De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Ekokritiek Jare lank het ons letterkunde gefokus op sosiaal-maatskaplike, politieke en geslagskwessies. Dit is die afgelope dekade dat daar letterkunde.

Verwante presentaties


Presentatie over: "Ekokritiek Jare lank het ons letterkunde gefokus op sosiaal-maatskaplike, politieke en geslagskwessies. Dit is die afgelope dekade dat daar letterkunde."— Transcript van de presentatie:

1 Ekokritiek Jare lank het ons letterkunde gefokus op sosiaal-maatskaplike, politieke en geslagskwessies. Dit is die afgelope dekade dat daar letterkunde oor ekologiese kwessies ontstaan. Dit is eers onlangs dat skrywers die lesers bewus maak dat die mens die aarde en ons lewegewende bronne vernietig a.g.v ons materialisme.

2 vervolg Ons beskou die natuur as iets buite onsself, ons romantiseer die natuur as ‘n mooi plek waarheen ons kan ontvlug, maar volgens die Nuwe Materialisme is ons een met die natuur en ons moet hom oppas. Dr. Susan Smith en ander letterkundiges is ‘n groep wat hulself die Groen Akademici noem. Hulle gebruik die woordkuns vir bewusmaking van die natuur.

3 Drama Terme 1. Die 3 basiese elemente in enige drama is HANDELING, DIALOOG, BOTSING. 2. Dialoog is die woorde van die karakters/personasies. Dit word regop gedruk en word ook die HOOFTEKS genoem. Die funksie hiervan is om die storielyn uit te beeld en die karakters te leer ken. 3. Neweteks/Subteks is die TONEELAANWYSINGS. Dit word kursief gedruk of tussen hakies geplaas.

4 Die funksie van die neweteks is om vir die akteurs en regisseur die karakters se handelinge en bewegings aan te dui. 4. Handeling: Is die aksies van die karakters Wat doen hulle en hoe doen hulle dit? Uiterlike Handeling: Kan van buite waargeneem word, soos gebare en dialoog. Innerlike Handeling: Dit is die emosies van die karakters. Botsing/Konflik: Uiterlike botsing kan van buite waargeneem of aangehoor word.

5 Innerlike botsing woed in die gemoed of gewete van die persoon.
Soorte Konflik: * Wat die karakter met homself het – innerlike konflik. * Tussen karakters (uiterlik). * Tussen die karakter en sy sosiale omgewing. * Tussen karakter en natuur (eko-kritiek). * Tussen karakters en omstandighede. * Tussen karakter en morele kwessies. * Tussen karakter en die noodlot.

6 11. Klimaks: Die mees intense oomblik, nie noodwendig die slot nie.
9. Intrige: Hoe die gebeure op mekaar volg / die verhaalplan / patroon van gebeure. Subintrige: Onderliggende temas wat parallel met die hoofgebeure loop. 11. Klimaks: Die mees intense oomblik, nie noodwendig die slot nie. 12. Antiklimaks: Wanneer daar nie aan die verwagting voldoen word nie / teleurstelling na groot afwagting / die erns gaan verlore a.g.v ‘n betekenislose gebeurtenis.

7 Karakters: Die mense in die drama (eg of fiktiewe fantasiekarakters)
Personasies: Soms is karakters slegs universele voorstellings van persoonlikheidstipes. Hulle het soms net byname wat hul persoonlikhede verteenwoordig of het geen vanne nie. Protagonis: Die hoofkarakter, held of gunsteling. Antagonis/Teenspeler: Die grootste vyand of bedreiging (kan bv. ook ‘n plek of natuurelement wees.)

8 17. Tritagonis: Derde hoofspeler, gewoonlik die ondersteuner van die held.
18. Hoofkarakter: (Sentrale karakter) Die meeste inligting verskyn oor hom en hy ontwikkel gewoonlik die meeste. 19. Bykarakters/Randkarakters/Newekarakters: Hulle speel ‘n kleiner rol en ondersteun die hoofkarakter. (Hulle kan konflik of intrige veroorsaak, ‘n werktuig in die hoofkarakter se hande wees. Hulle kan ook versoening bewerkstellig of aanvalle afweer.)

