De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

‘Handboek’: Die Bybel Die LP3- benadering

Verwante presentaties


Presentatie over: "‘Handboek’: Die Bybel Die LP3- benadering"— Transcript van de presentatie:

1 ‘Handboek’: Die Bybel Die LP3- benadering
Die LP3-benadering gebruik die Bybel as Handboek met lyne, panele, portrette, en prente as hulpmiddels. Die LP3- benadering

2 yne anele 12 ortrette 30+ rente Die LP3- benadering

3 yne anele ortrette rente 12 Die LP3- benadering
Daar is 12 oorsigtelike panele: Vanaf die oertyd tot aan die einde van die Nuwe Testament is daar 7 panele. ‘n Verdere 5 panele is bygevoeg om die die groot eras van die geskiedenis en die Kerk tot by vandag te bring. Daar is dus 12 panele in totaal – ses voor Christus en 6 na Christus. Dit plaas die kruis in die middelpunt. Die volgende 12 skyfies gee ‘n aanduiding van die lyne en vaste prente op elke paneel. Elke paneel is ook ‘n agtergrond waarteen nog prente vasgesit word. Die LP3- benadering

4 Oerverhale, Verstaanshorison
Paneel 1: Die Oerverhale

5 Abraham, Isak, Jakob, Josef
Paneel 2: Aartsvaders

6 Egipte tot Intog in Kanaän
Paneel 3: Uittog tot Intog

7 Paneel 4: Rigters en Konings

8 Ballingskap en terugkeer
Paneel 5: Ballingskap en terugkeer

9 Jesus se geboorte tot Kruisiging
Paneel 6: Jesus kom

10 Jesus se kruisiging tot Paulus
Paneel 7: Opstanding tot NT Gemeentes

11 Paneel 8: Die Bybel en Belydenis
Eerste eeue nC Paneel 8: Die Bybel en Belydenis

12 Paneel 9: Die donker Middeleeue

13 Begin boek-era, en Hervorming
Paneel 10: Boekdrukkuns en Hervorming

14 Tegnologiese Era/Sending-era
Paneel 11: Tegnologie en Sending

15 Elektroniese/Digitale era (Post-modernisme)
Paneel 12: Elektroniese era en ons

16 Eredienste Kleingroepies Sistematies deur Bybel
Groot lyne van Christendom Visuele inprenting Hou kerngroepe (gesinne) bymekaar Werk volgens Kerklike Jaar Eredienste Kleingroepies Volgens die LP3-benadering word daar ‘n grootgroep-byeenkoms (of erediens) gehou waartydens die Bybelverhale en waarhede vertel en verduidelik word. Daar word sistematies deur die bybel gewerk terwyl die groot lyne van ontwikkeling in die Christendom getrek word. Met die panele, portrette en prente wat in een groot geheel hanteer word, vind visuele inprenting plaas. Indien moontlik word soveel lede van die huisgesin (of kerngroepe in die samelewing) bymekaar gehou tydens hierdie aanbiedings, sodat die gesin (oftewel kerngroep) tuis saam verder daaroor kan besin. Die benadering maak ook voorsiening daarvoor om die Kerklike Jaar te volg.

17 Oerverhale, Konings tot ballingskap
Lukas + Oerverhale, Konings tot ballingskap Matteus + Johannes + 18 Inleidende temas + 3 jaarsiklusse Egipte tot Kanaän + ‘n Gemeente kan begin met 18 oorsigtelike aanbiedings (2 kwartale). Hierna volg daar drie jaarsiklusse: Jaar 1 fokus op die Aartsvaders en Josef, doen ‘n oorsig oor die geskiedenis tussen Josef en Jesus se koms en hanteer dan die Koms van Jesus uit die gesigspunt van Lukas en Handelinge. In jaar 2 word ‘n oorsigtelike hersiening van die aartsvaders gedoen. Daar word dan verder gefokus op die uittog uit Egipte, die woestynervarings en die Intog in Kanaän. Na ‘n oorsig oor die geskiedenis tussen die Intog en die geboorte van Jesus, word die Nuwe Testament behandel uit die oogpunt van Matteus en ‘n bietjie van Paulus se verhale. Op dieselfde wyse word die derde siklus hanteer: Oorsig oor die geskiedenis voor die Rigters en Konings. Fokus op die Rigters, Konings, Ballingskap en Terugkeer en dan aansluiting by die Nuwe Testament uit die Johannese geskrifte. Aartsvaders +

