De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

HALFJAARBERAAD 2014 BEAMPTE-ONDERSOEK Ben Cilliers

Verwante presentaties


Presentatie over: "HALFJAARBERAAD 2014 BEAMPTE-ONDERSOEK Ben Cilliers"— Transcript van de presentatie:

1 HALFJAARBERAAD 2014 BEAMPTE-ONDERSOEK Ben Cilliers
NOORD-GAUTENG STOEI HALFJAARBERAAD 2014 BEAMPTE-ONDERSOEK Ben Cilliers

2 NOORD-GAUTENG STOEI

3 BEAMPTE-ONDERSOEK INHOUD VAN VOORLEGGING
1. AGTERGROND 2. NAVORSINGSTEGNIEK 3. OPSOMMING VAN BEVINDINGS 4. TERUGVOER RESULTATE 5. ANALISE VAN KOMMENTAAR 6. ONDERSOEK AANBEVELINGS 7. NGS BERAAD-RESOLUSIE

4 BEAMPTE-ONDERSOEK AGTERGROND
Daar word landswyd probleme ondervind met die aanbieding van stoei-toernooie en kampioenskappe as gevolg van ‘n tekort aan beamptes om op die dag op te tree.  Die tekort veroorsaak knelpunte wat toernooie langsaam laat verloop, soms ook op minder matte as wat beoog word en ook soms word minder ervare beamptes in rolle gebruik waarvoor hulle nog nie gereed is nie. Ons verloor ook ervare mense vir verskeie redes en ondervind min sukses om nuwe beamptes betrokke te kry. Daar is verskeie redes waarom die situasie voorkom en daar sal ook verskillende oplossings hiervoor verkry moet word. Die Noord-Gauteng Stoei Uitvoerende Bestuur (NGS UB) het my gevra om onafhanklike navorsing hieroor te doen. Ek glo om die beste verteenwoordigende opinie en insette te verkry, is om ‘n navorsings-projek waar statistiese ontleding van die groep se opinie asook moontlike oplossings te verkry van so groot as moontlike steekproef van die stoei-populasie. NGS is bekend daarvoor om pro-aktiewe en innoverende oplossings te bied en dit is my voorreg om hierby betrokke te wees. Hierdie verslag verteenwoordig die inligting wat ingesamel is uit ‘n verskeidenheid onderhoude asook ‘n navorsings-vraestel wat versprei is na nagenoeg 505 beamptes, ouers en stoeiers in die Noord-Gauteng stoei-gemeenskap, in ‘n poging om ‘n meningspeiling uit hierdie populasie te verkry. Ongeveer 13% van die teikengroep het insette gelewer.

5 BEAMPTE-ONDERSOEK NAVORSINGSTEGNIEK
Voorbereiding Die navorsing is gebasseer op die mandaat verkry vanuit ‘n skrywe van NGS UB. Die probleemstelling en vraelys is die gesamentlike verwerking van verskeie besprekings en onderhoude met bestuurslede en beamptes in NGS se stoei-gemeenskap, en navorsing ten opsigte van soortgelyke probleme in die stoei-gemeenskap in Brittanje en die VSA, asook probleme en oplossings wat skeidsregters in die VSA se Rugby, Sokker en Basket-bal organisasies in verslae bestudeer is. Populasie Die totale populasie van geregistreerde lede van NGS met e-posaddresse op NGS se registrasie-databasis is as moontlike respondente vir die navorsing vraelys geïdentifiseer. Die lys is aangevul deur die databasis van geregistreerde stoeiers en beide ouers van Centurion Stoei Gimnasium hierby saam te voeg en duplikate te verwyder. Dit is ook later aangevul deur die e-posaddresse van bestuurslede van NGS hierby te voeg. Altesaam 505 unieke e-posadresse is geïdentifiseer en gevra om aan die navorsingsprojek deel te neem. Vraelys Die voorlopige navorsing is verwerk in ‘n vraelys van 52 vrae. Die vrae is ingedeel in drie kategorieë: Demografiese Inligting Probleemstelling/Ontleding Oplossings Die vrae is deur middel van ‘n internet-gebaseerde navorsings-enjin “SurveyMonkey” ( ) artikuleer en aan al die e-posadresse gestuur. Ongeveer 50 van die e-posadresse was ongeldig. Die e-pos het die doel van die navorsing uitgespel en baie mooi gevra vir eerlike antwoorde en voorstelle om die probleem akkuraat te ontleed en innoverend op te los. 67 lede van NGS het ‘n vraelys voltooi en so ‘n bydrae tot die oplossing van die probleem gemaak.