9 20. Volkarakter / Ronde karakter: Hierdie karakter ontwikkel / verander.
21. Vlakkarakter / Platkarakter: Hierdie karakter ontwikkel nie. 22. Karakterontwikkeling: Hoe verander die toeskouer se siening van die karakter soos die drama vorder? 23. Geloofwaardigheid / Oortuigende karakter: Is die karakter oortuigend? Kom die situasie op die verhoog ooreen met die werklike lewe? 24. Identifiseer: Voel jy as toeskouer soos die karakter?

10 25. Karakteriseringstegnieke: Deur watter tegnieke word die karakter aan ons voorgestel?
* Sy taalgebruik * Sy voorkoms of kleredrag * Sy reaksies op gebeure * Wat hy van homself vertel * Wat ander karakters van hom vertel * Wat die verteller oor hom meedeel 26. Funksionaliteit: Het die karakter se optrede enige funksie wat bydra tot die gebeure en tema?

11 27. Speeltyd (Soos die verteltyd in ‘n verhaal): Uit hoeveel bladsye bestaan die geskrewe drama / hoe lank neem dit om dit op te voer? 28. Gespeelde tyd (Soos die vertelde tyd in ‘n verhaal): Oor hoe lang tydperk strek die verhaal in die drama? 29. Tydsprong: Gebeure word oorgeslaan / nie vertel nie en daar word na die toekoms beweeg. 30. Terugflits: Verwys terug na wat voor die gebeure afgespeel het.

12 31. Tempo: Verloop die gebeure vinnig of stadig en hoekom?
Tydsverloop: * Chronologies: in presiese volgorde van gebeure * Achronologies/Fragmentaries: die hede en verlede wissel mekaar af, daar word rondgespring in tyd. 33. Stemming (atmosfeer/toon/gevoel/emosie): Gevoel wat deur dialoog, teks of visuele elemente soos dekor en beligting geskep word.

13 Dramatiese alleenspraak / Monoloog: Lang alleen spreekbeurt waarin die karakter sy gedagtes en gevoelens aan die gehoor, maar nie aan medespelers nie, bekend maak. Spanning/Afwagting: Ons wonder wat verder gaan gebeur. Onderbrekings: Tussen tonele kan spanning versterk of verligting van spanning meebring. (Daar kan spronge in TYD of verwisseling van PLEK wees.)

14 37. Die 3 groepe dramas: 1. Televisie- en rolprentdrama. 2
37. Die 3 groepe dramas: 1. Televisie- en rolprentdrama Radiodrama of hoorspel Verhoogdrama. 38. Die Verhoogdrama: * Die dialoog is die belangrikste * Handeling ondersteun die dialoog * Die verhoogdrama is gebonde aan tyd en ruimte, dekor kan nie maklik verskuif word om verskillende plekke of areas voor te stel nie. 39. Ironie: Die teenoorgestelde gebeur van wat ‘n mens sou verwag: Jy verwag iets MAAR die teenoorgestelde word waar.

15 Dramatiese ironie: Die gehoor/leser/toeskouer weet iets meer omtrent die betrokke situasie wat die betrokke speler nie weet nie. (FUNKSIE: Dit verhoog die spanning en versterk die gehoor se betrokkenheid.) Ruimte/Plek: ‘n Drama het 3 ruimtes. * Die verhoog as speelruimte * Die ouditorium as gehoorruimte * Die dramatiese ruimte ontstaan tydens die opvoering, wanneer handeling, dialoog en botsing begin.

16 Titel: Reeds met die lees van die titel word iets oor die inhoud gesuggereer of voorspel.
Teks/Geskrewe stuk: Die teks kan ‘n VOLLENGTE drama met verskillende BEDRYWE (soos hoofstukke) en kleiner TONELE (onderafdelings) wees. OF Dit kan ‘n EENBEDRYF (sonder bedrywe) wees.

