De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Ingrid Jonker Ingrid Jonker het onstabiele kinderjare gehad. Sy is op Douglas in die Noord-Kaap gebore en haar ma is baie vroeg oorlede. Sy moes toe grootgemaak.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Ingrid Jonker Ingrid Jonker het onstabiele kinderjare gehad. Sy is op Douglas in die Noord-Kaap gebore en haar ma is baie vroeg oorlede. Sy moes toe grootgemaak."— Transcript van de presentatie:

1 Ingrid Jonker Ingrid Jonker het onstabiele kinderjare gehad. Sy is op Douglas in die Noord-Kaap gebore en haar ma is baie vroeg oorlede. Sy moes toe grootgemaak word deur haar ouma wat in die Kaap gewoon het. Sy het by ‘n uitgewer begin werk en sy het ouer digters en skrywers daar ontmoet. Sy het deel geword van die sestigers (Jan Rabie, Breyten Breytenbach, Jack Cope en Adam Small – almal wat saamgestem het oor die politieke onreg in daardie tyd) Sy het ‘n besondere skoonheid van onskuld gehad en sy het vir baie ‘n ikoon geword. Baie van haar gedigte is later jare getoonset en word gesing deur onder andere Chris Chameleon. Daar is al ‘n film oor haar lewe gemaak, talle TV-programme en boeke van biografiese aard het al die lig gesien.

2 Tydens Nelson Mandela se inhuldiging as eerste swart staatspresident het hy
haar gedig “Die Kind” voorgelees in die Parlement. Sy het wêreldbekend geword en jaarliks is daar ook ‘n Ingrid Jonker-prys vir debuutbundels in Afrikaans of Engelse poësie. Sy het, soos baie kunstenaars, eers werklik erkenning ontvang na haar dood. In haar nadoodse bundel Kantelson spreek haar doodsverlange tot die lesers. Sy het op ‘n wintersnag in die see ingestap by Drieankerbaai in Kaapstad.

3 Kabouterliefde – Ingrid Jonker
1 Die kabouter met die rooi-rooi pet 2 die kabouter met die geel hemp aan 3 het sy hart gistraand vir my gegee 4 en sy hemp is vir die maan 5 Die hoepelronde blou-blou lug 6 het kadoemps op die grond geval 7 hy’t dit blink-blou in sy hand gerol 8 toe speel ons daarmee bal 9 Die sterre met hul wit ligte 10 het geknipoog toe ons lag 11 hul’t rondom ons in ‘n kring getrek 12 soos ‘n laer in die nag

4 13 Die aandblom het sy trom-trompet 14 geblaas in die warrelwindkring 15 die kalkoentjies met hul rooi mondjies 16 het die sprinkaan-wals gesing 17 Die maan met sy geel lyfie 18 het gaan plat lê op sy rug 19 hy’t gaan slaap by die gousblomme 20 met sy boepens in die lug 21 Die kabouter met die rooi-rooi hart 22 het dit self vir my gesê 23 hy’t die aardbol oor sy kop gegooi 24 O dis hier waar die liefde lê

5 Kabouterliefde – Ingrid Jonker vir Simone
Kinderlike weergawe van volwasse “liefdesverhaal”. Beskrywing van die fantasiewêreld van ‘n kind. Kabouterliefde – Ingrid Jonker vir Simone Gedig word opgedra aan digter se dogter Atmosfeer is speels 1 Die kabouter met die rooi-rooi pet 2 die kabouter met die geel hemp aan 3 het sy hart gistraand vir my gegee 4 en sy hemp is vir die maan Kleur(primêre kleure)is belangrik. Die kleur van die maan is geel Kabouter besoek geliefde in die aand liefde

6 Daar word bal met die lug gespeel
herhalingstegniek 5 Die hoepelronde blou-blou lug 6 het kadoemps op die grond geval 7 hy’t dit blink-blou in sy hand gerol 8 toe speel ons daarmee bal alliterasie klanknabootsing Daar word bal met die lug gespeel

7 9 Die sterre met hul wit ligte 10 het geknipoog toe ons lag 11 hul’t rondom ons in ‘n kring getrek 12 soos ‘n laer in die nag Die sterre geniet dit ook - Personifikasie Sterre het geliefdes beskerm vergelyking

8 Aandblom lyk soos ‘n trompet
13 Die aandblom het sy trom-trompet 14 geblaas in die warrelwindkring 15 die kalkoentjies met hul rooi mondjies 16 het die sprinkaan-wals gesing Metafoor en alliterasie Blomsoort – verkleining = ervaringswêreld van die kind

