De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Bevolkingsgroei en -verandering

Verwante presentaties


Presentatie over: "Bevolkingsgroei en -verandering"— Transcript van de presentatie:

1 Bevolkingsgroei en -verandering
Kwartaal 3

2 Sleutelwoorde – Kwartaal 3
Migreer : Om permanent te trek na’n ander plek. Dehidrasie : Ontwatering; ‘n gevaarlike gebrek aan water in die liggaam. Longontsteking : Inflammasie van die longe Wanvoeding : ‘n Gebrek aan gesonde voedsel in die diet Malaria : ‘n Siekte wat deur die steek van ‘n besmette muskiet veroorsaak word. MIV : Menslike Immuniteitsgebrekvirus; ‘n Virus wat ‘n persoon se immuniteitstelsel afbreek. VIGS : Verworwe Immuniteitsgebreksindroom; ‘n siekte wat die immuniteitstelsel aantas juffrouj.wordpress.com

3 Sleutelwoorde – Kwartaal 3
Tuberkulose : ‘n Siekte wat die longe affekteer. Immuunstelsel : Die liggaamstelsel wat siektes beveg. Epidemie : Die uitbreek van ‘n siekte in ‘n land of streek waar ‘n groot aantal mense besmet word; as die siekte oor verskeie lande versprei, word dit gewoonlik as ‘n pandemie beskou. Pandemie : Wydverspreide siektes wat dikwels oor die hele wêreld voorkom en wat ‘n groot aantal mense affekteer. Inenting : Inspuiting van ‘n entstof om ‘n persoon teen ‘n siekte te beskerm. juffrouj.wordpress.com

4 Sleutelwoorde – Kwartaal 3
Geboortebeperking : ‘n Metode wat gebruik word om swangerskap te verhoed. Landelik : Buite die stad, in die platteland. Stedelik : Wat verband hou met ‘n stad of dorp; teenoorgestelde van landelik Verstedeliking : Wanneer mense van plattelandse gebiede na dorpe en stede trek. Pensioen : Geld wat gereeld betaal word deur die regering, of ‘n voormalikge werkgewer, aan iemand tydens hulle aftrede. Volksmoord : Die grootskaalse doodmaak van ‘n nasionale godsdiens of etniese groep. juffrouj.wordpress.com

5 Sleutelwoorde – Kwartaal 3
Aborsie : Die beëindiging van ‘n swangerskap deur die fetus op ‘n vroeë stadium uit die baarmoeder te verwyder. HJ : Dit beteken “huidige jaartelling”. Influensa : ‘n Siekte wat hoë koors, seer keel, loopneus, hoofpyn en spierpyn toon; griep Bederfbaar : Kan vrot of sleg word. Rioolstelsel : Die infrastruktuur wat gebruik word om rioolvuil weg te voer. juffrouj.wordpress.com

6 Eenheid 1 : Bevolkingskonsepte
Datum : juffrouj.wordpress.com

7 Geboortesyfer Geboortesyfer : Die aantal
geboortes per 1000 mense in een jaar. Geboortesyfer word gebruik om te bepaal teen watter koers die bevolking groei Gemiddelde geboortesyfer vir die wêreld is 20 geboortes per jaar per 1000 mense. juffrouj.wordpress.com

8 Sterftesyfer Sterftesyfer : Die aantal sterftes per mense in een jaar. Hoë sterftesyfer kan ook voorkom as ‘n land ‘n groot aantal bejaardes het. Gemiddelde sterftesyfer vir die wêreld is huidig ongeveer 8,6 per 1000. juffrouj.wordpress.com

9 Bevolkingsgroei Bevolkingsgroei : Die toename in ‘n land se bevolking in een jaar. Word aangegee as ‘n persentasie van die bevolking aan die begin van die jaar. Sluit in : aantal geboortes en sterftes; en ook die aantal mense wat na ‘n land migreer en die land verlaat gedurende daardie tydperk. Gemiddelde bevolkingsgroei in die wêreld is 1% juffrouj.wordpress.com