17 Terme vir dieper interpretasie
1. Perspektief (Fokuspunt): Die waardes, geloof of ervaring wat deur die verteller oorgedra word. 2. Eksplisiete/Ooglopende betekenis: Duidelik waarneembare, letterlike betekenis. 3. Implisiete/Gesuggereerde/Verskuilde betekenis: Die leser of toeskouer moet aflei wat eintlik bedoel word.

18 Interteks: ‘n Idee of bewoording uit ‘n bestaande teks (gedig, verhaal, sprokie...) word gebruik, waarop ‘n nuwe idee gebaseer word. Metateks: As die skrywer/ verteller of die kunsvorm self KOMMENTAAR lewer op die geskrewe teks / die skryfproses. Diskriminasie: Daar word onderskeid getref tussen tipes mense, met bevoordeling van die een groep. Aktualiteit: Die gebeure kan toegepas word op belangrike gebeure in ons samelewing.

19 Sprokiesgegewe: Ou bekende sprokies word dikwels as interteks vir nuwe dramas gebruik, om dieselfde morele waardes oor te dra. Daar is ook altyd: * Goeie en slegte karakters * ‘n Verwysing na: EENDAG LANK LANK GELEDE * ‘n Woud * Heks of bonatuurlike karakters * Rykdom teenoor armoede 9. Die mens as slagoffer: Daar is altyd iemand wat skade ly.

20 10. Kritiek: Sosiaal-maatskaplike, politieke of morele kritiek word in die verhaal verskuil.

21 Drama - GROEN Gaerin Hauptfleisch

22 Die Dramaturg

23 vervolg Gaerin is in 1971 in Bloemfontein gebore.
Hy het in Pretoria grootgeword en sy skoolopleiding op Stellenbosch voltooi. Na skool was hy vir ‘n jaar in die weermag en daarna 2 jaar oorsee. Hy studeer drama aan die universiteit van Stellenbosch en verwerf sy meestersgraad. Hy is getroud met die aktrise Stephanie Hough.

24 vervolg Hy het tot dusver al 20 toneelstukke geskryf waarvan 19 opgevoer is. Hy behartig ook ander toneelstukke se regie. Hy hou van fietsry, reis en The Jesus and Mary Chain (‘n Skotse alternatiewe groep musikante) Hy hou egter glad nie van Telkom en van mense wat stadig in die vinnige verkeersbaan ry nie.

25 Agtergrond van die drama
Die stuk is in 2005 vir die Hoër Meisieskool Bloemhof geskryf en is by verskeie toneelfeeste opgevoer. Die drama is geskoei op die sprokie van Hansie en Grietjie. Die verdraaiing van die teks gee aanleiding dat die teks komies is. Hier is gebruik gemaak van vertellers, aangesien die tyd beperk is.

26 vervolg Die vertellers vertel die drama aan ons. Die karakters vertolk dus nie die gebeure nie en daarom is die drama komies. Die stuk is deur meisies opgevoer, daarom is daar 2 Grietjies. Die stuk se titel is Groen, omdat dit deel is van ‘n trilogie van sprokies wat begin het met Rooi (verwys na Rooikappie) en eindig met Pers. Die stuk is ook gebaseer op omgewingsvriendelikheid

27 Karakters Elke akteur vertolk twee rolle: * Grietjie 1 – Verteller 4
* Houtkapper – Verteller 6 * Stiefma – Verteller 5 * Heks – Verteller 2 * Verteller - Voëltjie

28 Woordverduideliking Kommersieel: - Wat die handel betref (Om iets te vervaardig) Geëksploiteer: - Uitbuit en misbruik maak van Gediversifiseer: - Telkom het verskeie, nuwe onderafdelings

29 Opsomming van die drama Bladsy 77
Die drama begin met: Eendag lank, lank gelede... Of dan nie so lank gelede... En in ‘n plek glad nie so ver van hier... Op die rand van wat ‘n baie groot woud was... Met hierdie begin weet ons dat die sprokie anders gaan verloop. Die gediversifiseerde Telkom is die geldgierige papiermaatskappy en nie Sappi nie.

