De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Spelreëls Jako Olivier - http://akkerkaans.org/ Jako Olivier (2016)

Verwante presentaties


Presentatie over: "Spelreëls Jako Olivier - http://akkerkaans.org/ Jako Olivier (2016)"— Transcript van de presentatie:

1 Spelreëls Jako Olivier - Jako Olivier (2016)

2 Lesuitkomste Aan die einde van die leergedeelte moet jy in staat wees om: ’n oorsig te gee van die drie basiese grondbeginsels van Afrikaans spelling en spelling van bepaalde woorde aan die hand van die spelreëls korrigeer of motiveer.

3 Bron: Spelling Verwys asseblief na: Afrikaanse woordelys en spelreëls
(2009) Die woordelys (bl ) is beskikbaar by:

4 Drie grondbeginsels Spelling word bepaal deur tradisie van Standaardafrikaans. Spelling is gebaseer op die klankstelsel van Standaardafrikaans. Vormlik verwante woorde word, sover moontlik, gelykvormig gespel.

5 Groepbespreking Wanneer kan nuwe woorde of niestandaardvorme wat dikwels gebruik word wel ingesluit word in die AWS? Bv. *huidiglik of hidrobreking (fracking)

6 Afbreek van woorde (bl. 1-6)
Die afbreek van woorde aan die einde van ’n lyn met ’n koppelteken. Eenlettergrepige woorde word nie afgebreek. Breek woorde af volgens betekenisvolle dele. bio-chemie; her-enig; va-naand; be-deling; ge-uiter; dis-trik; ru-briek; bro-sjure; Tex-as

7 Afkappingsteken (bl. 7-11)
Afkappingsteken of apostroof word met die volgende aangedui: of NIE Voorbeelde: Israeli’s, foto’s, radio’tjie, hoera’s, ja’s, ma’s, peetpa’s, Cecile’s, Louis’s, BMW’s, H.O.D.’s, B.A.’tjie, a’s, R’etjie, .22’s, 3’s, gr. 12’s, g’n, s’n, hy’t Maar: milieus, oupas, temas, Barrys, cowboys, crèche’e of crèches. '

8 Afkortings (bl. 12-22) Gebruik slegs erkende afkortings.
Moenie afkortings in sinne gebruik wat bedoel is vir gebruik in opskrifte, titels voor eiename en in bibliografieë nie. Vermy: ‘Dit is op bl. 2 van die boek.’ [Wat van ens.?] Tradisioneel word punte by afkortings gebruik, maar dit is nie altyd noodsaaklik nie: BA, NGOS, PanSAT, PVA, dr PJ Mostert, BSc-student, ens. Let ook op meervoudsvorme: OTM’e, PIN’s, ID’s, drr., mejj., mevv., mnrr., proff., BA’s.

9 Akuutteken (bl ) / Word net op vokaalletters en diftonge geplaas. Betekenisonderskeid: Ek kan die man nie verstaan nie. Ek kan dié man nie verstaan nie. Beklemtoning: dié, én ... én, nóg ... nóg, kóúd Woorde van vreemde herkoms: attaché, cliché Eiename van vreemde herkoms: Esmé, René, Asunción

10 Deelteken (bl ) ¨ Aangrensende vokaalletters wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat moontlik verkeerd uitgespreek kan word: argeoloë, breë, beïnvloed, altruïs, reünie. Nie by -ieel, -ieer of -ieet nie, maar by afleidings daarvan: dieet, diëte, kopieer, kopiëring. By afleidings met opeenvolging van vokale: geëien, beëdig. Opeenvolging van vokale met voorvoegsels van woorde met Klassieke herkoms: biëlektries.

11 Diftonge (bl. 30) Om tradisionele redes word die diftong [əi] deur ei of y weergegee: bry / brei, ly / lei, styl / steil

12 Getalle, syfers en simbole (bl. 31-42)
Gebruik koppelteken met samestellings: A-span, C#-majeur, 13oC-lesing, R100-noot, 14- jarige, 4-wielaangedrewe, $-teken Afkorting en simbool moet los van mekaar geskryf word: art. 12-maatskappy, gr. 11-klas Kyk na voorkeur van komma, nul voor desimale getalle, spasies vir duisende, datum en tyd (10h15 is verkeerd; eerder 10:15) SI-simbole is altyd kleinletters: m, km, cm, ℓ

13 Gravisteken (bl. 43) \ Gebruik slegs oop vokaalletters.
Dui uitspraak van [ε] by e aan: appèl, dè, hè Leenwoorde: crèche, première, vis-à-vis Eiename van vreemde herkoms: Adèle, Hélène, Eugène, Pietà

14 Hoof- en kleinletters (bl. 44-57)
Begin van sinne (behalwe as dit met afkappingsteken begin ’n ...) Eiename (kyk ook eiename as soortname en eienaamverbleking) Aanhefvorme Taalbenamings Bv. U Edele, Liewe Ma, Australiër, Divali, Ramadaan, Goeie Vrydag, Geagte dr. Marais, Nuwe Testament, Grondwet, Engels, Standaardafrikaans, Koerantengels, Wes-Afrika, dollar, euro, 5de Laan, Bybels of bybels, Noordwester, onbybels, amerikaniseer, japie teenoor Japie, diesel, gexerox

15 Konsonante (bl ) Gelykvormigheidsbeginsel by spelling: daad > dade Voltooide deelwoord wat eindig op -te of -de Verdubbeling van konsonantletters tussen vokaalletters – neem uitspraak in ag

