De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

Skeepsverslag: Titanic

Verwante presentaties


Presentatie over: "Skeepsverslag: Titanic"— Transcript van de presentatie:

1 Skeepsverslag: Titanic
M.M. Walters

2 Woordverklarings 1. Geloods – om ‘n skip te stuur.
2. Beskermheer – eretitel van iemand onder wie se besondere sorg die belange van ‘n onderneming gebring word. 3. Selfversekering – vol vertroue oor eie bekwaamheid. 4. Uitspattig – losbandig/oordadig/buitensporig

3 Onvoldoende – nie genoeg nie.
Kilte – koue Uitstraal – buitentoe straal. Interpreteer – iets se betekenis verduidelik. Warrelende – voordurend deurmekaar heen en weer beweeg. Antennes – drade vir opvang van elektromagnetiese golwe/lugdraad. Bowenal – veral/in die eerste plek.

4 Skeepsverslag: Titanic
Hollanders het die skip beplan, maar dit was Engelse wat gebou en uiteindelik geloods het - en almal is tog ou kenners van die water. Nietemin te veel was die geloof en selfversekering dat niks hom kon laat sink nie: het die beskermheer van skepe dan nie self die projek gewil nie, dié invaar in die donker, dié wit eiland van lig en glansende weerkaatsing...

5 Agterna gesien, was die toerusting onvoldoende.
Die skokkendste erkentenis: geen verkykers of soekligte. Maar luukses was volop en uitspattig: marmer- vuurmaakplekke, dubbele toilette, miniatuurgholfbane, swembaddens, rye kroeë en hemelbeddens waarin die rykes kon hoereer, selektief, privaat, terwyl hul voortvaar na die beloofde land, hulle skatte veilig in die kluise

6 Senders van kleiner skepe het gewaarsku:
julle vaar in ‘n gevaarlike seisoen, daar’s ‘n kilte in die lug, ysberge in die onbekende water en vol verandering is die warrelende winde. Maar die luuksereus was doof, sy antennes ingestel op uitstraal, nie interpreteer nie. Bowenal wou sy kaptein hom nie laat steur nie, nié deur kapteintjies wat nie kaarte ken nie.

7 Die ysrots was nie sigbaar in die nag nie
en die staal móés skeur toe dit nie meer kon buig nie. Chaos het geheers in offisierskajuite – reddingsbote is nie eens almal neergelaat nie, wanhopige passasiers het in die see gespring en dié wat nie die moed had of bly hoop het, het op die agterstewe saam met die orkes bly sing: Nader my God by U – onverstaanbaar sê enkele oorlewendes, omdat die woorde in Afrikaans was. Uit: Saturae; 1979

8 You Tube video van Celine Dion oor die Titanic

9

10 Agtergrond oor die Titanic
Hierdie luukse 260 meter passasierskip was as onvernietigbaar beskou. Die Titanic het op 10 April 1912 die hawe van New Southhampton verlaat, en was op pad na New York gewees. Op haar eerste vaart in die nag van April 1912, naby Newfoundland, bots sy teen ‘n ysberg. Daardie nag is 1513 mense dood.

11 Die wrak van die Titanic is in 1985 deur ‘n span, gelei deur Robert
Ballard, ontdek. Hierdie wrak het legendes en bespiegelinge oor wat daar gebeur het, aan die gang gesit. Daar word vandag aanvaar dat die skeepsbouers en kaptein die uitspraak gemaak het dat die skip onsinkbaar was.

12 Einde van die gedig: Die gedig eindig met die onverstaanbaarheid van alles. Die Afrikaner soek oplossings in sy godsdiens, maar selfs hier sou daardie lied nie help nie.

13 Agtergrond oor die digter
M.M. Walters is in 1930 in die Wes-Kaap gebore. Hy gebruik graag SATIRE (fyn spot met ernstige sake) as versvorm. Hy spreek hom graag uit teenoor landspolitiek, godsdienstige geveinsdheid, wantoestande in die kerk, sosiale wantoestande en menslike foute.

14 In hierdie NARRATIEWE (verhalende/vertellende) gedig word die besonderse: * ontwerp
* luuksheid * maar ook gebrek aan veiligheid van die skip uitgebeeld.