30 Sappi is die grootste papierverwerkingsmaatskappy in S
Sappi is die grootste papierverwerkingsmaatskappy in S.A – geleë in Mpumalanga

31 Die Houtkapper Hy is arm
Hy het nie ‘n selfoon soos sy vriende nie, maar maak gebruik van ‘n Telkom landlyn. Hy word uitgebuit. Hy is bekommerd oor hoe hy vir sy gesin gaan sorg.

32 Hier het ‘n arm, erg uitgebuite houtkapper saam met sy gesinnetjie gewoon.
Telkom buit hom uit met belaglike hoë telefoonrekeninge. Hy is opreg bekommerd hoe hy na sy twee kindertjies gaan omsien. Die enigste oproepe wat hy gemaak het, was die drie keer wat hy sy ma gebel het en die noodoproep na die dokter toe. Hy is so droewig daaroor soos ‘n Stormers-ondersteuner!

33 Bladsy 78 Die houtkapper het ‘n tweede vrou – die kindertjies se stiefma. Die vrou word vergelyk met ‘n man wat onemosioneel is en slegs belangstel in logiese oplossings en nie belangstel in emosionele redes nie. Sy beveel die houtkapper om op te hou huil en na haar raad te luister. Die stiefma verwys neerhalend na die twee kindertjies as snuiters.

34 Wat die stiefma wil hê, is gewoonlik nie min nie
Wat die stiefma wil hê, is gewoonlik nie min nie. Dit dui daarop dat die stiefma spandabelrig is. Tussen die vertellers word daar geredeneer oor die styl van die drama: Is dit komies of satiries? Die houtkapper val hulle in die rede met die woorde dat hy wil aangaan met die drama, want hy moet nog sy kinders in die bos gaan los vir die wolwe! Die verteller suggereer dat die moontlike “wolwe” dalk Telkom se senior direksie is!

35 Die stiefma is ‘n baie sarkastiese persoon, want sy sê sy weet wat om te sê.
Sy wil die kindertjies die volgende dag na die digste deel van die bos vat. Die houtkapper herinner haar dat die gholf resort by die rivier gebou word, so die digte bos word binne gedring. (Ekokritiek) Die Stiefma het geen simpatie nie en dring daarop aan dat die bos wel gevind sal word en dat die kinders wel agter moet bly met slegs ‘n stukkie brood. Die Stiefma dring daarop aan dat die kinders, sonder kos en water, in die digte woud moet verdwaal. (Wreedheid teenoor kinders)

36 Bladsy 79 Die kinders, a.g.v honger, kon nie slaap nie en het alles gehoor. Hier is ‘n verwysing na die interteks van Hansie en Grietjie (die sprokie) wat gebruik word. ‘n Bakleiery ontstaan oor die rolverdeling tussen “Hansie en Grietjie” en toe word daar besluit dat daar 2 Grietjies gaan wees. Die funksie van die ellips in r. 13 is dat die verteller, met sarkasme, wil verwys dat die 2 Grietjies nie behoorlik kan toneel speel nie.

37 Grietjie 1 en Grietjie 2

38 vervolg Grietjie 2 is die realistiese een van die twee Grietjies. Grietjie 1 is baie emosioneel. Grietjie 2 hardloop en kry haar vriendin , Gertrude, se pa se GPS om die pad terug te vind. Grietjie 2 is sterk en selfversekerd en neem beheer oor die situasie. Stiefma maak hulle vroeg die volgende oggend wakker, met die opdrag dat hulle moet gaan hout bymekaar maak en dat hulle nie te gou van hulle brood moet eet nie, want dit is al wat hulle gaan kry. (Implisiete betekenis is dat die stiefma wreed is teenoor hulle)