6 BEAMPTE-ONDERSOEK OPSOMMING VAN BEVINDINGE
Die respondente is dit eens dat daar ‘n groot probleem is ten opsigte van ‘n tekort aan skeidsregters in stoei en 90% is van mening dat daar te min sulke persone is, en nie genoeg werwing gedoen word nie. Almal verstaan die belangrike rol wat skeidsregters in die sport speel en meeste dink dat skeidsregters hul werk geniet. Sowat 80% van die respondente is nie beamptes nie en nie een respondent, wat nie reeds ‘n beampte is/was nie, was bereid om ‘n beampte te word nie. Die hoofredes waarom mense nie beamptes wil word nie, is: Beeld: Gebrek aan aansien, respek en vertroue. Dit is nie “cool” om skeidsregter te wees nie. Werksomstandighede: Oorwerk (lang ure) erkenning en mis eie kind se wedstryd. Vergoeding oftewel finansiële oorwegings Werksdruk (day-job) Meeste respondente voel dat die kwaliteit van skeidsregters ‘n probleem is en dat swak beslissings algemeen voorkom. Dit gebeur gereeld dat beamptes rondom die mat met mekaar verskil en dit veroorsaak ook ‘n gebrek aan vertroue. Opleiding word as ‘n algemene probleem beskou. 60% van respondente voel dat daar onvoldoende opleiding is en 68% beveel aan dat skeidsregters her-opleiding moet ontvang na ‘n swak optrede.

7 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER
DEMOGRAFIE

8 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

9 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

10 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

11 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

12 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

13 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

14 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER
PROBLEEMSTELLING

15 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

16 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

17 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

18 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

19 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

20 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

21 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

22 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

23 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

24 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

25 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

26 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

27 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

28 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

29 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

30 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

31 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

32 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

33 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

34 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

35 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

36 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

37 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

38 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

39 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

40 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

41 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

42 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

43 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

44 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

45 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

46 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

47 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

48 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

49 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

50 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

51 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

52 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER
OPLOSSING-GEFOKUSDE TERUGVOER

53 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

54 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

55 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

56 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

57 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

58 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER
OOP TERUGVOER-INSETTE

59 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER
VRAE WAAROP GEREAGEER IS Wat stel jy voor moet gedoen word om skeidsregters betrokke te hou? Aksies om skeidsregters te behou? Aksies om beamptes te werf? Hooftemas waaronder kommentaar gesorteer kan word: Prestasie-gefokusde bestuur. Leierskap. Respekvolle interaksie binne die beamptekorps (moet nie lede verkleineer of sonder respek hanteer voor ander beamptes of voor die publiek nie.) SASF-komiteelede en senior beamptes se optrede teenoor junior beamptes. Senior lede moet ondersteunend en opbouend optree teenoor junior lede. Disrespekvolle en afbrekende kommentaar voor ander beamptes en die publiek moet stop. Toepassingsgerigte opleiding en optrede (Kleuters, kinders, algemeen, prestasie) Mentorskap / ”coaching” E-opleiding Kwalifikasie-sisteme Beampte-opleiding by ander aspekte van stoei Mondelikse eksamen (toets kennis) Beamptevergoeding (addissioneel tot die dek van uitgawes) *Oorweeg as die vergoeding van sekere vlakke. Skep bewusmaking by ander amptenary van die beamptereëls en werksomstandigheid deur kursusse en optrede. Beampte-opleiding en optrede vir afrigters en Spanbestuurdes Motiveer stoeiers tussen 16 tot 20 jaar om op te tree deur gratis registrasie.

60 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER
Motiveer beamptes deur sigbare erkenning op verskeie vlakke en geleenthede. Maak dit aangenaam om op te tree Skep interaksie tussen beamptes en ander klub lede (*betrek beamptes by klub-aktiwiteite) Algemene erkenning Skep werksomstandighede wat die persoonlike omstandighede en behoeftes van beamptes in ag neem Korter optredes Geleentheid om eie kinders te ondersteun tydens toernooie Dek uitgawes Beampte-loopbaanbeplanning (versnel opgradering) Bou deurlopend aan die professionele beeld van beamptes. Verjong die beeld van beamptes. Energiek Kleredrag ”Cool” om ʹn beampte te wees Vestig respek teenoor beamptes Inligtingsessies aan ouers, stoeiers en ander amptenare om die reëls en werksomstandighede van beamptes te verstaan skep ʼn gesindheid van waardering en begrip vir die werk van beamptes. Toepaslike kleredrag Werf beamptes

61 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER Hoofkomponent analise (Principal component analysis)