18 Eredienste Kleingroepies Sistematies deur Bybel
Groot lyne van Christendom Visuele inprenting Hou kerngroepe (gesinne) bymekaar Werk volgens Kerklike Jaar Bybelkarakters = my geestelike familie Eredienste Kleingroepies In aanbiedings word die verhalende gedeeltes uit die Bybel gebruik Binne hierdie verhale is daar bepaalde persone wat as my geestelike familie oftewel Portretfigure behandel word. Hulle funksioneer as identifikasiefigure (positief en negatief!).

19 Portret: Iets kenmerkends Abraham  sterre
Isak Jakob Josef Portret: Iets kenmerkends Abraham  sterre Portrette oorsig Moses Josua Samuel Elia Jona Jesaja Gideon Simson Rut Agab Josia Saul Dawid Salomo Maleagi My geestelike Familie-galery Daniël Ester Elke persoon in ons geestelike familie-galery word deur ‘n portret voorgestel waarop daar ‘n kenmerkende iets uitgebeeld word, byvoorbeeld die sterre op Abraham se portret-agtergrond. Hierdie portrette word op die regte plek teen die 12 panele aangebring en help om ‘n visuele inprenting te gee van die periode waarin hierdie persoon geleef het. Nehemia Maria Petrus Johannes Paulus Konstantyn Luther Calvyn

20 Eredienste Kleingroepies Sistematies deur Bybel
Groot lyne van Christendom Visuele inprenting Hou kerngroepe (gesinne) bymekaar Werk volgens Kerklike Jaar Bybelkarakters = my geestelike familie Eredienste Kleingroepies Bou verhoudings Leer God ken Breek boodskap af tot op verstaansvlak Oefen die geloof in Die kleingroepe wat gewoonlik volg net na die erediens of grootgroep-byeenkoms, fokus op verhoudingsbou. Hier word daar geleer om ook met God as ‘n Lewende Persoon te praat. Daar word saam gesoek na toepassings vir vandag se lewe op die verstaansvlak van die groep. Elke kleingroepbyeenkoms word op dieselfde manier gehou met 5 fokuspunte.

21 Kleingroepies So? Fokus 1 Hoe gaan dit met jou? Fokus 2
Wat was interessant in die erediens? So? Hoe is God (Vader, Seun, Heilige Gees?) Fokus 3 Kleingroepies Hoe was die mense van die Bybelse tyd? Fokus 4 Die vyf fokuspunte van die dissipelskapgroepies. Verhoudingsvraag: Hoe gaan dit met jou. Dit kan op 1001 maniere gevra word! Ope vraag oor die erediens/grootgroep-byeenkoms waar die Bybelverhaal vertel is, Bybelfigure bekend gestel is, prente en simbole vertoon is. Werk met ENIGE opmerking wat die kinders maak – selfs oor iemand wat laat gekom het, of ‘n baba wat gehuil het…. Ontdek saam hoe God is. Die Bybel is geskryf om ons aan God voor te stel. (God openbaar Homself deur die Skrif). Watter impak/uitwerking het God se bekendstelling van Homself op die Bybelse mense gehad. Hoe het hulle reageer/respondeer? So? Wat het hierdie selfde God vir my te sê en hoe kan ek daarop antwoord? Die kleingroep word nie verplig om deur al 5 fokuspunte te gaan nie. Indien hulle by fokus 1 of 2 vassteek en die tyd is verstreke, is dit genoeg! Die ouers word versoek om self verder gedurende die week te soek na toepassings. Die LP3-benadering is ‘n benadering met die Bybel in die hand van die gesin saam met die Lyne, Panele, Portrette en Prente as inprentingsmateriaal.


Download ppt "‘Handboek’: Die Bybel Die LP3- benadering"

Verwante presentaties


Ads door Google