39 Bladsy 80 Die milieu word beskryf as:
1. Erosie-geteisterde heuwels.

40 2. Stinkende, besoedelde dam

41 3. Blikkies- en bottelbesaaide vlakte

42 Soos in Worcester of so!

43 Die houtkapper is eko-bewus, want hy sê dat slegs bloekom- en wattelhout bymekaar gemaak moet word – dit is uitheems!

44 Pa maak gou ‘n vuur, want hy het nie die hout by Spar gekoop nie.
Die verskuilde (implisiete) betekenis is dat hout wat by afdelingwinkels gekoop word, nie ‘n goeie kwaliteit vuurmaakhout is nie.

45 Verteller 2 wil verteller 1 met ‘n stuk hout oor die kop slaan
Hier word van uitsteltegniek gebruik gemaak. Die vertellers begin onder mekaar baklei om die spanning te verlig t.o.v die nare stiefma wat so wreed teenoor weerlose dogtertjies optree. Die vertellers word aangehits om te baklei soos in ‘n Jerry Springer-gehoor.

46 Bladsy 81 Te danke aan die GPS, kom die dogtertjies veilig by die huis aan en vang hulle die stiefma en hul pa onverhoeds. Hul pa sit met ‘n sjampanje glas, dus is hulle besig om iets te vier. Ironies gee die pa voor dat hy bekommerd oor hulle was, maar tog het hy geweet waar hulle is. Die stiefma spreek haar man as pappa aan.

47 Die stiefma se wreedheid teenoor die kindertjies gaan aan.
Die volgende Telkomrekening arriveer en die stiefma het ‘n bietjie woes met die Woolworthskaart aangegaan. Die geld is reeds opgebruik deur die stiefma se spandabelrigheid en die oplossing, volgens haar, is dat die twee net dieper die bos moet ingeneem word.

48 Die pa is baie hartseer oor die twee dogtertjies wat weereens na die bos geneem moet word.
Bladsy 82 * Die pa gee ‘n voorstel dat van hulle goed verkoop moet word of dat hulle ‘n banklening moet aangaan om die kinders te behou. Alles is egter reeds verkoop, omdat Telkom reeds alles gevat het: die Playstation, die George Foreman grill en die Abflex. Indirek is dit eintlik die Stiefma wat te veel geld bestee wat die armoede veroorsaak en nie Telkom nie!!

49 Bladsy 82 Grietjie 1 huil soos gewoonlik ( Meisies huil gewoonlik – dit is ‘n verwysing na Grietjie in die oorspronklike sprokie). Grietjie 2 sê dat sy moet ophou huil en dat sy ‘n plan sal beraam. (tipiese optrede van ‘n seun – verwysend na Hansie in die oorspronklike sprokie.) In r.10 en 11 sê die verteller dat Grietjie 1 die verwagte doen. Die verwagte is dat Grietjie 1 weer gaan begin huil (Boo-hoo-hoo)

50 vervolg Die verteller sê dat elkeen weer ‘n stukkie brood van die stiefma ontvang – dit dui weereens op ongevoeligheid en armoede. Verteller 2 sê dat die ouers is te besig om hulle te verlustig in hul komplot om te sien wat Grietjie 2 doen. Dus is die pa deel van die komplot en dit is ironies, want die pa groet hulle treurig, maar tog is hy deel van die komplot om ontslae te raak van sy dogters.

51 vervolg Hulle is nie die varsste biscuits in die pakkie nie, beteken dat hulle dom is. (Konnotatiewe betekenis) Die funksie van die ellips in r. 28 is dat Verteller 2 die Verteller in die rede val. Die verwysing na sad in r. 31 is nie hartseer nie, maar dat die verwysing na die Stormers nou vervelig raak. Weer sê die Houtkapper dat hulle ‘n klomp hout bymekaar moet maak vir ‘n vuur – die implisiete betekenis is dat die 2 Grietjies ook nie baie slim is nie, want die pa en stiefma vang hulle weer met dieselfde truuk.

