De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Kontraktereg eenheid 3 (deel 2) onbehoorlik verkree wilsooreenstemming

Verwante presentaties


Presentatie over: "Kontraktereg eenheid 3 (deel 2) onbehoorlik verkree wilsooreenstemming"— Transcript van de presentatie:

1 Kontraktereg eenheid 3 (deel 2) onbehoorlik verkree wilsooreenstemming

2 Leeruitkomste: Verduidelik wat bedoel word met die term “dwang”.
Lys die elemente van dwang soos uiteengesit in die saak van Broodryk v Smuts. Noem en bespreek die elemente van dwang. Verduidelik wat bedoel word met die term “onbehoorlike beinvloeding”. Bespreek die saak van Preller v Jordaan met spesifieke verwysing na die wyse waarop die elemente van onbehoorlike beinvloeding uit die saak verkry is.

3 Noem en bespreek die elemente van onbehoorlike beinvloeding.
Noem en bespreek die remedies beskikbaar aan ‘n benadeelde party in terme van dwang en onbehoorlike beinvloeding.

4 Bestudeer: Hutchison et al Hoofstuk 4 pp. 144-150. Broodryk v Smuts.
Malilang v MV Houda Pearl. Medscheme Holdings (Pty) Ltd v Bhamjee. Consol Limited t/a Consol Glass v Twee Jonge Gezellen (Pty) Ltd & Another.

5 Dwang:

6 AGTERGROND: Kontraktant geforseer of gedwing om te kontrakteer.
Ilanga Wholesalers v Ebrahim. Persoon wat posseels van sy werkgewer gesteel het, is gedreig met vervolging om skuld te erken .

7 Salter v Haskins: Persoon wat owerspel met sy vennoot se vrou gepleeg het, gedreig om sy vennootskapsbates aan die vennoot oor te dra uit vrees vir vervolging. .

8 Van der Merwe et al (p. 118): Dwang kan uitgeoefen word deur direkte fisiese geweld, of Indirek deur middel van ‘n dreigement. Direkte geweld: vis absoluta: Iemand word fisies oordonder in so wyse dat daar nie gese kan word dat hy hoegenaamd gehandel het nie.

9 Dreigement van geweld: vis compulsiva
Dreigement van geweld: vis compulsiva. Word gebruik om ‘n toestemmende uitdrukking van wil te verkry. Die wil van die bedreigde kontraktant is nietemin ‘n geldige uitdrukking van sy bedoeling. “’n Geforseerde wil is steeds ‘n wil”. Die een wat toestem, handel, alhoewel in vrees. Wat as ‘n voornemende kontraktant so bevrees is dat hy nie meer ‘n regsrelevante wil kan vorm nie?

10 Elemente van dwang: Verkry uit Broodryk v Smuts.
“Elemente nodig om ‘n kontrak ter syde te stel op grond van dwang”. - Werklike geweld of redelike vrees. - Vrees moet veroorsaak word deur dreigement van werklike gevaar vir party/sy familie. Dreigement van onmiddellike/werklike gevaar. Dreigement moet contra bonos mores wees. Morele druk moes skade veroorsaak het.

11 1. Handeling: Die beweeg van die ander party om ‘n kontrak te sluit deur die direkte aanwending van fisiese geweld OF dreigement van geweld. Daar moet werklike beweging in die oe van die reg plaasvind. Onmiddellikheid vorm nie deel van die handeling self nie. Sien vereiste van “redelike vrees” in hoofstuk 4 van handboek.

12 2. WEDERREGTELIKHEID: Word bepaal deur dieselfde algemene toets as by wanvoorstelling. Broodryk v Smuts: Handeling moet contra bonos mores wees. Vraag: Is die handeling opsigself wederregtelik? Dit mag die geval wees waar ‘n kontraktant gedreig word met regmatige aksie ten einde ‘n resultaat te kry waarop die party wat dreigement maak nie redelikerwys geregtig is nie.

13 Voorbeeld: Om iemand te dreig met siviele verrigtinge en wilsooreenstemming word verkry is nie per se contra bonos mores nie. Indien ‘n kontraktant onder druk geplaas word deur ‘n derde party, moet die derde party aanspreeklik gehou word vir die dwang, en nie die ander kontraktant nie.

