De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Drie Bome Daar het eenmaal drie bome in `n woud gegroei.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Drie Bome Daar het eenmaal drie bome in `n woud gegroei."— Transcript van de presentatie:

1 Drie Bome Daar het eenmaal drie bome in `n woud gegroei.
Soos dit maar in die lewe gaan het elkeen sy drome, en so het hierdie bome hulle drome vir die toekoms staan en bespreek toe die eerste boom sê: “Ek wil eendag `n pragtige houtkis word, gevul met allerhande kosbare edelstene en goud en silwer. Kyk, my pragtige graveerwerk en my deftige versierings sal mense in verwondering na my laat kyk.”

2 Die tweede boom se droom was om `n manjifieke skip te word: “Konings en magtige heersers sal op my dek staan en na al die uithoeke van die aarde reis, en almal sal veilig voel in my stewige struktuur.”

3 Die derde boom wil maar net `n boom bly: “Ek wil die grootste en mooiste boom op die heuwel word. Mense sal my in verwondering aanstaar en opkyk na my magtige takke. Dan sal hulle dink aan die hemel en aan God, en hoe naby ek aan Hom is daar hoog in die lug. Ek sal die grootste boom van alle tye wees, en die mense sal my vir ewig onthou.”

4 Jare het verbygegaan en die drie bome het bly bid dat hulle drome verwensenlik sou word. Toe daag die houtkappers op in die woud. Oor die eerste boom het hulle geredeneer dat dit `n pragtige sterk boom is, en dat hulle dit aan `n skrynwerker kon verkoop. Terwyl hulle die boom afkap is hy baie bly want hy het geweet sy droom kon nou bewaarheid word. Die skrynwerker kon hom immers in daardie pragtige juwelekis omskep waaroor hy so baie gedroom het.

5 By die tweede boom het die werkers gedink dat dit die ideale boom sou wees om aan `n skeepswerf te verkoop, en ook hierdie boom was bly, want sy droom om `n groot skip te word was besig om uiteindelik `n werklikheid te word.

6 Die manne kom staan om die derde boom, en sy hart krimp inmekaar
Die manne kom staan om die derde boom, en sy hart krimp inmekaar. As hulle sou besluit om hóm af te kap sou sy droom mos nooit bewaarheid word nie! “Ek het niks spesiaals nodig nie. “sê die een houtkapper. “Ek sal hierdie een maar vir my afkap. Dalk kan ek hom eendag wel vir iets nuttigs gebruik”. Die arme boom se drome spat aan skerwe – waarom moet so `n lot hom dan tog tref? Hy het sulke mooi ideale vir die toekoms gehad…

7 Die eerste boom het by die skrynwerker aangekom
Die eerste boom het by die skrynwerker aangekom. Daar het hy dit in `n ruwe houtbak omskep waaruit diere gevoer word. Hy is na `n stal geneem en daar is strooi in hom gegooi. Hierdie was die allerlaaste ding waarvoor hy gebid het! Jiggie! In plaas van `n juwelekis vir koning en prinse, `n voerbak vir diere in `n vuil stal!

8 Die tweede boom is opgesaag, en `n klein visserskuit is uit sy stukke vervaardig. Al sy edel drome van die wye oop see en magtige winde in sy pragtige seile en groot konings en wêreldreise lê in skerwe.

9 Die lot van die derde boom was nog erger
Die lot van die derde boom was nog erger. Hy is opgesaag in balke wat êrens op `n donker solder gebêre is. Alleen het hy daar gelê, vergete…….

10 Jare het gekom en gegaan, en vergete was die drie bome se edel drome
Jare het gekom en gegaan, en vergete was die drie bome se edel drome. Toe, op `n dag het `n man en vrou in die stal ingeloop waar die voerbak staan. Die man het só gewens dat hy `n bedjie kon maak vir sy baba wat enige oomblik gebore sou word, maar hierdie krip sou maar die doel moes dien. Die boom kon onmiddellik die grootheid van die oomblik aanvoel: Die grootste Skat van alle tye sou in hóm neergelê word. Is hy nie die mees bevoorregte boom in die ganse wêreld nie!

11 Dertig jaar later klim `n groep manne in die visserskuitjie wat uit die tweede boom gebou is, en vaar uit op die meer. En van die manne was baie moeg, en Hy het in die skuit aan die slaap geraak. Toe bars daar `n geweldige storm los en die skuit het gedreig om te sink, maar die Man het wakker geword en met die storm gepraat, en dit het bedaar. Toe besef die boom dat hy in hom die Koning van alle konings dra.

12 Uiteindelik kom sleep iemand die balke wat van die derde boom gesaag is uit die solder. Die Man wat dit deur die strate moes dra is gespot en geslaan. Toe word Hy aan die balke vasgespyker. Die boom word op `n heuwel geplant sodat hy hoog die lug in optroon dat elkeen die Man kon sien wat daar `n marteldood moes sterf. Toe dit Sondag word, begin hierdie boom besef dat hy al die tyd sterk genoeg was om daar op die heuwel te kon bly staan, en dat hy so naby aan God was as wat enigiemand maar kon kom, want Jesus was daar aan hom gekruisig.

13 So dikwels bid ons vir sekere dinge in ons lewe, en dan werk dit nie uit soos wat ons die Here gevra het nie. Maar weet verseker dat die Here `n plan het vir jou – vertrou net op Hom. Hierdie drie bome het moontlik nie heeltemal gekry waarvoor hulle gevra het nie, maar in hulle wildste drome het hulle nie gedink dat hulle dit sou kry op die manier wat dit uiteindelik aan hulle gegee is nie.

14 Ons weet nie altyd wat God se wil is vir ons lewens nie, maar wat ons wél séker kan weet is dat Sy wil die beste is vir ons. Skrywer onbekend


Download ppt "Drie Bome Daar het eenmaal drie bome in `n woud gegroei."

Verwante presentaties


Ads door Google