52 Bladsy 83 Grietjie 1 (tipies meisie) glo inherent dat alle mense goed is en daarom sê sy dat hulle sal terug kom en dat Stiefma net opgewonde is, want Stuttafords het ‘n sale. Stuttafords verwys daarna dat die Stiefma duur smaak het, vandaar die finansiële verknorsing waarin hulle as familie gedompel is.

53 vervolg Verteller 2 verwys sarkasties daarna dat Grietjie 1 die brains in die familie het. Grietjie 1 is uiters emosioneel t.o.v hulle situasie. Vir die eerste keer voel beide Grietjies dieselfde, deur te vra: “Wat nou gemaak?” Grietjie 2 kom egter dadelik weer sterk na vore met die woorde: “Ons sal ‘n manier vind, moenie bekommerd wees nie.”

54 vervolg Die funksie van die ellips in r. 25 is dat die Verteller soek na die korrekte vergelyking, maar sy vind dit nie. Die verdere funksie is om humor te skep. Grietjie 1 neul – dit verwys na klein kindertjies wat moeg en honger word, dan begin hulle neul om aandag te kry. Grietjie 2 tree soos ‘n volwassene op, deur te sê dat sy lus het om Grietjie 1 agter te laat. Dit dui dus kontras aan – volwassene teenoor jong kind (groot/klein)

55 vervolg In r. 35 praat hulle van die getal 3 (derde keer) – die magiese getal – waar hulle om ‘n vreemdlykende boom stap. Die parentese in r.36 (mense maak ‘n boom) verwys na die sprokie wat deur mense opgemaak is. (Alle dinge is dus moontlik in ‘n sprokie!)

56 Bladsy 84 Grietjie 1 sê sonder sarkasme in r.9 dat sy nou só gerusgestel is, want sy vertrou haar sussie en dat Grietjie 2 die sterker een is wat haar sussie sal oppas. Weereens word daar verwys na die getal 3 in r.12, waar hulle vir 3 dae rondgedwaal het. Hulle was so dors dat hulle selfs gegeurde mineraalwater sou aandurf – die implisiete betekenis is dat hulle nie van dié tipe water hou nie.

57 vervolg Pa sê dat hy slegs ‘n bietjie sad is, maar die Stiefma verlei hom met ‘n fillet steak. Dus is die pa se gevoelens baie oppervlakkig. Die herhaling en ellips in r. 29 dui vir ons aan hoe erg Grietjie 1 kerm en kla (neul). Sy is honger en dors en daarom het sy ‘n tantrum. ‘n Voëltjie begin bo Grietjie 1 se kop ‘n half bekende deuntjie fluit.

58 vervolg Verteller 2 sê dat dit pragtige klanke is, maar die neweteks sê dat dit aaklige klanke is. Die konnotatiewe betekenis is dat dit vir die 2 Grietjies baie mooi, bekende klanke is en dit laat hulle veilig voel, alhoewel die klanke wat die voël maak nie mooi klink nie. Die voëltjie begin van tak tot tak vlieg in ‘n beweging wat vertolk kan word dat die kinders die voëltjie moet volg.

59 Bladsy 85

60 Skielik verskyn daar ‘n “tannie” van êrens – die heks!!
vervolg Hulle begin eet vir dood en is nie bekommerd oor enige gesondheidsrisiko’s nie – die kinders is dood van die honger. Skielik verskyn daar ‘n “tannie” van êrens – die heks!! Die tussenwerpsel (Uh-huh) in r.27 beteken dat Grietjie 2 baie lekker eet. Die Heks is nie baie gelukkig dat hulle haar huisie eet nie en sy nooi hulle dus na binne om vir hulle behoorlike kos te gee. Die huisie is omgewingsvriendelik (eko-vriendelik) en nie vir eet nie.