10 Aktiwiteit 3.1 1. aantal geboortes per 1000 mense in een jaar
aantal steftes per 1000 mense in een jaar Die toename in ‘n land se bevolking in een jaar. As ‘n persentasie van die bevolking aan die begin van die jaar uitgedruk. Weerspieël die aantal geboorte en sterftes, asook die aantal mense wat na die land migreer en die aantal mense wat die land in die tydperk verlaat 2. Afrika Australië, VSA en Suid-Afrika juffrouj.wordpress.com

11 babasterftesyfer Babasterftes : Die aantal babasterftes per lewende geboortes. Dehidrasie was tot onlangs die algemeenste oorsaak van babasterftes wêreldwyd. Longontsteking is tans die algemeenste oorsaak van kindersterftes. Die wêreldgemiddeld vir babasterftes is ongeveer 57 per 1000. juffrouj.wordpress.com

12 Aktiwiteit 3.2 1. Babasterftesyfer word omskryf as die aantal babas wat sterf vir elke 1000 lewende geboortes. ‘n Baba is ‘n kind van een jaar oud of jonger. 2.a – 1955 2.b – 2050 2.c. Die koers het geleidelik afgeneem 3. Sedert moeders deur gesondheidsowerhede aangeraai word om hul babas ‘n mengsel van sout, suiker en water in te gee, het die aantal sterftes afgeneem. juffrouj.wordpress.com

13 Lewensverwagting Lewensverwagting : Die gemiddelde aantal jare wat ‘n persoon, vanag geboorte tot sterfte, kan verwag om te leef. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die lewensverwagting in Suid-Afrika van 56 jaar na 54 jaar gedaal. Die daling in lewensverwagting in Suid-Afrika kan moontlik aan MIV en Vigs toegeskryf word. Die wêreldgemiddelde het van 66 na 68 jaar toegeneem. juffrouj.wordpress.com

14 Aktiwiteit 3.3 1. Ontwikkelde 2. Hulle is almal in Afrika geleë
3. ‘n Hoë babasterftesyfer sal die lewensverwagtingsyfer verlaag Aangesien die lewensverwagtingsyfer die gemiddelde ouderdom is waarop ‘n persoon dodogaan, sal die dood van baie jongmense die gemiddelde sterfte-ouderdom verlaag. juffrouj.wordpress.com

15 Eenheid 2: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed
Datum :

16 1. Siekte Wydverspreide siektes soos MIV en Vigs,
tuberkulose en malaria kan dodelik wees. In lande waar hierdie siektes algemeen voorkom, is die sterftesyfers baie hoog. Een van die mees vernietigende pandemies in die geskiedenis was Die Swart Dood tussen 1348 en 1350 Die pokkevirus het in 1713 na die Kaap versprei en kort daarna in ‘n epidemie ontaard. juffrouj.wordpress.com

17 Aktiwiteit 3.4 Pandemie: ‘n siekte met ‘n wydverspreide uitwerking; ‘n epidemie wat baie lande affekteer Epidemie: Die uitbreek van ‘n siekte wat vinnig versprei; Dit affekteer minder mense as ‘n pandemie. ‘n Pokke-inenting is ontwikkel. Suksesvolle inentingsprogramme wat regoor die wêreld begin is, het gehelp om poke uit te wis. MIV en Vigs kom wydverspreid in sentraal- en suidelike-Afrika voor, byvoorbeeld daar word beraam dat 10% van Suid-Afrika se bevolking MIV positief is, wat meer as 5 miljoen mense is. Die grootste persentasie MIV-positiewe gevalle is onder mense tussen die ouderdom van 15 en 49 jaar. Dit sal ‘n skerp styging in die sterftekoers veroorsaak. Meer vroue as mans is MIV- positief. Dit sal die geboortekoers laat daal omdat vroue wat aan Vigs-verwante siektes ly, minder waarskynlik swanger sal raak. ‘n Toename in die sterftekoers onder vroue in die ouderdomsgroep wat kinders kan hê, sal ‘n verlaagde geboortekoers vir ‘n land tot gevolg hê. juffrouj.wordpress.com

