De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Voorbereide Toespraak

Verwante presentaties


Presentatie over: "Voorbereide Toespraak"— Transcript van de presentatie:

1 Voorbereide Toespraak
Taak 5

2

3 1. Wenke: Jou toespraak kan: * Vermaak (humoristiese uitbeelding)
* Inlig (feitelike, met navorsing) * Oortuig (beredenerend/argumenterend) * Inspireer (sielsboodskap) Jy mag as: *Individu OF *Besprekingspaneel OF *Groep met beurtspraak, optree.

4 Toesprake wat in geheel afgelees word, kan nie as MONDELING tel nie.
Skryf jou toespraak uit. Som jou hoofgedagtes nou op kaartjies op, sodat jy slegs daarna hoef te kyk. Toesprake wat in geheel afgelees word, kan nie as MONDELING tel nie. Bewaar die toespraak vir die portefeulje!

5 2. Riglyne: 1. Onderstreep die kernwoorde in die toespraak en maak seker dat jy weet wat elkeen beteken. 2. Hou die kaartjies met hoofpunte byderhand. 3. Besluit op jou benadering: Wil jy inlig, amuseer, inspireer of oortuig? 4. Besluit hoe jy wil begin, sodat jy onmiddellik die gehoor betrek.

6 5. Laat die onderwerp by jou ervaringswêreld aansluit.
6. Skryf jou hele toespraak uit en maak seker dat jy ‘n: * Inleiding: (belangstelling prikkel) * Middel: (3 punte met bewyse) * Slot: (die indruk wat jy by die gehoor laat) het. 7. Maak seker dat ‘n duidelike tema soos ‘n goue draad deur die praatjie loop. 8. Kies ‘n styl en taalregister wat by jou persoonlikheid en onderwerp pas.

7 9. Verwys na ‘n verskeidenheid bronne en gee erkenning aan ander persone se insigte.
10. Dink aan hoe jy jou stellings met bewyse gaan staaf. 11. Waak teen onnodige herhalings en clichés (afgesaagde uitdrukkings). 12. Praat harder en sagter vir spesiale effek. 13. Praat teen ‘n normale tempo, sodat mense kan inneem wat jy sê. 14. Gebruik pouses om jou woorde te laat insink en die gehoor kans te gee om jou woorde in te neem.

8 15. Gebruik ‘n natuurlike stemtoon.
16. Vermy stopwoorde soos: * oukei * wel * nou ja!! 17. Gebruik gepaste aanspreekvorme soos: * Dames en Here * Medeleerders * Klasmaats ens. 18. Gebruik gepaste woordeskat en taalstrukture. 19. Maak oogkontak met die gehoor en moenie jou toespraak aflees nie.

9 20. Gebruik jou aantekeninge of kaartjies onopsigtelik.
21. Span humor in om jou toespraak interessant te maak, maar vermy onvanpaste grappe. 22. Gebruik emotiewe en oorredingstaal, waar dit gepas is. 23. Retoriese vrae en effektiewe herhalings kan as beklemtoningsmiddele gebruik word. 24. Maak slegs van oudio-visuele hulpmiddele gebruik as dit werklik jou toespraak verryk. 25. Die woorde en kontak met die gehoor is die belangrikste.

10 Voorskrifte Jou mondeling moet so ongeveer twee minute lank wees.
Wees vanaf die tweede/derde week in die 2de Kwartaal gereed. Die onderwerpe wat volg is riglyne. Jy kan dit interpreteer/aanpas/varieer soos jy of jou groep dit wil hê!!

11 Onderwerpe: 1. Ons vernietig ons aarde 2. Ekologiese probleme
3. Natuurbewaring 4. Blikkies en bottels... (kan ook na drinkgoed verwys) 5. Leefstylsiektes 6. ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees 7. Ek moet vir Hansie en Grietjie kos gee... 8. Wenke vir ‘n gesonde leefstyl

12 9. Ek kom by ‘n lekkergoedhuisie aan
10. Wenke vir gesonde gesinsverhoudinge 11. Die mens is altyd iewers ‘n BEGINNER 12. Kunstegnieke 13. Wat jou kunswerke van jou vertel... 14. Kleure, kleure, kleure 15. My gunsteling kunstenaar/musikant/skrywer/sjef/tv-aanbieder 16. Liefdesverhoudings 17. As jy weer vir my skryf, vra ek... 18. Dissipline 19. Waarom ek van tegnologie in die klaskamer hou

13 20. Sosiale media 21. Ons moet sonder “slotte” lewe, maar... 22. Fossiele/oerdiere/interessante spesies 23. Die beste fliek ooit 24. Opspraakwekkende hofsaak/hofsake 25. Dossier van ‘n baasspeurder 26. Die pad na my hart 27. ‘n Klip uit die pad uit gerol vir iemand 28. Klip/wolke/sand/water/... 29. Wetenskap... 30. In hierdie persoon se voetspore wil ek volg 31. Malherbe en Totius was die Onderwyser se helde. Wie is myne?

14 *32. Moet ons so baie name in Suid-Afrika verander?
*33. Dit is nou werklik snaaks *34. Raad vir... *35. Kieme *36. Nie om dowe neute nie *37. Die môrestond het goud in die mond *38. Maak ons nie berge van molshope nie? *39. Ek kon my hare uit my kop uit trek *40. Geld wat stom is, maak reg wat krom is


Download ppt "Voorbereide Toespraak"

Verwante presentaties


Ads door Google