De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?

Verwante presentaties


Presentatie over: "Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?"— Transcript van de presentatie:

1 Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?

2 Die pad van geloofsgroei

3 Die pad van geloofsgroei
Terugvoer uit Sessie 1: Wat is julle droom vir jul gesin? Hoe dink julle dat daardie droom ’n werklikheid kan word? Vra van die deelnemers kort terugvoer (vanuit Sessie 1) oor wat hul droom vir hulle gesin is. Met ander woorde watter metafoor het hulle gekies om uitdrukking aan hul droom te gee? Vra hoe hulle dink dat daardie droom ’n werklikheid kan word. Dis belangrik dat elkeen sal begryp dat dit nie vanself gaan gebeur nie. En spesifiek die geloofsontwikkeling van ’n kind (in antwoord op die doop) vra baie groot insette van ouers. In hierdie sessie wil ons vir ouers ’n kort oriëntering gee oor die uitdagings en geleenthede van ouerskap. Raadpleeg die Aanbiedersgids.

4 Die pad van geloofsgroei
Laat iemand die Skrifgedeeltes lees. Vra dan terugvoer uit die groep: Watter verband sien jy tussen Markus 10:13-14, Efesiërs 5:16 en die meegaande prentjie? Raadpleeg die Leiersgids vir kommentaar. Klik: Wys op LA Hunt se navorsing in die VSA (soos aangehaal in Student Manual: eaching Children Effectively – 1990:10). Dit het aangedui dat 85% van volwasse Christene die keuse vir Christus gemaak het tussen die ouderdom van vier jaar en 14 jaar. Daarom kan van hierdie periode in die kind se ontwikkeling gepraat word as die 4-14-venster, die mees beïnvloedbare en mees invloedryke tyd in ’n mens se lewe. Die 4-14 venster!

5 Die pad van geloofsgroei
Die fondament vir ’n mens se morele, geestelike en verhoudings-lewe is klaar gelê teen die ouder-dom van 13 jaar – dws op 13-jarige ouderdom is jy wie jy die res van jou lewe gaan wees! George Barna Die bekende George Barna van die Barna Research Group het by geleentheid gesê dat die fondament vir ’n mens se morele, geestelike en verhoudingslewe klaar gelê is teen dertienjarige ouderdom! Dit wil sê teen die ouderdom van 13 jaar is jy wie jy die res van jou lewe gaan wees! En tot op daardie ouderdom vind jou vorming as mens primêr in die huis plaas.

6 Navorsingsresultate ds Johan Avenant
Navorsing in ’n N G Gemeente (The Reeds – Ds Johan Avenant) in 2011: jongmense wat na belydenisaflegging by hul gemeente ingeskakel is, is gevra om aan te dui watter een persoon of instansie die grootste invloed gehad het op hul keuse om Christus te volg. 60% het Pa of Ma aangedui!

7 Vat-dit-huis-toe! In die lig van bogenoemde inligting oor die onvervangbare rol van die huis in die geloofsvorming van kinders, word al hoe meer deur gemeentes aandag gegee aan “Huisgeloof”, ’n term waarmee uitdrukking gegee word aan die verskerpte fokus op die geloofsformasie tuis (veral deur ouers) en dat gemeentes daarom huis-gefokusde gemeentes behoort te wees (en nie andersom nie). Gemeentes moet ouers toerus en bemagtig om tuis hulle opvoedingsrol na te kom. Alles in die gemeente behoort ’n Vat-dit-huis-toe fokus te dra, dit wil sê hoe gaan ons nou tuis hierdie waarhede/waardes leef?

8 Die pad van geloofsgroei
My kind Hanteer nou punt 2, 3 en 4 aan die hand van die riglyne in die Aanbiedersgids. Klik 1: My Kind - Kyk veral na die notas by “Vir die Aanbieder” op bl 39 vir die hantering van die tabelle ivm die ontwikkelingsfases van die jong kind (bl 36 in Werkboek). Neem hulle dan vlugtig deur punt 2 op bl 38 (Werkboek). Verkry hulle deelname in die lig van die inligting in die voorafgaande tabel. Riglyne op bl van die Aanbiedersgids. Klik2: Die Evangelie – volg die riglyne op bl 43 van die Aanbiedersgids en behandel bl 39 en 40 van die Werkboek. Skuif na volgende raampie vir akroniem van INSKERP (Deut 6). Die evangelie

9 Die pad van geloofsgroei
Deut 6 I ntensioneel N ou S elf K ind E mpatie R epetisie P rakties I N S K E R P Hanteer vlugtig die akroniem van INSKERP (Deut 6) – bl 40 van die Werkboek.

10 Die pad van geloofsgroei
Seën jou kind! Die Here sal jou seën en jou beskerm; die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees; die Here sal jou gebede verhoor en aan jou vrede gee! (Numeri 6:24-26) Volg riglyne op bl 46 en 47 van die Aanbiedersgids.

11 Die pad van geloofsgroei
Doopformulier Reëlings Riglyne op bl 46 van die Aanbiedersgids.


Download ppt "Sessie 4 Hoe begelei ek my kind op die pad van geloofsgroei?"

Verwante presentaties


Ads door Google