15 Innerlike bou van die gedig
Strofe 1: Die geskiedenis van die skip, die bou en grootte daarvan en die onsinkbaarheid van die skip. Strofe 2: Die luuksheid van die skip, die gebrek aan veiligheid en die losbandigheid van die passasiers word uitgebeeld. Strofe 3: Die waarskuwings van ander kleiner bote deur senders en die hoogmoed van die kaptein wat nie na minderwaardige kapteintjies wou luister nie. Strofe 4: Die oorsaak van die ramp en die sink van die skip waar die orkes, in Afrikaans, die laaste lied gespeel het. Dit word bloot as ‘n aanname beskou.

16 Die slotreëls Hier word die historiese insident omgekeer en as metafoor vir die politieke situasie in Suid-Afrika rondom 1979 (toe die gedig verskyn het) uitgebeeld. METAFOOR: Ons land was ‘n enorme skip wat sink en die kaptein (landsleier) het hom nie aan die talle waarskuwings gesteur nie.

17 Uiterlike bou Die gedig is ‘n vrye vers.
Dit is geskryf in verslag- of joernaalstyl. Daar is 4 strofes, waarvan die eerste drie, 8 reëls bevat, maar strofe 4 het nege reëls, om die onsekerheid oor dinge wat ons gedink het sekerheid het, uit te lig. Daar is geen vaste ritme of rympatroon nie. Daar is wel hoofletters en leestekens.

18 Soort Gedig Dit is ‘n SATIRE waarin die mens se swakhede, dwaashede en tekortkominge belaglik gemaak word. Ons kyk met verbasing, maar ook met humor na die onverstaanbaarheid van die mens se optrede.

19 Stemming, tema en spreker van die gedig
Die toon/gevoel is sardonies (bitter/skepties). Die gedig bespiegel op satiriese manier oor die onverstaanbaarheid van die skeepsramp, veroorsaak deur die onverstaanbare, dwase optrede van die mens. Daar is ‘n derdepersoonspreker aan die woord, want dit is moontlik iemand wat geskiedkundige verslae skryf, maar ook wonder oor die dwaashede van mense.

20 Woordkeuse, beeldspraak, stylfigure
1. Interteks: Die “beloofde land”: Interteks-verwysing na die beloofde land Kanaän in die Bybel. Hier kan dit ook op Amerika, of selfs die hiernamaals dui, waarheen die passasiers almal onwetend op pad was. 2. Metafoor: Die Titanic word as: “die wit eiland van lig en glansende weerkaatsing” voorgestel.

21 Ironie: Die skatte in die kluis het die mense se rykdom en geluk voorgestel, maar dit sou hulle niks help as die skip sink nie. Suggestie: Dit word nooit direk gesê dat die kaptein van die Titanic verwaand was nie, maar die leser kom dit agter as hy nie na die waarskuwings van kleiner skepe luister nie. Personifikasie: R Die skip is nie doof nie, maar wel die mense in beheer van die skip. Asideton (Herhaling van kommas): om al die voorbeelde op te noem. Dit word ook die ENUMIRASIETEGNIEK genoem. R11-16

22 Reëlontleding van die gedig

23 Titel: Skeepsverslag: Titanic
Die woord skeepsverslag plaas die leser in ‘n see-/skeepsmilieu. Dit dui ook op ‘n narratiewe of verhalende gedig, waarin geskiedkundige gebeure oorvertel word. Die funksie van die DUBBELPUNT: Daar word verduidelik oor watter skip die verslag handel.

24 Hollanders het die skip beplan, maar dit was
Geloods: Om ‘n boot te stuur Ooreenkoms: Die Hollanders en Engelse het die see ewe goed geken Hollanders het die skip beplan, maar dit was Engelse wat gebou en uiteindelik geloods het – en almal is tog ou kenners van die water. Verskil: Die Hollanders het die skip beplan, maar die Engelse het dit geloods en op sy nooiensvaart gestuur. Die aandagstreep vestig die aandag op hul kennis van die see

25 Nietemin te veel was die geloof en selfversekering
Ten spyte daarvan dat hulle vol selfvertroue geglo het dat die skip nooit sou sink nie, het dit tog gbeur. Nietemin te veel was die geloof en selfversekering dat niks hom kon laat sink nie: het die beskermheer van skepe dan nie self die projek gewil nie, dié invaar in die donker; Na die dubbelpunt word verduidelik dat hul vertroue gebaseer is op die feit dat iemand onder wie se sorg die boot was, self die vaart toegelaat het.