14 3. skuld: Normaalweg: Opsetlike handeling .
In geval van dreigemente van strafregtelike vervolging, sal teenwoordigheid van opset nie so duidelik wees nie, as gevolg van ‘n gebrek aan kennis van wederregtelikheid. Die basis van dwang is gelee in die onvermoe om ‘n vrye wil te vorm.

15 4. kousaliteit: Remedies vir dwang sal slegs beskikbaar wees indien aan ‘n kontraktant wat kan bewys dat die aangaan van die kontrak deur dwang veroorsaak is.

16 5. Ongevraagde resultaat: kontrak of skade.
Vermoenskade as resultaat van die sluit van ‘n kontrak is ‘n voorvereiste vir ‘n suksesvolle eis vir skadevergoeding. Howe het al die elemente van dwang so uiteengesit om skade in te sluit ook in gevalle van terugtrede sonder ‘n eis vir skadevergoeding. Vermoenskade hoef nie bewys te word ten einde uit ‘n kontrak terug te tree nie.

17 Dwang in verband met sake en ekonomiese dwang:
Dwang in verband met sake is nie ‘n aparte konsep in Suid-Afrikaanse Reg nie. Dreigement gemaak teen die eiendom van ‘n ander moet hanteer word as ‘n dreigement teen ander beskermde belange. Ekonomiese dwang: Sien Medscheme Holdings-saak.

18 Onbehoorlike beinvloeding:
Waarom hierdie derde grond? Kontraktant is oortuig om te kontrakteer deur iemand wat voorheen ‘n invloed oor hom verkry het. Hoofkritiek: Histories nie deel van ons reg. Onmoontlik om presies te definieer/beperk – lei tot onsekerheid. Geinkorporeer in ons reg deur meerderheidsuitspraak in Preller v Jordaan.

19 Preller & andere v jordaan:
Gronde van Restitutio in integrum in Romeins-Hollandse Reg is wyd genoeg om die geval in te sluit… waar een persoon ‘n invloed oor ‘n ander verkry… wat laasgenoemde se wil feilbaar maak. Nietig of vernietigbaar?

20 Het die persoon wat die kontrak nietig wil verklaar die transaksie vrywilliglik en bewustelik aangegaan met die bedoeling om regsgevolge te skep? N.B. Lees Van den Heever AR se minderheidsuitspraak in hierdie verband.

21 Elemente van onbehoorlike beinvloeding volgens preller v jordaan:
‘n Kontraktant wat wil terugtree uit ‘n kontrak op grond van onbehoorlike beinvloeding, moet bewys: 1. Dat ander kontraktant ‘n invloed oor hom verkry het; 2. Dat hierdie invloed sy weerstandsvermoe verswak het en sy wil feilbaar gemaak het; 3. Dat die ander kontraktant sy invloed gebruik het om hom te oortuig om ‘n transaksie te sluit wat:

22 (a) tot sy nadeel was en (b) hy nie sou gesluit het as hy normale wilsvryheid gehad het nie. Dit is onseker of onbehoorlike beinvloeding ‘n delik daarstel.

23 Elemente van onbehoorlike beinvloeding:
Handeling: Uitoefening van invloed oor mede-kontraktant. Wederregtelikheid: Uitgeoefen in gewetenlose manier. Skuld: Indien onbehoorlike beinvloeding as ‘n delik gesien word, moet skuld teenwoordig wees. Kousaliteit: Terugtrede vereis bewys dat kontrak nie sou gesluit gewees het as dit nie vir invloed was nie. Ongevraagde resultaat: Kontrak moes tot nadeel van die kontraktant gewees het.

24 Remedies vir die 3 vorme van onbehoorlik verkee wilsooreenstemming:
1. Instandhouding van kontrak: Slagoffer besef dat wilsooreenstemming nie slegs bereik is a.g.v. wanvoorstelling nie. Slagoffer sou steeds kontrak aangegaan het, MAAR: Sou minder betaal het, Eis vir prysverskil,

25 Positiewe wanprestasie deur mede-kontraktant,
Hy eis kontraktueel, Hy eis i.t.v. estoppel of breuk van kontrakteregtelike beginsels. 2. Terugtrede: Slagoffer beweer geen kontrak het ontstaan nie. Hy sou nie gekontrakteer het as hy bewus was van die ware feite nie.


Download ppt "Kontraktereg eenheid 3 (deel 2) onbehoorlik verkree wilsooreenstemming"

Verwante presentaties


Ads door Google