62 BEAMPTE-ONDERSOEK RESULTAAT VAN TERUGVOER

63 BEAMPTE-ONDERSOEK AANBEVELINGS
Die behoud en uitbou van beampte-getalle is afhanklik van 4 fasette: Ontwikkelingsgerigte-bestuur vir beamptes wat die bedryf van die beamptesake in die algemeen, asook van die individu, bevorder. Kyk na leierskap, opleiding, erkenning, werksomstandighede, koste en vergoeding en die bevordering van die beeld van beamptes in die algemeen. Deursigtige opgraderingsprosesse met balans van teoretiese kennis en praktiese blootstelling/ervaring. Gereelde hernuwing van kennis tesame met mentorskap-program. Vestig sterk leierskap wat ander beamptes op ‘n opbouend wyse ondersteun. Beter doelgerigte opleiding. ‘n Meer toeganklike behoorlike kurrikulum, opleidingsmateriaal en toetsing (prakties ook) vir beamptes. Verpligte leer van die stoei-reëls vir stoeiers bo 12, met spesiale leermateriaal en kursusse vir die doel, versprei onder alle stoeiers. Bou die beeld van beamptes uit binne die interne bemarking van stoei in die algemeen, gedryf vanaf die nasionale-, provinsiale- en klubvlakke na ouers, stoeiers en die publiek, veral skoolgaande ouderdomme. Spesifieke bemarking van die rol van Beamptes/Skeidsregter. Maak dit gesog (cool) om beampte te wees, ook vir tienderjariges. Bevorder erkenning van beamptes op verskeie vlakke en geleenthede. Beter werksomstandighede: Akkomodeer die persoonlike behoeftes van beamptes. Oorweeg spesifieke aspekte wat verband hou met die werksomstandighede, kostes en vergoeding vir werk gelewer. Skep geleentheid vir beamptes om hul kinders te sien stoei.

64 BESPREKING EN RESOLUSIE
BEAMPTE-ONDERSOEK BESPREKING EN RESOLUSIE

65 BEAMPTE-ONDERSOEK RESOLUSIE
Beamptesake is  ʼn algemene prioriteit vir alle NGS strukture: Die uitbou van beampte getalle en opleiding van beamptes word as  ʼn prioriteit aanvaar vir spesifieke aksies deur alle klubs en Noord-Gauteng Stoei met die doel om gesamentlik ʼn inkrementele verandering te verseker en mekaar verantwoordelik te hou. Klubs moet eie spesifieke aksies in plek plaas om hul verantwoordelikheid rondom beamptes na te kom. Die verantwoordelikheid van klubs bly onveranderd: Klubs bly primêr verantwoordlik vir werwing van beamptes. Inligting vanuit die studie moet deur klubs oorweeg word vir eie inisiatiewe en aksies om werwing en die behoud van beamptes te verseker. Klubs bly verantwoordelik vir alle registrasies en vergoeding rondom vervoer en verblyf. Klubs bly verantwoordelik vir akkreditasies en inskrywings van korrekte getal beamptes vir toernooie. Die Beampteraad (met nuwe struktuur) sal ‘n ondersteunende rol speel met werwing deur: Klub besoeke, Interne opleiding, Voorligtingsessies, Loopbaanbestuur, ens. Afrigters- en Spanbestuurdersrade moet spesifieke aksies loots om die beampte -betrokkenkeid en optrede konstruktief te bevorder.  Bewusmaking tydens opleidingsessies Moedig optrede as beampte aan Hanteer konfrontasie en konflik met respek teenoor die individu Moedig erkenning van beamptes aan.

66 BEAMPTE-ONDERSOEK RESOLUSIE 2
Die UB köopteer ‘n persoon as uitvoerende amptenaar om die bestuur van Beamptes by te staan met die uitvoering van ontwikkelingsinisiatiewe met direkte rapportering na die Vise-president.  Temas soos bespreek in die verslag sal as riglyn dien vir spesifieke aksies om te implementeer. Take sal bykomend en ondersteunend wees tot huidige take soos in die Grondwet Die persoon sal sitting hê, sonder stemreg, op die UB asook op die Beampteraad.  Skep ʼn NGS Gulde vir professionele beamptes:  ʼn Georganiseerde groepering van beamptes wat onderhewig is aan die Reglement van die beampteraad maar met bykomende voordele wat in ʼn afsonderlike bykomende reglement vervat is. Beamptes van ʼn bepaalde hoëvlak gradering wat vergoed word vir hulle optrede. Die bestuur van optredes en vergoeding van die Gulde word onafhanklik deur ʼn NGS amptenaar gedoen. Befonsing vir vergoeding word deur NGS ondersteun met die verwagting dat eie befondsing geskep word deur uitverhuring van dienste en deur borgskappe. Fondse vir die vergoeding en administrasie van hierdie beamptes sal uit ʼn afsonderlike trustfonds bedryf word. Spesifieke befonsingsaksies moet geloots word om die trustfonds te skep en volhoubaar te vestig. NGS sal die trustfonds afsonderlilik bedryf en die administrasie sal deur ʼn onafhanklike amptenaar hanteer word.  Ontwikkel ʼn opleidingskurrikulum wat verskillende vlakke van beampte-bevoegdheid ondersteun. Belyning met ander strukture kan op ʼn later staduim gebeur.


Download ppt "HALFJAARBERAAD 2014 BEAMPTE-ONDERSOEK Ben Cilliers"

Verwante presentaties


Ads door Google