De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom."— Transcript van de presentatie:

1 Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom.
Vandag gaan ons gesels oor die eerste vyf boeke van die Bybel. Dit staan ook bekend as die Pentateug. Die Pentateug is die eerste vyf boeke van die Ou Testament in die Bybel. Penta is die Griekse woord vir vyf, en Teuchos is die Griekse woord vir boek. Pentateug beteken dus “vyf boeke” of “vyf boekrolle”. Hierdie vyf boeke staan ook as die Tora of die Boeke van Moses bekend. Die Pentateug sluit in: Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium. Ons gaan vandag veral fokus op een van die verhale wat ons in daardie gedeelte van die Bybel lees: Toe Abraham gevra is om sy seun, Isak, te offer. Dit het uitgeloop op ’n verbond wat God met Abraham en al sy nageslagte gesluit het.

2 Ons open met gebed Voordat ons verder gaan, kom ons bid saam…
Open met gebed en vra vir die Here se seën en teenwoordigheid by die ontmoeting.

3 Wens kinders geluk wat verjaar het en die volgende week gaan verjaar.
Kinders kan ook gelukgewens word met prestasies, positiewe gedrag, teenwoordigheid ens. Veels geluk!

4 Opstandingstyd 21 April – 9 Junie Die Kerkjaarwiel:
Reg bo is Kersfees. Voor Kersfees is die wagtyd voor Kersfees (Adventstyd). In die “groen tyd” na Kersfees dink ons daaraan hoe Jesus op die aarde verskyn het. Ons noem dit Epifanie. Hierna was dit Lydenstyd. Nou is ons wyser in die wit Opstandingstyd.

5 Opstandingstyd Herhaling: Opstandingstyd is ook 40 dae.
In Lydenstyd is die Sondae nie bygetel nie. Nou word dit egter bygetel. Na Opstandingstyd volg die 10 Pinksterdae.

6 Simbool van my dank Opneem van dankoffers.

7 Ons kyk na ’n video oor die Pentateug
Video oor die Pentateug. (Hulpmiddel 1) Die inligting is baie dieselfde as in die geskrewe dokument (Hulpmiddel 2) Die video sal outomaties begin speel sodra daar na hierdie skyfie beweeg word.

8 Ons kyk na ’n video oor die Pentateug
Video oor die Pentateug. (Hulpmiddel 1) Die inligting is baie dieselfde as in die geskrewe dokument (Hulpmiddel 2) Die video sal outomaties begin speel sodra daar na hierdie skyfie beweeg word.

9 Wat val jou op in hierdie videosnit en inligting oor die Pentateug?
PLAY 1. Wat val jou op in hierdie videosnit met inligting oor die Pentateug? Riglyn: Laat die jongmense gesels oor wat hulle opgeval het.

10 Wat het jy nie lekker verstaan nie?
Riglyn: Probeer onduidelikhede uitklaar.

11 Verdaag na kleingroepe (klasse)
Ons gaan nou verder in ons klasse gesels. Geniet die dag verder.

12 Genesis 22: 1-19 PAUSE Lees saam: Genesis 22: 1-19
1 'n Ruk na die vorige gebeurtenisse het God vir Abraham op die proef gestel en vir hom gesê: “Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 2 God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.” 3 Vroeg die volgende môre het Abraham 'n donkie opgesaal en hout gekap vir die brandoffer. Hy het twee slawe saamgevat en ook sy seun Isak. Toe het hy vertrek na die plek toe wat God vir hom aangewys het. 4 Op die derde dag het Abraham die plek uit die verte gesien. 5 Toe sê hy vir sy slawe: “Wag hier met die donkie. Ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ons terug na julle toe.” 6 Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en 'n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop, 7 sê Isak vir sy pa: “Pa?” en Abraham antwoord: “Ja, my seun?” Toe vra Isak: “Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?” 8 Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap. 9 Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar 'n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout. 10 Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag, 11 roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 12 Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.” 13 Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom 'n skaapram wat aan sy horings in 'n bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer. 14 Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.” 15 Die Engel van die Here het weer uit die hemel na Abraham geroep en gesê: “Dit is Ek, die Here, wat praat. Ek lê 'n eed af by Myself dat Ek jou baie sal seën oor wat jy gedoen het: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie. Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit neem. 18 In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees, want jy het My gehoorsaam.” 19 Daarna is Abraham terug tot by sy slawe, en hulle het almal saam na Berseba toe gegaan. Abraham het daar gewoon.