61 Bladsy 86 Verteller 5 gee ons meer agtergrond aangaande die heks nl. dat sy kannibalistiese neigings het. ( Sy eet mensvleis!) Sy wil die kinders vet voer en “kindertjie-lasagne” van hulle maak Die heks gee vir hulle ‘n voedsame maaltyd, met ‘n pilletjie in om hulle te laat slaap.

62 Die heks kan nie besluit wat om eerste te kook van die kinders nie.
Sal dit: * Kindertjie-stroganoff, * Ertjie-en-kindertjiesop of * Kinderkerrie-en-rys wees?? Die heks besluit om vir Grietjie 2 in die hok te stop en Grietjie 1 moet haar help om haar sussie vet te voer.

63 Grietjie 1 wil by die heks weet waar die put of stroom is waar sy water kan kry, want dit is wat sy by haar ouerhuis geken het. Die heks sê egter aan haar dat die kraan in die kombuis is. Dus het die heks se huisie lopende water. Die heks sê dat daar organiese (eko-vriendelik) hoenderfilette is en dat Grietjie 1 Chicken á la King moet maak. Grietjie 1 kan baie lekker kos maak, want sy het Verbruikerstudies op skool. Grietjie 1 mag nie saam met hulle eet nie, want die heks wil nie onnodig kos op haar mors nie. Haar hoofdoel is om Grietjie 2 vet te kry.

64 Bladsy 87 Grietjie 1 mag slegs ‘n porsie Weetbix met warm melk kry of iets soortgelyk. Die heks is beïndruk met die kos en kies “tjoppies” vir die volgende dag om te braai. Grietjie 1 raak in vervoering oor die kos wat sy maak en vergeet van hulle omstandighede.

65 Bladsy 88 Verteller 6 se kommentaar in r. 4 en 5 is sarkasties toe sy sê: “dís waar ‘n mens eerste vet word: jou vingers!!” Die heks het nie van Verteller 6 se stemtoon of sarkasme gehou nie en toe verander sy haar vinnig in ‘n gr. 12-skooldogter van Hoër Meisieskool Bloemhof. (Die stuk is in 2005 juis vir die Hoër Meisieskool Bloemhof geskryf)

66 Grietjie 2 gebruik toe ‘n hoenderbeentjie elke keer wat die heks wou voel of sy al vetter geword het. Sy het die hoenderbeentjie gekry van ‘n heuning-en-mosterd-hoenderdis wat Grietjie 1 voorberei het. Grietjie 2 was dus na 4 weke nogsteeds nie vet genoeg nie en die heks begin ongeduldig word.

67 Die heks is ontevrede met Grietjie 2, want sy vra of sy Bio-slim (‘n tipe dieet middel) in haar hok wegsteek. Die heks wil Grietjie 2 eet, maar Grietjie 1 verlei haar met die lekker kos wat sy maak. Dit is geregte soos Bolognaise-sous, Herderspastei met ‘n patat-en-botterneut-mousse, asook Sushi met Wasabi.

68 Bladsy 89 Die Heks gaan na haar kelder toe om ‘n botteltjie Thelema te gaan haal wat goed saam met die sushi sal gaan. Thelema is ‘n eksklusiewe, duur witwyn wat baie gewild is onder kundige wyndrinkers. Dit sê dat die Heks goeie smaak in wyn het en dat sy ook weet watter wyn saam met sekere kossoorte gaan. Dus het ons hier te doen met ‘n gekultiveerde Heks. Die twee Grietjies besluit toe om die Heks in die kelder toe te sluit. Die Heks dreig weereens, uit woede, om hulle te eet deur ‘n Chilli con carne van hulle te maak.

69 Die hok waarin Grietjie 2 is, is ingevoer vanuit Duitsland!
Grietjie 1 is nou die realistiese een van die twee wat bereid is om na die Heks se proposisie te luister en Grietjie 2 gooi nou ‘n tantrum. (Rolle is nou omgeruil!!) Hulle los die Heks vir 3 dae in die kelder. Die Heks, met haar wynversameling, is nou al redelik aangeklam.