9 Deurgaans kinderlike beelde
17 Die maan met sy geel lyfie 18 het gaan plat lê op sy rug 19 hy’t gaan slaap by die gousblomme 20 met sy boepens in die lug Gebroke rym: elke strofe kan as een sin gelees word. (Kind kan die gedig verstaan) Ronde magie dui op die moontlike volmaakte kinderliefde

10 Assonansie: niks op aarde maak meer saak as die geliefdes nie
Progressie: hart liefde 21 Die kabouter met die rooi-rooi hart 22 het dit self vir my gesê 23 hy’t die aardbol oor sy kop gegooi 24 O dis hier waar die liefde lê Progressie: pet hart Assonansie: niks op aarde maak meer saak as die geliefdes nie Musikale ritme Liefde kan ook onbereikbaar wees in die geval van volwassenes – dit kan net in kabouterland aangetref word

11 Woordverklarings kabouter dwarf pet cap hoepelronde round like a hoop
geknipoog wink aandblom evening flower trompet trumpet warrelwindkring whirlwind circle sprinkaanwals grasshopper waltz boepens round tummy aardbol globe hart heart

12 Bespreking Titel Die spreker dink na oor ‘n aand van kabouterromanse. Die gedig is ‘n beskrywing uit die fantasiewêreld van ‘n kind. Die titel dui reeds op ‘n sprokiestoestand. Die “ek” spreker vertel vanuit ‘n agterna-perspektief oor ‘n aand van kabouterromanse. Tema Dit gaan hier oor die droomwêreld en die wonder van die liefde. Dit gaan oor ‘n sekere soort liefdesverhouding. Dis is dus nie net ‘n kindergedig nie.

13 Hierdie gedig is opgedra aan Simone (Jonker se dogtertjie)
Hierdie gedig is opgedra aan Simone (Jonker se dogtertjie). Dit is vol beelde en kleur en die gedig herinner aan ‘n sprokie. Die kleure wat gebruik word, is die primêre kleure, naamlik rooi, geel en blou. Dit is ‘n kinderlike weergawe van ‘n volwasse “liefdesverhaal.” Strofe 1 is beskrywend ten opsigte van die kabouter se voorkoms, maar stel reeds die “romantiese” situasie: hy het sy “hart” vir die spreker (waarskynlik ‘n vrou) gegee. Onmoontlike gebeure volg hierop. Die “blou-blou” lug het op die grond geval en by die gousblomme gaan slaap. Toe speel “ons” met die lug bal. Die sterre het “geknipoog” (personifikasie) toe ons vrolik was.

14 Die beelde wat gebruik word spreek tot die leser se fantasiewêreld soos die
“hoepelronde” lug wat die kabouter soos ‘n bal in sy hand kan rol, die aardbol wat hy oor sy kop kan gooi en dinge in die natuur wat soos mense optree om deel te neem aan hierdie spel tussen twee geliefdes. Daar vind progressie in die gedig plaas. Die kabouter se handeling word vanaf strofe 2 eers verswyg, maar sy optrede in die slot is die hoogtepunt deur die spelerigheid waarmee hy die aardbol oor sy kop gooi. Hoewel die toon/atmosfeer van die gedig speels is, is daar ‘n suggestie van iets wat onbereikbaar is: die kabouter het die aarde oor sy kop gegooi, omgekeer en dis in hierdie ondersteboland, kabouterland, waar die liefde lê. En daarom is die liefde nie vir almal beskore nie.

15 Strofe 6 sluit weer aan by strofe 1:
rooi-rooi pet word rooi-rooi hart. Ons noem dit ‘n sikliese effek en dit vorm die gedig as ‘n geheel. In die slotstrofe sien ons hoe die kabouter sy liefde gewys het: hy het sy “hart” gegee. Uit hierdie gedig is dit ook duidelik dat daar nie grense is in die land van drome nie. Die enjambement en die gebroke rym dra hiertoe by.

16 Vrae en antwoorde 1. Wat is die toon/atmosfeer/stemming van die gedig? speels 2. Wie is die spreker in die gedig? die geliefde van die kabouter 3. Watter vier kleure kom deur die hele gedig voor? rooi, geel, blou, wit 4. Watter kleure kom in die herhalingsamestellings voor en wat is die doel hiervan? rooi-rooi: beklemtoon en dui moontlik op die liefde 5. Hoe hou die titel verband met die eerste en die laaste strofe? kabouterliefde tussen die spreker en die kabouter

17 6. By wie het die maan sy geel hempie gekry wat hom ook sy geel kleur gee?
by die kabouter 7. Die gedig het speelse surrealistiese beelde soos dat die lug op die a) grond val, die kabouter die b) lug dan in sy hand rol en hulle dan daarmee c) bal speel. Verder gooi hy sommer die d) aardbol oor sy kop. 8. Watter stylfiguur kom in die versreël “het kadoemps op die grond geval” voor? klanknabootsing 9. Vir ‘n kind het voorwerpe soos die maan, sterre en blomme dikwels menslike eienskappe. Haal vyf voorbeelde van personifikasie aan. sterre het geknipoog”; aandblom blaas trompet; en kalkoentjies sing; lug val op die grond; maan gaan slaap by die gousblomme 

