTE: Faktormarkte is markte waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word. In die ekonomie is daar vier produksiefaktore: Grond, Arbeid, Kapitaal."— Transcript van de presentatie:

1 FAKTORMARKTE: Faktormarkte is markte waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word. In die ekonomie is daar vier produksiefaktore: Grond, Arbeid, Kapitaal en Entrepreneurskap.

2 Besighede koop grond, arbeid, kapitaal en entrepreneuriese vermoë van die faktormark en hierdie insette word omgeskakel in uitsette wat bekend staan as goedere en dienste en op die goedere-en-dienste-mark verkoop word. Kom ons kyk na produksiefaktore om die faktormark te verstaan:

3 Die faktormark bestaan uit twee ander markte, naamlik:
Arbeidsmark Finansiële mark

4 1. Arbeidsmark: Die arbeidsmark is die plek waar die werkgewer en werknemer met mekaar in aanraking kom. Dit is nie ʼn spesifieke plek nie. Werkgewers adverteer poste in koerante, tydskrifte of op die internet, of hulle betaal ʼn personeelagentskap om iemand te vind om die post e vul. Die werknemer doen dan aansoek om die pos.

5 Die werknemers verkoop hulle tyd, kennis en ervaring aan die besigheid en die besigheid betaal hulle geld in die vorm van lone en salarisse. ʼn Salaris is ʼn vasgestelde bedrag geld wat aan die einde van elke maand betaal word. Word aan halfgeskoolde en geskoolde werkers (sekretaresses, rekenmeesters, bestuurders en toesighouers, betaal. ʼn Loon is ʼn uurlikse tarief wat aan werkers betaal word volgens die aantal ure wat hulle aan die einde van die week gewerk het. Lone word gewoonlik aan ongeskoolde en halfgeskoolde werkers (fabrieks- of mynwerkers) betaal.

6

7 2. Finansiële markte: ʼn Finansiële mark is enige soort finansiële transaksie wat help om ʼn besigheid te laat groei, of ʼn belegger help om geld te maak. Die finansiële mark is nie direk betrokke by die produksie van goedere en dienste nie. Die belangrikste rol is van finansiële markte is om geld oor te dra van die maatskappye met surplusgeld aan maatskappye wat geld nodig het. Die meeste finansiële instellings word deur die regering gereguleer.

8 Finansiële instellings sluit in banke, bouverenigings, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse.
In enige ekonomie is daar spaarders en leners. Die spaarders deponeer hul surplus geld by die finansiële instellings. Die instellings gebruik hierdie fondse om geld te leen aan leners wat aansoek doen om krediet of ʼn lening.

9

10 Daar is twee soorte finansiële markte, naamlik:
Kapitaalmark Geldmark


Download ppt "FAKTORMARKTE: Faktormarkte is markte waar die produksiefaktore gekoop en verkoop word. In die ekonomie is daar vier produksiefaktore: Grond, Arbeid, Kapitaal."

Verwante presentaties


Ads door Google