13 Hoe, dink jy, het Abraham gevoel toe hy hoor hy moet sy seun, Isak, offer?
Gesels saam 1. Hoe, dink jy, het Abraham gevoel toe hy hoor hy moet sy seun, Isak, offer? Riglyn: Hartseer; geskok; teleurgesteld. Hy kon dalk gedink het God is net soos die ander godsdienste se gode omdat Hy nie vir sy kinders omgee nie.

14 Wat was die toets vir Abraham? Wat was die toets vir God?
2. God stel nie hier ’n geloofstoets aan Abraham nie, maar ’n verhoudingstoets aan Homself en aan Abraham. Wat was die toets vir Abraham? Wat was die toets vir God? Riglyn: Abraham: Gaan hy aan God gehoorsaam wees? Gaan hy God vertrou? God: Gaan Hy getrou wees aan Homself en aan Abraham? Gaan God Homself as die liefdevolle God bewys?

15 Wat het Abraham oor God geleer toe hy die offerlam in die takke sien vassit?
Riglyn: Soos hy gehoop het, het God sy eie offerlam voorsien. God is getrou aan die verbond wat Hy met Abraham gesluit het. God is liefdevol.

16 Noem ’n paar verhale wat in die Pentateug vertel word.
Gesels saam: 1. Vertel kortliks vir mekaar ’n paar verhale wat in die Pentateug vertel word. Riglyn: Laat die jongmense verhale vertel wat hulle getref het. As fasiliteerder kan jy self ook verhale vertel. Sien die geskrewe hulpmiddel vir leiding oor die groot narratiewe. Moenie te veel tyd hieraan afstaan nie. Skep net die geleentheid vir die jongmense om die verhale só te hoor dat hulle dit sal onthou.

17 Wat ontdek jy oor God in hierdie verhale?
Riglyn: Daar is regtig so baie om te leer. Laat die jongmense hieroor gesels. Een van die goue drade is dat God aan ons getrou bly en vir ons tweede kanse gee (al faal sy kinders elke keer), net soos in hierdie verhaal met Abraham en Isak. Hy begin nuut met Noag. Hy red vir Josef uit die tronk en gee vir hom ’n nuwe toekoms. Hy verlos die Israeliete uit Egipte. Hy lei hulle na die Beloofde Land al hou hulle aan kla. Nog ’n goue draad is dat God mense in hulle nood raaksien, soos Hy vir Adam en Eva gesien en na hulle gesoek het ná die sondeval, soos Hy sy volk in Egipte in hulle ellende raakgesien en hulle noodkrete gehoor het. In ons Bybelgedeelte sien God Abraham se vertroue in Hom raak en voorsien dan ’n offerlam in die plek van Isak

18 Wat ontdek jy in die Pentateug oor wie God is?
FAST FORWARD Gesels saam 1. Wat ontdek jy in die Pentateug oor wie God is? Riglyn: God het die mens gekies. Hy wil ons God wees. Hy bly getrou aan ons, al is ons ontrou. Hy is liefdevol en dra ons beste belange op ons hart. Hy weerhou ons nie van moeilike of uitdagende tye nie, maar sien ons raak en bring ons heel anderkant uit.

19 Hoe behoort ons binne hierdie verhouding te leef?
3. ’n Verhouding kom van twee kante af. Ook ons staan binne hierdie verbondsverhouding met God. Hoe behoort ons binne hierdie verhouding te leef? Riglyn: Soos Abraham, kan ons aanhou om God te vertou. Abraham het nie geweet hoe die Here uitkoms sou gee nie, maar hy het bly glo dat God wel uitkoms sóú gee. Hy was gehoorsaam aan God. God kan ons in die verhouding vorm om al meer soos Hy te word. Ons kan sy getrouheid en liefde aanleer en uitleef.

20 Ons sluit af EJECT Laat die jongmense ’n droom vir hulle toekoms formuleer deur die volgende waarheid te gebruik: In die verhouding tussen my en God weet ek ek kan altyd op Hom vertrou. Sluit af met gebed. In die verhouding tussen my en God weet ek ek kan altyd op Hom vertrou.


Download ppt "Welkom by die kategese Heet almal baie hartlik welkom."

Verwante presentaties


Ads door Google