18 10. Na wie verwys die “ons” in reël 11?
geliefdes  11. ‘n Vergelyking wat aandui dat die sterre die kabouter en die kind beskerm, word gebruik. Haal dit aan. “hul’t rondom ons in ‘n kring getrek/ soos ‘n laer in die nag” 12. Van watter kleurvolle blommetjies praat die verteller? kalkoentjies 13. Wanneer besoek die kabouter die dogtertjie?  in die aand 14. Die kring wat die sterre om hulle getrek het, is nie ‘n rustige kring nie, maar ‘n warrelwindkring 15. Watter klankherhaling kom voor in die versreël “het die sprinkaan-wals gesing”? s-klank 

19 16. Die beeld van die maan wat ondergaan in ‘n massa gousblomme word humoristies geteken. Waarmee word die ronde maan vergelyk? boepens 17. Wys op die progressie in die gedig. “rooi-rooi pet” word “rooi-rooi hart” . Dit dui op die liefde. 18. Haal die versreël in die slotstrofe aan wat wys dat die werklikheid nie vir die kind belangrik is nie. “hy’t die aardbol oor sy kop gegooi” 19. Watter ekstatiese uitroep van die dogtertjie of miskien volwasse spreker wys dat die liefde die belangrikste is? ̍O̕ 20. Wat is die tema van die gedig? Liefde is universeel. Liefde moet gesien word uit die oë van die kind. Dit is speels en ongekompliseerd. 21. Wat word die strofes met 4 versreëls elk genoem? kwatryn

20 22. Gee die rymskema van strofe 1.
Gebroke rym abcb 23. In watter tyd is hierdie gedig geskryf: Teenwoordige, toekomende of verlede tyd? verlede tyd 24. Hierdie gedig kan met ’n sprokie vergelyk word. Wie is die hoofkarakter in hierdie sprokie en noem die ander karakters in hierdie sprokie. kabouter en die geliefde, 25. Die spreker speel met woorde en beelde om die atmosfeer van ’n sprokieswêreld te skep. Kies uit die tegnieke in die blokkie om die voorbeelde te noem: 25.1 rooi-rooi/blou-blou/trom-trompet: herhaling 25.2 gistraand/hy’t: elisie 25.3 hoepelronde: toutologie 25.4 kadoemps: onomatopee 25.5 warrel + wind + kring: neologisme 25.6 kalkoentjiemondjies: litotes 25.7 lyfie: litotes

21 Wat is die “dit” (versreël 7) waarmee die kabouter en die spreker bal
Wat is die “dit” (versreël 7) waarmee die kabouter en die spreker bal gespeel het? Haal DRIE opeenvolgende woorde aan. “lug” 27. Waaruit lei ons af dat die sterre ... dit geniet het om te sien hoe die kabouter en die spreker speel? Haal EEN woord aan. geknipoog 27.2 die kabouter en die spreker beskerm het? Haal EEN versreël aan. hul’t rondom ons in ‘n kring getrek 28. Watter woord vertel hoe die sterre ’n kring rondom die kabouter en die spreker vorm? laer

22 Waarmee was die kabouter en die spreker besig voordat die sterre ’n
Waarmee was die kabouter en die spreker besig voordat die sterre ’n kring rondom hulle gevorm het? Hulle het gelag Na watter vetplant word hier verwys in hierdie gedig? kalkoentjies Die meeste sprinkane striduleer (sing). Hulle skuur hulle agterpote teen hulle vlerke. In die gedig lees ons dat die kalkoentjie-blomme met hul rooi mondjies gesing het. Wat noem die spreker die liedjie wat die kalkoentjies gesing het? Gee EEN woord. wals 32. Pas die personifikasie in KOLOM B by die voorwerp in KOLOM A 32.1 lug E 32.2 sterre C 32.3 aandblom D 32.4 kalkoentjies A 33. Slaag die spreker daarin om ’n romantiese atmosfeer ter skep? Motiveer jou antwoord deur TWEE dinge te noem. Ja, dit speel af in die aand; die herhaling van die kleur rooi; die speelse atmosfeer.


Download ppt "Ingrid Jonker Ingrid Jonker het onstabiele kinderjare gehad. Sy is op Douglas in die Noord-Kaap gebore en haar ma is baie vroeg oorlede. Sy moes toe grootgemaak."

Verwante presentaties


Ads door Google