18 2. Ekonomiese status Welvarende gemeenskappe het gewoonlik toegang tot beter mediese geriewe en het gewoonlik genoeg geld om mediese versekering te betaal. Hulle ontvang makliker mediese behandeling en bestaande siektes word dus ook meer doeltreffend bestuur. Faktore wat ekonomiese status en geboortesyfers beïnvloed: Gegoede gemeenskappe het gewoonlik toegang tot verskeie metodes van geboortebeperkings. In armer gemeenskappe kan vroue moontlik nie maklik by die plaaslike kliniek kom om toegang tot geboortebeperking te kry nie. Kulturele oortuigings en verskille verhoed ook dikwels dat vroue ‘n keuse kan uitoefen juffrouj.wordpress.com

19 3. Familiebehoeftes, -houdings en -oortuigings
1. Kinders as deel van die arbeidsmag Daar word dikwel van kinders verwag om van jongs af take te verrig soos om gewasse te plant, diere te versorg of hul jonger broers en susters op te pas. Geboortesyfers is hoog in daardie gemeenskappe omdat kinders beskou word as ‘n manier om arbeid te verskaf 2. Koste van grootmaak en opvoeding van kinders Die stygende kostes laat mense besluit om minder kinders te hê. juffrouj.wordpress.com

20 3. Familiebehoeftes, -houdings en -oortuigings
3. Die beskikbaarheid van pensioene Afgetrede mense met ‘n pensioen wat aan hul finansiële behoeftes voldoen, het genoeg geld om kos, klere, mediese benodighede en ander noodsaaklikhede te koop, wat tot ‘n afname in die sterftesyfer lei. 4. Verstedeliking Die lewenskoste is hoër in stedelike gebiede as in landelike gebiede. Vroue in stedelike gebiede het ook groter toegang tot gesinsbeplanningsdienste waar hulle raad oor geboortebeperkingsmetodes kan kry juffrouj.wordpress.com

21 3. Familiebehoeftes, -houdings en -oortuigings
5. Die gemiddelde trou-ouderdom Dit beïnvloed die geboortesyfer in daardie groep mense. In gemeenskappe waar mense vroeg trou, is die geboortesyfer hoër. 6. Geloofsoortuigings Sommige mense beskou die meeste geboortebeperkingsmetodes as teen hulle geloof. juffrouj.wordpress.com

22 Aktiwiteit 3.5 juffrouj.wordpress.com

23 4. Konflik en oorloë Oorloë, konflik en volksmoord het al miljoene mense se lewens geëis. Die sterftesyfer in lande waar daar oorlog is, of wat ernstig nasionale geweld ervaar, is baie hoog. In oorlogstyd word die geboortesyfers ook waarskynlik beïnvloed omdat soldate vir lang tye weg is van die huis. juffrouj.wordpress.com

24 5. Regering se beleid Sestig jaar gelede was die Japannese regering bekommerd oor die hoë geboortesyfer en het geboortebeperking aangemoedig en aborsie gewettig. Nou het Japan een van die laagste geboortesyfers in die wêreld en die regering is bekommerd oor die dalende bevolkingsyfer. Die Japannese regering het ‘n beleid ingestel van maandelikse kontantbetalings aan paartjies met kinders. juffrouj.wordpress.com

25 5. Regering se beleid In China besluit die regering hoeveel kinders gebore moet word. In 1979 het die Chinese leier, Deng Xiaoping, ‘n wet ingestel waarvolgens elke paartjie net een kind mag hê om kommunistiese China se bevolkingsgroei te beperk. Paartjies wat meer as een kind het, moet groot boetes betaal vir skoolopvoeding, ens. juffrouj.wordpress.com

26 Eenheid 3 : Die wêreld se bevolkingsgroei
Datum : juffrouj.wordpress.com

27 Interpretasie van ‘n lyngrafiek
Plak opsomming Juffrou deel grafiekpapier uit vir akt 3.7 juffrouj.wordpress.com

28 Patroon van wêreldbevolkingsgroei
Plak figuur uit handboek wat juffrou uitdeel Die Verenigde Nasies beraam dat die bevolking op 31 Oktober 2010 al 7 biljoen was en dat dit teen 2050 tot 9 biljoen sal toeneem. juffrouj.wordpress.com