26 Die ellips verwys na die skip wat aanhou invaar in die donker
Die akuut dui op ‘n spesifieke dwaasheid, nl. dat hulle sonder twyfel die donker ingevaar het Die ellips verwys na die skip wat aanhou invaar in die donker 7. die projek gewil nie, dié invaar in die donker; dié wit eiland van lig en glansende weerkaatsing... Die woord glansend verwys nie na alles wat letterlik geblink het nie, maar ook na die mense se waardes: hulle hou van alles wat blink en duur is! R. 8 is ‘n metafoor

27 Agterna gesien, was die toerusting onvoldoende.
Die skokkendste erkentenis: geen verkykers of soekligte Dui op agternaperspektief of ‘n gebeurtenis uit die verlede Na die dubbelpunt word aangedui watter fout na die tyd deur hulle erken is.

28 Maar luukses was volop en uitspattig: marmer-
vuurmaakplekke (vir warm kry), dubbele toilette(vir ekstra gerief), miniatuurgholfbane, swembaddens, rye kroeë (vir sosiale ontspanning) en hemelbeddens waarin rykes kon hoereer, selektief, privaat, (hul sondes word hier bedryf) * Maar dui op ‘n teenstelling (Die min teenoor die baie word hier uitgelig) * Na die dubbelpunt volg daar ‘n lys van alles wat volop was.

29 Luukshede en skatte aan boord die Titanic

30 terwyl hul voortvaar na die beloofde land
16. hulle skatte veilig in die kluise. R. 16 is ook ironies. Hulle het gedink hul geld en juwele is veilig in die kluise, maar hulle sou dit nooit weer kon gebruik nie. (Hulle gaan sterf!) R.15 is ook ironies, want dit wys ook vooruit na die dood waarheen hulle oppad was, maar dit nie geweet het nie.

31 Ironiese Kontras Senders van kleiner skepe het gewaarsku:
julle vaar in ‘n gevaarlike seisoen, daar’s ‘n kilte (koue) in die lug, ysberge in die onbekende water en vol verandering in die warrelende winde. Hierdie mense se kennis en selfvertroue was so groot, maar kleiner skepe moes hulle waarsku dat daar gevare was!! Hulle het hulle nie aan NATUURLIKE FAKTORE gesteur nie, nl: 1. Yskoue lug 2. Ysberge onder die water verskuil. 3. Veranderlike en woeste winde Dit was nie die regte seisoen om te vaar nie. Ironiese Kontras

32 Grootheidswaan as menslike fout!!
Personifikasie Die groot, luukse skip was nie regtig doof nie, dit is die mense in beheer wat nie wou luister nie. Maar die luuksereus was doof, sy antennes ingestel op uitstraal, nie interpreteer nie. Bowenal wou sy kaptein hom nie laat steur nie, nié deur kapteintjies wat nie kaarte ken nie. MENSLIKE FOUTE/DWAASHEDE!! Grootheidswaan as menslike fout!!

33 Die ysrots was nie sigbaar in die nag nie
en die staal móés skeur toe dit nie meer kon buig nie. Die skip het in die donker teen ‘n onsigbare ysrots gebots. Die akuutaksent op “móés” beklemtoon die onvermydelikheid. (Dit kon nie anders nie!!)

34 Chaos het geheers in offisierskajuite – reddingsbote
IRONIE: Ten spyte van hul sogenaamd deeglike beplanning was daar nou CHAOS Chaos het geheers in offisierskajuite – reddingsbote is nie eens almal neergelaat nie, wanhopige passasiers het in die see gespring en dié wat nie die moed had of bly hoop het, het op die agterstewe saam met die orkes

35 Lied van: “Nader my God by U”

36 bly sing: Nader my God by U – onverstaanbaar
sê enkele oorlewendes, omdat die woorde in Afrikaans was. Van die mense het dit moontlik gesing met die hoop dat hulle, na hul sondige lewe, wél na God toe sou gaan as hulle sterf!! Baie geskiedskrywers reken dat hierdie laaste feit ‘n mite is. Nogtans kan dit in die gedig op 3 wyses interpreteer word: 1. Die woord onverstaanbaar dui op die feit dat kenners van skepe nie kon verklaar waarom hierdie skip wel gesink het nie. 2. die mens verstaan nie God se weë nie, en 3. die woord “AFRIKAANS” dui ook op die Afrikanerpolitiek of Afrikaanse regering van die sewentigerjare, wie se “Kaptein” of leier nie wou glo dat sy regering in gevaar was nie.

37 Rose DeWitt Bukater (een van die oorlewendes van die Titanic)


Download ppt "Skeepsverslag: Titanic"

Verwante presentaties


Ads door Google