De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Semantiek Woordverhoudings

Verwante presentaties


Presentatie over: "Semantiek Woordverhoudings"— Transcript van de presentatie:

1 Semantiek Woordverhoudings
Jako Olivier - Jako Olivier (2016)

2 Lesuitkomste Aan die einde van die leergedeelte moet jy in staat wees om: te beskryf waaroor semantiek handel en tussen sinonieme, homonieme, homofone, homograwe, polisemie, hiponimie, antonimie, paronieme, malapropismes, toutologie en pleonasmes te onderskei.

3 Semantiek Studie van betekenis. Van die Griekse sēmantikós (bevat betekenis); verwant aan ‘sema’ (teken).

4 Semantiek Woord Betekenis Vorm

5 Semantiek Betekenis 1. Soet, vlesige somervrug (Pirus malus). Vorm
2. Die vrug van sekere plante. 3. Vuis. 4. Oogpupil Vorm 1.Foneties: [apəl] 2.Ortografies: appel

6 Sinonieme syn (saam) + onoma (naam) Woorde met dieselfde betekenis.
Woordverhoudings Sinonieme syn (saam) + onoma (naam) Woorde met dieselfde betekenis. Eufemismes: lieg/jok Gevoelswaarde: huil/tjank Sosiale variante: vriend/tjom

7 Woordverhoudings Homonieme homo (dieselfde) + onoma (naam)
Dieselfde klank- en spellingvorm; verskil in betekenis. Nie dieselfde betekenisveld. Byvoorbeeld: leer

8 Homofone homo (dieselfde) + fone (klank)
Woordverhoudings Homofone homo (dieselfde) + fone (klank) Dieselfde klankvorm; verskil in betekenis. Byvoorbeeld: feil/vyl; faal/vaal

9 Woordverhoudings Homograwe homo (dieselfde) + graphe (geskrewe) Dieselfde spelling; verskil in uitspraak en betekenis Byvoorbeeld: ónderwerp/onderwérp; pers [pæ:rs] / pers [pεrs].

10 Woordverhoudings Polisemie poli (baie) + sema (teken)
Betekenis behoort tot dieselfde betekenisveld. Dieselfde woord verskillende verwante betekenisse. Byvoorbeeld: skool

11 Dier Hond Kat Perd Woordverhoudings Hiponimie
hipo (onder) + onoma (naam) Hoofklas  superordinaat Subklasse staan as hiponieme bekend Byvoorbeeld: Dier Hond Kat Perd

12 Woordverhoudings Antonimie anti (teen) + onoma (naam)
Teenoorgestelde begrippe. Veral adjektiewe. Generiese teenoor gemerkte vorm. - Hoe lank is die tou? - Hoe kort is die tou? - 2m - Baie kort.

13 kind – kinderlik – kinds - kinderagtig
Woordverhoudings Paronieme para (naby) + onoma (naam) Dieselfde stam, klink eenders maar het nie dieselfde betekenis nie. kind – kinderlik – kinds - kinderagtig

14 Woordverhoudings Malapropismes mal à propos (FR. sleg + relevant)
Klink of lyk soos ’n woord waarna gesoek word. perspireer – aspireer

15 Woordverhoudings Toutologie beroerte-aanval kabeltou
tauto (dieselfde) + logos (verduideliking) Opeenstapeling van woorde met dieselfde betekenisse: beroerte-aanval kabeltou

16 Ek lyk identies nes my broer.
Woordverhoudings Pleonasmes pleon (te veel) Woord of gedagte wat in ’n konstruksie onnodig herhaal word. Die rede is omdat... Binne ’n jaar se tyd... Ek lyk identies nes my broer. ’n Dooie lyk.


Download ppt "Semantiek Woordverhoudings"

Verwante presentaties


Ads door Google