29 Aktiwiteit 3.8 1. 2. In HJ 1, was die bevolking 300 miljoen en het bestendig gebly tot ongeveer HJ 1000 toe dit 310 miljoen bereik het. Na HJ 1000 het die bevolking stadig begin toeneem tot dit 500 miljoen in die jaar bereik het. Na 1500, het dit gestyg tot die 1.6 biljoen in bereik het Daarna het dit baie vinnig met 3.4 biljoen in net 87 jaar gestyg. Vanaf 1987 tot 2010, in slegs 23 jaar, het die bevolking met ‘n verdure 2 biljoen gestyg juffrouj.wordpress.com

30 Ontwikkelings wat bevolkingsgroei beïnvloed het
1. Verhoogde voedselproduksie Kommersiële boerdery het die afgelope eeu toegeneem. Boere kan voedsel op groot skaal produseer en vir ‘n wins verkoop. Meer mense het nou toegang tot meer voedsel en ‘n groter verskeidenheid voedsel is beskikbaar. Dit dra by tot bevolkingsgroei omdat mense genoeg voedsel het om te eet. AKTIWITEIT 3.9 juffrouj.wordpress.com

31 Aktiwiteit 3.9 1. ‘n Kommersiële plaas word as ‘n besigheid bedryf, wat beteken dat boere voedsel op groot skaal kan produseer en hierdie voedsel teen ‘n wins kan verkoop. 2. Mense het genoeg kos om te eet en hulle het ‘n groter verskeidenheid kos om van te kies. Die sterftekoers daal omdat dit minder waarskynlik sal wees dat mense van hongerte sterf, of van siektes wat deur ‘n gebrek aan vitamiene en voedeingstowwe veroorsaak word. Die geboortekoers sal waarskynlik ook toeneem indien moeders gesond is en behoorlik gevoed is. Dit lei tot ‘n toename in bevolkingsgroei. 3. Mense ly nog steeds honger omdat alhoewel daar gemiddeld genoeg kos vir almal is, is die swak vervoerinfrastruktuur het beperkte toegang tot voedsel, asook mense wat in oorloggeteisterde gebiede woon. Mense wat in toeganklike gebiede woon sal voordeel trek uit verhoogde voedselproduksie en meer kos hê. Mense het nie geld om kos te koop nie. juffrouj.wordpress.com

32 2. Wetenskaplike ontwikkelings
Meer begrip en beheer oor siektes en infeksie, beter sanitasie en die gebruik van blikkieskos en verkoelin om voedsel te preserveer het sterftesyfers aansienlik verminder en bevolkingsgroei laat toeneem. Maniere is ontdek om siektes waaraan miljoene mense voorheen gesterf het te voorkom. Entstowwe is ontwikkel wat die siektes kan verhoed. Sanitasiestelsels is ontwikkel om alle menslike afval te verwyder of te verwerk. juffrouj.wordpress.com

33 Aktiwiteit 3.10 1. Pokke en polio
2. Die voedsel word verhit om mikro-organismes, wat voedsel laat bederf, dood te maak. Lug word tydens die verhittingsproses uitgeforseer en soos die blikkie afkoel, vorm dit ‘n vakuumseël. ‘n Vakuumseël maak die blikke lugdig. Dit voorkom kontaminering van die voedsel. 3. Indien daar nie op ‘n higiëniese manier met afval weggedoen word nie, kan dit ‘n broeiplek word vir vlieë, rotte en mikro- organismes wat siektes versprei. juffrouj.wordpress.com

34 3. Verbeterde gesondheidsorg
Klinieke in landelike en stedelike gebiede, het daartoe bygedra dat mense oor basiese higiëne opgevoed word. Toerusting in mediese laboratoriums het ook verbeter. Daar is meer paramedici wat opgelei is om ongelukslagoffers te versorg. Al die verbeteringe beteken dat die sterftesyfer daal en lewensverwagting toeneem. Die gevolg daarvan is bevolkingsgroei. juffrouj.wordpress.com

35 Aktiwiteit 3.11 Juffrou gee grafiekpapier PLAK MEMO IN
juffrouj.wordpress.com


Download ppt "Bevolkingsgroei en -verandering"

Verwante presentaties


Ads door Google