70 Bladsy 90 Die Heks erken hier dat sy nie eens van kindervleis hou nie.
Die samelewing het haar gestereotipeer deur te glo dat alle hekse mensvleis eet. Haar proposisie is dat sy wil hê die kinders moet by haar bly. Sy sal vir hulle sorg en hulle kan haar help om haar skatte te belê. Die kinders onderhandel met haar om hulle pa ook by hulle te laat bly. Die Heks is dadelik opgewonde oor ‘n man, want sy dink dadelik aan al die werk in en om die huis wat ‘n man gewoonlik verrig. Die Heks stoot die sleutel onderdeur die deur en Grietjie 2 word bevry en die Heks word uit die kelder gelaat.

71 Grietjie 1 en 2 was bly toe hulle die nuus hoor.
Bladsy 91 Die Heks sê dat sy hul ongeskikte krulkop stiefma raakgeloop het en dat sy in ‘n put geval het. Grietjie 1 en 2 was bly toe hulle die nuus hoor. Die Heks sê dat haar naam Mathilda is. Sy sê ook dat hulle hul pa moet gaan haal en dat hy nader bly as wat die Grietjies dink!

72 vervolg Die familie word weer herenig.
Die pa en Mathilda het mekaar dadelik met romantiese oë gesien. Grietjie 2 het die heks se skatte belê en dit byna verdubbel. Die pa spog deur te sê dat hy ‘n ordentlike losskakel vir die Stormers gekoop het. Almal se lewensgehalte het verbeter!

73 Grietjie 2 het die heks se skatte in ‘n 2de vastelyn-operateur belê.

74 vervolg Groen eindig met die woorde: En so eindig ons storie, sonder bloedvergieting en sonder gewere, soos dit ‘n ware sprokie betaam... Dit is net in ‘n sprokie waar die ideale wêreld bestaan!!

75 Dramatiese Struktuur 1. Uiterlike Bou:
* Hoe lank is die geskrewe teks? * Is daar verskillende bedrywe en tonele? * Interessante tipografie? 2. Innerlike Bou: Hoe word die drama INHOUDELIK in onderafdelings verdeel?

76 Eksposisie / Uiteensetting (Inleidingsfase):
Die gehoor maak kennis met die belangrike besonderhede. Hier kom ons agter wie die karakters is, waar hulle is, wat hul omstandighede is en waar die gebeure afspeel. Motoriese moment: Dit gebeur na die eksposisie en is daardie oomblik of gebeurtenis wat die aksie aan die gang sit.

77 Ontwikkeling / Verwikkeling:
* Die handeling wat deur die motoriese moment aan die gang gesit is, word verder gevoer. * Dit vorm die grootste gedeelte van die drama. * Die botsende of opponerende magte word al hoe meer, die situasie raak meer problematies, spanning neem toe en die krisis bou op.

78 Hoogtepunt /Klimaks: * Spanning bereik ‘n breekpunt. * Dit bring ‘n KRISIS mee, wat eintlik al van die begin af onafwendbaar (onvermydelik) is. Ommekeer / Keerpunt: * Daar vind ‘n beslissende wending in die handeling plaas – die dinge ontwikkel in ‘n seker rigting. * Iets gebeur wat die verhouding red of vernietig.

79 Ontknoping/Afwikkeling/Slot:
* Daar word ‘n oplossing gevind (of dalk nie). * Die spanning neem af (of nie). * Karakters leef lank en gelukkig saam (of nie). Let wel: ‘n Oop slot/ Oop einde kom voor waar die gehoor/leser nie presies kan voorspel wat die uiteinde van die karakters gaan wees nie. Hy kan maar net wonder wat verder gaan gebeur.


Download ppt "Ekokritiek Jare lank het ons letterkunde gefokus op sosiaal-maatskaplike, politieke en geslagskwessies. Dit is die afgelope dekade dat daar letterkunde."

Verwante presentaties


Ads door Google