16 Koppeltekens (bl. 74-98) Vergemakliking van lees: bo-op; wa-as
Betekenisverhouding tussen dele: digter-predikant; aan-af-skakelaar; Noordwes-Universiteit Weglaatteken: taal- en letterkundiges Afbreekteken: ver- gadering

17 Meervoudsvorme (bl ) -e en -s meervoudsvorme: rob-robbe; brief- briewe; boog-boë; junior-juniors; essay(s) Afkappingstekens: ma’s; pa’s; oupas; foto’s; radio’s; A’s; 1990’s; B.Ed.’s Deeltekens: fee-feë; alkali-alkalië; weg-weë Rang-, amps- of hoedanigheidsbenamings: adjudant-offisiere; generaal-majoors Tensy die laaste deel ’n kwalifiserende bepaling van die eerste deel is: direkteurs- generaal; regters-president

18 Skryfwyse: los en vas (bl. 111-146)
Afsonderlike woorde word los geskryf. Woorddele word vas aan mekaar geskryf. Samestellings word vas geskryf. Koppeltekens by: herhalings, afkortings, simbole en syfers. Eienaamverbindings wat as eienaam optree kan los, vas asook met of sonder ’n koppelteken geskryf word: Bloemfonteinmuseum Bloemfontein-Museum Bloemfontein-museum Bloemfontein Museum

19 Skryfwyse: los en vas (bl. 111-146)
Eienaam as soortnaam met eienaam as eerste lid – altyd vas: Nissanonderdele OF Nissan-onderdele Taalbenamings: Oosgrensafrikaans, Kaaps- Hollands (geografies), Afro-Amerikaans (saamgestelde taalbenaming met eerste deel wat op ’n -o eindig.), Noord-Duits (rigtingbywoord), Klassieke Latyn (verboë byvoeglike naamwoord). Woordgroepe word los van mekaar geskryf: ter aarde bestel, in diens neem. Afleidings van woordgroepe word vas geskryf: teraardebestellling, indiensneming

20 Skryfwyse: los en vas (bl. 111-146)
Verbindings van byvoeglike en selfstandige naamwoorde word los geskryf: senior bestuurder, privaat sak (maar: privaatreg). By plant- en diername word byvoeglike naamwoord wat kleur aandui vas geskryf: geelhoutboom Selfstandige naamwoord en byvoeglike naamwoord wat saam as byvoeglike naamwoord funksioneer word vas geskryf: kaalvoet kind Byvoeglike en selfstandige naamwoorde wat betekenisverdigting ondergaan het: donker kamer – donkerkamer; groot mens - grootmens

21 Skryfwyse: los en vas (bl. 111-146)
Verbindings met telwoorde: los: veertien riviere. Behalwe met betekenisverdigting: driehoek; geografiese name: Eersterivier, maar met bepaalde hooftelwoord: Drie Susters; samestellings en afleidings vas: eerstehands. Sien ook: breukname; woordgroepe met ’n byvoeglike naamwoord; werkwoordelike verbindings; voornaamwoorde met self, bywoordelike verbindings; verbindings met hier, daar en waar asook rigtingbywoorde

22 Verkleiningsvorme (bl. 147-151)
Uitgange: -ie, -jie, -kie, -pie, -tjie Let op gebruik van afkappingsteken. foto’tjie TV’tjie 8’ie

23 Vokale (bl. 152-159) Die volgende faktore het ’n invloed:
Oopheid of geslotenheid van lettergrepe Woordklem Herkoms van die woord Herkoms van die voor- en agtervoegsels waarmee ’n basis verbind Klankomgewing waarin die vokaal voorkom Tradisie Letters moet meer as een klankwaarde in verskillende klankomgewings voorstel

24 Wisseling en subkategorie (bl. 160-173)
Deelwoord met of sonder ge- Selfstandige naamwoorde met t na s aan die einde Byvoeglike naamwoorde met d aan die einde Gebruik van verbindingsklanke Voltooide deelwoorde met -te of -de Natuurwetenskaplike terme bv. hibried / hibride vitamien (vitamiene) / vitamine (vitamines)

25 Woorde van vreemde herkoms (bl. 174-184)
Verafrikaanste woorde: ghoeroe, indoena, pienk Vreemde woorde: oeuvre, ad hoc, canyon Tussenklas: Africana-Afrikana, restaurant-restourant Leenwoorde uit Afrikatale: hlonipha, Lesotho (maar Sotho / Suid-Sotho nie Sesotho), moruti, lobola

26 Hoffman en Bothastraat Naudés diè essensiëel
Hoekom is die volgende verkeerd? Skryf die korrekte vorm neer en dui die reël aan. Nieu Seeland Oud-Germaans 6e-laan V8 Ford NROs Hoffman en Bothastraat Naudés diè essensiëel

27 Nieu Seeland – Nieu-Seeland (12.31) Oud-Germaans – Oudgermaans (14.16)
Hoekom is die volgende verkeerd? Skryf die korrekte vorm neer en dui die reël aan. Nieu Seeland – Nieu-Seeland (12.31) Oud-Germaans – Oudgermaans (14.16) 6e-laan – 6e Laan (9.15) V8 Ford – V8-Ford (14.12) NROs – NRO's (3.18) Hoffman en Bothastraat – Hoffman- en Bothastraat (12.38) Naudés – Naudé's (13.26) diè – dié (4.1) essensiëel – essensieel (5.2)


Download ppt "Spelreëls Jako Olivier - http://akkerkaans.org/ Jako Olivier (2016)"

Verwante presentaties


Ads door Google