De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

De presentatie wordt gedownload. Even geduld aub

DIE APOSTEL PAULUS IN ROME

Verwante presentaties


Presentatie over: "DIE APOSTEL PAULUS IN ROME"— Transcript van de presentatie:

1 DIE APOSTEL PAULUS IN ROME
Les 1 vir 7 Oktober 2017

2 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine
Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus–die skrywer–verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd woon. Paulus en Rome. Paulus se brief aan die Romeine. Pauluse se begeerte om Rome te besoek. Paulus in Rome. Die Kerk in Rome. Geroep om heiliges te wees. Die gelowiges in Rome. Danksy die brief van Paulus, leer ons ook hoe die gelowiges in Rome geleef en hulle gedra het.

3 PAULUS SE BRIEWE AAN DIE ROMEINE
“Maar nou reis ek na Jerusalem in diens van die heiliges. Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.” (Romeine 15:25-26) Paulus het dié insameling, na sy derde sendingreis, in Jerusalem afgelewer. Dit dui daarop dat Paulus se brief aan die Romeine gedurende die eerste maande van die jaar 58 AD, tydens sy verblyf in Korinthe, geskryf is. Wat het Paulus gedryf om hierdie brief te skryf? Paulus het nuus ontvang van die afvalligheid van die Galasiërs wat verlossing deur werke begin aanhang het. Daarom het hy aan hulle 'n harde brief geskryf. Hy wou ook die Romeine waarsku sodat hulle die fout kon vermy.

4 PAULUS SE BEGEERTE ON ROME TE BESOEK
“sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ‘n tyd lank van julle geniet het.” (Romeine 15:24) Volgens Romeine 15, waarom kon Paulus nie toe al Rome besoek nie? Hy wou die evangelie versprei waar nog geen kerke gestig was nie (v ). Hy moes insamelings van Macedónië en Acháje in Jerusalem aflewer (v. 15:25-28). Daarna het Paulus beplan om na Spanje te gaan en op sy reis daarheen Rome te besoek (v. 28). Hy het gehoop dat hy 'n seën vir die Romeine kon wees, en hy het van hulle verwag om hom te help met sy werk in Spanje (v 24). Op dié manier kan die Romeine ander ook seën. SPANJE ROME KORINTHE JERUSALEM

5 PAULUS IN ROME “En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: ‘Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.’” (Handelinge 23:11) Paulus het in Rome aangekom nadat hy Jerusalem besoek het, maar nie soos hy beplan het nie. Hy is in hegtenis geneem terwyl hy die tempel besoek het. Hy is daarvan beskuldig dat hy heidene na die voorhof gebring het. Paulus is na Cesaréa verskuif en hy het vir twee jaar daar veilig gebly. Toe is hy na Rome verskuif omdat hy hom op die keiser beroep het. Sommige broers in Rome het hom hartlik verwelkom. Hy was twee jaar lank in 'n gehuurde huis bewaak voordat hy uiteindelik beoordeel en terreggestel is. Daar kon hy vrylik tot Jode en heidene preek (Handelinge 28:11-31).

6 “Tydens sy verblyf in Korinthe het Paulus tyd gekry om na nuwe en breër diensvelde te kyk. Sy beoogde reis na Rome het veral sy gedagtes in beslag geneem. Om die Christelike geloof in die middel van die bekende wêreld, stewig gevestig te sien, was sy grootste hoop en mees gekoesterde planne. 'n Kerk was reeds in Rome gevestig en die apostel wou die samewerking van die gelowiges daar in die werk wat in Italië en in ander lande bereik moet word, verseker. Om die weg te berei vir sy arbeid onder hierdie broers, van wie baie nog vreemdelinge vir hom was, het hy 'n brief aan hulle gestuur wat sy doel bekend gemaak het om Rome te besoek en sy hoop om die standaard van die kruis in Spanje te plant.” E.G.W. (The Acts of the Apostles, cp. 35, p. 373)

7 GEROEP OM HEILIGES TE WEES
“aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!.” (Romeine 1:7) Daardie groet was aan die gelowiges in Rome geskryf, maar hulle is ook van toepassing op ons. Paulus het gesê ons is: Geliefdes van God God is veral lief vir diegene wat op sy liefde antwoord. Geroep om heiliges te wees Ons word afgesonder van die wêreld en geheilig aan God omdat ons Christus aangeneem het en ons gedoop is. God is lief vir almal en het almal gekies om gered te word. Nietemin sal slegs diegene wat verlossing aanvaar, dit ontvang (Efesiërs 1:4; Hebreërs 2:9; 2 Petrus 3:9).

8 DIE GELOWIGES IN ROME Hulle was vol van goedheid
“Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.” (Romeine 15:14) Ons weet nie hoe die kerk in Rome gestig is nie, maar ons weet dit was 'n sterk kerk. Paulus het vir hulle gesê: "julle geloof verkondig word in die hele wêreld.” (Romeine 1:8) Paulus het die Romeine se geloof en drie ander dinge geprys: Hulle was vol van goedheid Die manier waarop hulle geleef het, het van God se liefde getuig. Hulle was gevul met kennis Hulle was geanker in die Bybel. Hulle was in staat om mekaar te vermaan Hulle kan mekaar bemoedig en deur ander bemoedig word.

9 E.G.W. (Testimonies to Ministers and Gospel Workers, cp. 2, p. 87)
“Die ewige God het 'n duidelike skeidingslyn tussen die heiliges en die sondaars, die bekeerde en die onbekeerde, getrek. Die twee klasse meng nie merkbaar, soos die kleure van die reënboog, met mekaar nie. Hulle is so duidelik soos middag en middernag. Diegene wat die geregtigheid van Christus soek, sal oor die temas van die groot verlossing besin. Die Bybel is die stoorkamer wat hulle siele van voedende kos voorsien ... Heiligheid en waarheid, genade en geregtigheid, oorheers die gedagtes. Self sterf, en Christus leef in sy dienaars.”


Download ppt "DIE APOSTEL PAULUS IN ROME"

Verwante presentaties


Ads door Google